The potential of meaningful engagement in realising socio-economic rights: Addressing quality concerns
Date
2019-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
ENGLISH ABSTRACT : The advent of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 (“the
Constitution”) was a major milestone for South Africa in terms of redressing the
atrocities of apartheid. While this has resulted in major developments, remnants of
apartheid are still present and can be seen in the continuation of vast socio-economic
inequalities. Access to housing and education still remains elusive to many South
Africans, as indicated by the recent service delivery and higher education protests.
Developing effective mechanisms for realising these rights is thus a high priority,
including in the context of socio-economic rights litigation and adjudication. The
doctrine of meaningful engagement developed by the Constitutional Court in housing
and education rights cases offers a potentially innovative method for government,
communities and other stakeholders to pursue the realisation of socio-economic
rights. However, the potential of this participatory approach to socio-economic rights
realisation remains contested, and its efficacy in practice has not yet been determined.
A key challenge to its efficacy in realising the normative commitments of socioeconomic rights concerns the quality of the engagement that occurs between organs
of state and various stakeholders.
In light of the above, this thesis investigates the role that the quality of meaningful
engagement plays in enhancing its efficacy as a mechanism to realise socio-economic
rights. The thesis examines the justifications posited for using meaningful engagement
as well as the importance of quality in achieving these justifications. Evaluative criteria
for assessing the quality of engagement are developed. In addition to evaluating the
quality of meaningful engagement in South Africa’s housing and education rights
jurisprudence, the thesis examines meaningful engagement in an extra-judicial
context, focusing on the #FeesMustFall Movement. The thesis concludes by making
recommendations on how the quality of meaningful engagement could be improved,
drawing on diverse theoretical literature pertaining to participatory democracy and
critical theory.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Die aanvang van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (“die Grondwet”) was ’n groot mylpaal vir Suid-Afrika in die regstelling van die gruweldade wat tydens apartheid gepleeg is. Alhoewel hierdie gebeurtenis belangrike ontwikkelings tot gevolg gehad het, is die effek van apartheid steeds sigbaar deur die teenwoordigheid van voortgesette sosio-ekonomiese ongelykhede. Toegang tot behuising en onderwys bly ontwykend vir baie Suid-Afrikaners, soos aangedui deur die onlangse diensverskaffing en hoër onderwys betogings. Die ontwikkeling van effektiewe meganismes vir die verwesenliking van hierdie regte is dus 'n hoë prioriteit, insluitend in die konteks van sosio-ekonomiese regte-litigasie en beregting. Die leerstuk van betekenisvolle onderhandeling wat deur die Konstitusionele Hof in sake wat handel oor die reg op behuising en onderwys, ontwikkel is, bied 'n potensieel innoverende metode waardeur die regering, gemeenskappe en ander belanghebbendes die realisering van sosio-ekonomiese regte kan nastreef. Die potensiaal van hierdie deelnemende benadering tot sosio-ekonomiese regterealisering bly egter betwis, en die doeltreffendheid daarvan in die praktyk is nog nie bepaal nie. 'n Belangrike uitdaging vir die doeltreffendheid van die prosesse wat daarop gemik is om die normatiewe verpligtinge van sosio-ekonomiese regte te verwerklik, het betrekking tot die gehalte van die onderhandeling wat tussen staatsorgane en verskeie belanghebbendes plaasvind. In die lig hiervan, ondersoek hierdie tesis die rol wat gehalte speel om betekenisvolle onderhandeling ʼn meer doeltreffende meganisme te maak om sosioekonomiese regte te verwesenlik. Die tesis ondersoek die regverdigings wat vir die gebruik van betekenisvolle onderhandeling aangevoer word sowel as die belang van gehalte om hierdie regverdigings te bereik. Kriteria vir die beoordeling van die gehalte van onderhandeling word ontwikkel. Benewens die evaluering van die gehalte van betekenisvolle onderhandeling in Suid-Afrikaanse regspraak wat oor die reg op behuising en onderwys handel, ondersoek die tesis betekenisvolle onderhandeling in 'n buite-geregtelike konteks, met die fokus op die #FeesMustFall Movement. Die tesis sluit af deur aanbevelings te maak oor hoe die gehalte van betekenisvolle onderhandeling verbeter kan word, met verwysing na ʼn diverse teoretiese literatuur rakende deelnemende demokrasie en kritiese teorie.

Description
Thesis (LLM)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Protests -- South Africa, South Africa -- Constitution of the Republic of South Africa, 1996, Social rights -- South Africa, Right to development -- South Africa, Education, Higher -- South Africa, Housing -- South Africa, Engagement (Philosophy), UCTD