A workload model for nurse educators in private higher education: options for improved productivity and job satisfaction
Date
2019-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT : Nursing education in South Africa is continuously being influenced by significant
changes in all spheres of higher education. There is little doubt that most of these
changes have a major impact on the workload of nurse educators in private higher
education, possibly even more so in relatively young and developing private higher
education institutions. Considering recent contextual changes, this study aimed at
investigating the workload position of nurse educators within a typical private higher
education institute in South Africa and developing a realistic and suitable workload
model that may contribute to raising the efficiency, work satisfaction and productivity
benchmark of nurse educators. In this study the researcher employed the systems
theory and expectancy theory as theoretical lenses to understand the phenomenon
of both the theoretical and clinical components of nurse education and their relation
to motivation, productivity and job satisfaction within nursing education. The study
centred on private healthcare education at an identified multi-campus private
healthcare organisation as the employer. The researcher strived to gauge, describe
and possibly improve the productivity and job satisfaction of nurse educators as
employees of this organisation. It was argued that the workload of the nurse educator
is complex and multifaceted which therefore required a pluralistic research design. A
range of research methods employed from within a pragmatic worldview, as the
philosophical underpinning, gave the researcher the freedom to select a Framework
for an Integrated Methodology (FraIM) to address the research question(s). Data
were analysed from workload diaries, individual and group interviews and a Delphi
exercise which was used to strive towards consensus. It was concluded that the work
situation of nursing educators at one multi-campus private higher education
institution is complex and challenging, yet stimulating. The study revealed that nurse
educators are under pressure due to increased workloads within a rapidly changing
nurse education environment. The study showed a private nurse education sector in
South Africa faced with financial challenges and although private institutions acquire
skills plan levies for the training of nurses in certain specialties and as listed
companies, they do not get any state subsidy for basic nursing education. These
institutions are expected to carry the financial burden of training basic nursing
students in a highly competitive medical care service provider business world. The
main value of the study is its contribution to the development of a practical workload model that may not only assist in addressing the needs of the host private higher
education institution but also add value to the core business needs of the holding
company and similar universal nurse education entities. The study contributed to an
improved understanding of the various factors contributing to the complex workload
of nurse educators. An important outcome of the suggested development of an allinclusive workload model is the benefit of an effective management tool to determine
person-power requirements more accurately during planning and budgeting
operations in private nursing education.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Verpleegonderwys in Suid-Afrika word beïnvloed deur ‘n reeks beduidende veranderinge op alle terreine van hoër onderwys. Daar is min twyfel dat die meeste van hierdie veranderinge 'n beduidende impak het op die werkslading van verpleegopvoeders in privaat hoër onderwys, insluitend relatief jong en ontwikkelende private hoër onderwysinstellings. Met inagneming van onlangse kontekstuele veranderinge, was hierdie studie daarop gemik om die werklas van verpleegopvoeders binne 'n tipiese private hoër onderwysinstelling in Suid-Afrika te ondersoek en om 'n realistiese werksladingmodel te ontwikkel wat moontlik kan bydra tot die doeltreffendheid, werksbevrediging en produktiwiteit van verpleegopvoeders. In hierdie studie is stelselsteorie en verwagtingsteorie as teoretiese lense gebruik om die verskynsel van beide die teoretiese en kliniese komponente van verpleegonderwys te verstaan midde hul verhouding tot motivering, werksbevrediging en produktiwiteit binne verpleegonderrig. Dit geld veral vir privaat gesondheidsopvoeders in ‘n bepaalde multi-kampus privaatgesondheidsorg instelling as werkgewer om die werkstevredenheid en produktiwiteit van verpleegopvoeders te meet, beskryf en moontlik te verbeter. Daar word geargumenteer dat die werklas van die verpleegopvoeder kompleks en veelsydig is wat 'n multimetodiese navorsingsontwerp vereis. 'n Verskeidenheid navorsingsmetodes is dus in hierdie studie gebruik binne 'n pragmatiese wêreldbeskouing. Hierdie filosofiese onderbou het die navorser die vryheid gegee het om ‘n Raamwerk vir 'n Geïntegreerde Metodiek (FraIM) te kies om die navorsingsvraag/vrae aan te spreek. Die FraIM is 'n responsiewe, buigsame en oop metodologiese benadering wat die navorsingsvraag/vrae kon help beantwoord. Die studie het data uit werkladingdagboeke, onderhoudontleding en 'n Delphi oefening gebruik om konsensus na te streef. Die studie toon dat die werksituasie van verpleegopvoeders by die geïdentifiseerde multi-kampus privaat hoër onderwysinrigting kompleks en uitdagend, maar tog stimulerend is. Daar is min twyfel dat verpleegopvoeders onder druk verkeer weens verhoogde werksladings binne 'n snel veranderende hoër onderwys verplegingsmilieu. Die studie het ook getoon dat die privaat verpleegsektor-onderwyssektor in Suid-Afrika met finansiële uitdagings gekonfronteer word, hoewel privaat instellings vaardigheidsplanheffings vir die opleiding van verpleegkundiges in sekere spesialiteite ontvang. As genoteerde maatskappye kry hierdie instellings geen staatsubsidie vir basiese verpleegonderwys nie. Daar word van hierdie instellings verwag om die finansiële las van die opleiding van basiese verpleegstudente in 'n hoogs mededingende mediese sorg sakewêreld te dra. Die hoofwaarde van die studie setel in 'n voorgestelde werksladingmodel wat nie net mag help om sekere aspekte van die verpleegonderwysbehoeftes van private hoëronderwysinstellings aan te spreek nie, maar ook waarde toevoeg tot die kernbesigheidsbehoeftes van die verskeie houermaatskappye en soortgelyke verpleegonderwysinstellings. Meerdere insigte en kennis is verkry oor verskillende faktore wat bydra tot die komplekse werkslading van verpleegopvoeders. Een belangrike uitkoms van die ontwikkeling van 'n inklusiewe werksladingmodel is die voordeel van 'n geskikte instrument om mensekragvereistes meer akkuraat te bepaal tydens beplanning en begrotingsaktiwiteite in privaat verpleegonderwys.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Nursing schools -- Workload -- South Africa, Nurses -- In-service training -- South Africa, Nurse educators -- South Africa, Nursing -- Study and teaching (Continuing education) -- South Africa, Nursing -- Study and teaching (Graduate) -- South Africa, Private higher education -- Nursing, UCTD