Lex Orandi, Lex Credendi : a Church juridical inquiry in-to the sacramental liturgies of the Christian Reformed Church in North America

Faber, Ryan Lee (2019-12)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2019.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The dictum lex orandi, lex credendi assumes a relationship between the curch's rule of prayer and the rule of faith. Prescriptively, the church's rule of faith, the confessions to which it subscribes, should determine the church's rule of prayer. Descriptively, the way the church worships shapes the faith of the church, what the church actually believes. This dissertation inquires from a church juridical perspective into the sacramental liturgies of the Christian Reformed Church in North America (CRCNA): What does the celebration of the sacraments in the CRCNA teach? Does the CRCNA's celebration of the sacraments accord with the denomination's of official teaaching? This dissertation first establishes the authority of synod to adopt liturgical formularies and explores the church orderly requirement that those formularies be used for the church's administration of the sacraments. It then examines the CRCNA's liturgical formularies for baptism, profession of faith, and the Lord's Supper as adopted and adapted by its synods. It demonstrated that the CRCNA's historic understanding of baptism as primarily the sign and seal of God's actions, evident in the denomination's debates about the doopledenstelsel, the baptism of the children of baptized persons who had not yet made a public profession made by the baptism of adopted children, gave way to an increasing emphasis on the promises made by the parents who present their children for baptism in the formularies adopted by the Synods of 1976 and 1994. The formulary adopted by the Synod of 2013 is a hopeful sign that the denomination is returing to the doctrine of presumptive regeneration and the internal holiness view of covenant holiness found in its confessions. Ambivalence about the status of baptized children within the church, evident in the denomination's discussion of the discipline of baptized children, was caused in part by the development of a liturgical formulary for public profession of faith. The formularies adopted by the Synods of 1932 and 1976 created the impression, contra the church's lex credendi, that a person is received into the church by profession of faith is observed in the denomination's discussion of paedocommunion. This dissertation concludes that the CRCNA should reconsider the necessity of public profession of faith and its church orderly distinction between baptized members and professing members. Finally, the CRNCA's liturgical formularies for the Lord's Supper are evaluated in light of the theology of the Lord's Supper contained in the confessions to which the CRCNA subscribes. The denomination's historic sacramental practice is judged to be Zwinglian (memorialist) contra the Calvinist theology of its confessions. The formularies adopted by the Synods of 1964, 1981, 1994, and 2016 are evaluated. The contribution of the later formularies to the denomination's acceptance of paedocommunion is considered. The 2016 formulary is a hopeful sign that one day the Lord's Supper will be experienced by all in the CRCNA as "s "spiritual table at which Christ communicates himself to us with all his benifits." (Belgic Confession, Art. 35)

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die dictum lex orandi, lex credendi veronderstel 'n verband tussen die kerk se reël van gebed (lex orandi) en die geloofsreël (lex credendi) van die kerk. Voorskriftelik moet die kerk se geloofsreël, die belydenisskrifte wat die kerk onderteken, die kerk se reël van gebed bepaal. Hoe die kerk aanbid, vormdie geloof van die kerk. Dit het te doen met dit wat die kerk eintlik glo. Hierdie proefskrif ondersoek vanuit 'n kerk juridiese perspektief die sakramentele liturgieë van die Christelike Gereformeerde Kerk in Noord-Amerika (CRCNA): Wat leer die viering van die sakramente in die CRCNA? Stem die viering van die sakramente van die CRCNA ooreen met die amptelike leer van die denominasie? Hierdie proefskrif bepaal eerstens die gesag van die sinode om liturgiese formules aan te neem en ondersoek die kerkregtelike vereiste dat daardie liturgieë vir die bediening van die sakramente van die kerk gebruik moet word. Daarna word die liturgiese formules van die CRCNA vir die doop, belydenis van geloof en die Nagmaal ondersoek, asook soos dit deur die sinode goedgekeur en geamendeer is. Uit die sinodale debatte van die denominasie blyk dit dat die CRCNA se historiese begrip van die doop as die teken en seël van God se handelinge oor die dooplidmaatstelsel, of die doop van die kinders van gedoopte persone wat nog nie 'n openbare belydenis van geloof gemaak het nie, en die doop van aangenome kinders, plek gemaak het vir 'n toenemende klem in die liturgieë wat deur die Sinodes van 1976 en 1994 aanvaar is, op die beloftes wat deur die ouers gemaak word wat hul kinders vir die doop aanbied. Die liturgieë wat deur die Sinode van 2013 aangeneem is, is 'n hoopvolle teken dat die denominasie terug keer na die leerstelling van voorveronderstelde wedergeboorte en die innerlike heiligheidsbeskouing van die verbond wat in die belydenisskrifte gevind word. Uit die bespreking van die denominasie oor die dissipline van gedoopte kinders, blyk dit dat die ambivalensie oor die status van gedoopte kinders in die kerk, deels veroorsaak is deur die ontwikkeling van 'n liturgiese formule vir openbare belydenis van geloof. Dié formule wat deur die Sinodes van 1932 en 1976 aanvaar was, wek die indruk, in teenstelling met die kerk se lex credendi, dat 'n persoon in die kerk opgeneem word deur middel van die aflegging van die belydenis van geloof en nie deur die doop nie. Dubbelsinnigheid oor die wesenlike betekenis van openbare geloofsbelydenis word waargeneem in die denominasie se bespreking van paedocommunion (kindernagmaal). Hierdie proefskrif kom tot die gevolgtrekking dat die CRCNA die noodsaaklikheid van openbare geloofsbelydenis en die kerkregtelike onderskeid tussen gedoopte lidmate en belydende lidmate in heroorweging moet neem. Laastens word die liturgiese formules van die CRCNA vir die Nagmaal geëvalueer aan die hand van die teologie van die Nagmaal soos vervat in die belydenisskrifte wat die CRCNA onderskryf. Die denominasie se historiese sakramentele praktyk word as Zwingliaans beskou in teenstelling met die Calvinistiese teologie wat kenmerkend is aan die denominasie se belydenisskrifte. Die liturgieë wat deur die Sinodes van 1964, 1981, 1994 en 2016 aangeneem is, word gevolglik in die dissertasie geëvalueer. Die rol wat die liturgieë tot die denominasie se aanvaarding van die paedocommunion word geëvalueer. Die liturgieë van 2016 is 'n hoopvolle teken dat die Nagmaal in die toekoms deur almal in die CRCNA ervaar sal word as '' 'n 'geestelike tafel waar Christus homself aan ons met al sy voordele kommunikeer.' (Nederlandse Geloofsbelydenis, art. 35)

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/107143
This item appears in the following collections: