The attitude of economics teachers towards environmental sustainability

Date
2019-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : The focus of this survey research study is to measure the economics teachers’ attitude towards environmental sustainability. As researcher I want to measure the economics teachers’ attitude towards environmental sustainability. The literature shows that the economics teachers’ role should not be underestimated because teachers can play a major role in shaping the attitudes of learners’ positively towards the environment. Teachers have the capacity to influence learners’ attitudes towards environmental sustainability but that would only be possible if they themselves have positive attitudes towards the environment/environmental sustainability. Participants: The participants in the study are Grade 10-12 economics teachers in the eight education districts who fall under the auspices of the Western Cape Education Department in the Western Cape Province. Four districts are classified as urban region while four districts are classified as rural region. The questionnaires were disseminated to the Grade 10-12 economics teachers at an annual mandatory subject meeting. The teachers were requested to voluntarily complete the questionnaires at the meeting venue and the completed questionnaires were collected by the economics subject advisors of the respective education districts. Dimensions: In the literature the researcher focuses on five dimensions of environmental sustainability, namely biophysical, economic, political, social and education. Through the literature review, the researcher examines each dimension in detail, showing the impact each one has on environmental sustainability. Data collection: This survey research study is guided by a hypothesis and six Null hypotheses. The quantitative method of collecting data was used. A 5-scale Likert scale questionnaire was developed to gather data from the participants. The questionnaire is divided into five sections with five questions each that test the economics teachers’ attitude towards environmental sustainability. Results: The study finds that economics teachers have a positive attitude towards environmental sustainability. The study finds that Null hypotheses 1, 4, 5 and 6 cannot be rejected for biophysical, economic, political, social and education dimensions. The study finds that Null hypothesis 2 cannot be rejected for the economic, political and education dimensions and Null hypothesis 3 cannot be rejected for the political dimension. Null hypothesis 2 is rejected for the biophysical and social dimensions and Null hypothesis 3 is rejected for the biophysical, economic, social and education dimensions.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Die fokus van hierdie ondersoeknavorsingsstudie is om die houding van die Ekonomie-onderwysers ten opsigte van omgewingsvolhoubaarheid te meet. As navorser wil ek die ekonomie-onderwysers se houding teenoor omgewingsvolhoubaarheid meet. Die literatuur toon dat die rol van die ekonomie-onderwysers nie onderskat moet word nie, aangesien onderwysers 'n belangrike rol kan speel in die positiewe vorming van die houdings van leerders teenoor die omgewing. Onderwysers het die vermoë om leerders se houdings teenoor omgewingsvolhoubaarheid te beïnvloed, maar dit sal slegs moontlik wees indien hulle self ‘n positiewe houdings teenoor die omgewing/ omgewingsvolhoubaarheid openbaar. Deelnemers: Die deelnemers aan die studie is Graad 10-12 ekonomie-onderwysers in die agt onderwysdistrikte wat onder die vaandel van die Wes-Kaap Onderwysdepartement in die Wes-Kaapprovinsie val. Vier distrikte word as stedelike gebied geklassifiseer, terwyl vier distrikte as landelike gebied geklassifiseer word. Die vraelyste is op 'n jaarlikse verpligte vakvergadering aan die Graad 10-12 ekonomie-onderwysers versprei. Die onderwysers is versoek om die vraelyste vrywillig by die lokaal van die vergadering te voltooi en die voltooide vraelyste is deur die ekonomie vakadviseurs van die onderskeie onderwysdistrikte ingesamel. Dimensies: In die literatuur fokus ek op vyf dimensies van omgewingsvolhoubaarheid, naamlik; biofisiese, ekonomiese, politieke, sosiale en opvoedingsdimensies. Deur die literatuuroorsig ondersoek ek elke dimensie volledig en toon die impak wat elkeen op die volhoubaarheid van die omgewing het. Data-insameling: Hierdie ondersoeknavorsingsstudie word gelei deur 'n hipotese en ses nulhipoteses. Die kwantitatiewe metode van data insameling is gebruik. 'n 5-Skaal Likert skaal vraelys is ontwikkel om data van die deelnemers in te samel. Die vraelys word in vyf afdelings verdeel met vyf vrae wat elk die houding van die Ekonomie-onderwysers ten opsigte van omgewingsvolhoubaarheid toets. Resultate: Die studie het bevind dat ekonomie-onderwysers 'n positiewe houding teenoor omgewingsvolhoubaarheid het. Die studie toon dat nulhipoteses 1, 4, 5 en 6 nie verwerp kan word vir biofisiese, ekonomiese, politieke, sosiale- en onderwysdimensies nie. Die studie toon dat nulhipotese 2 nie verwerp kan word vir die ekonomiese dimensie, politieke dimensie en onderwysdimensie nie en nulhipotese 3 kan nie verwerp word vir die politieke dimensie nie. Nulhipothese 2 word verwerp vir die biofisiese- en sosiale dimensie en nulhipotese 3 word verwerp vir die biofisiese, ekonomiese, sosiale en opvoedingsdimensies.
Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Economics teachers -- Attitudes, Sustainability -- Environmental aspects, UCTD
Citation