'n Kritiese ondersoek na Kaapse Afrikaanse taalkunde en kallitidentiteit in die Afrikaans Huistaalklaskamer aan die hand van Kaapse Afrikaanse idiomatiese uitdrukkings

Date
2018-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT : This study investigates the place of Cape Afrikaans linguistics and kallit identity in the Afrikaans Home Language classroom using Cape Afrikaans idiomatic expressions. Approximately 2.5 million learners speak Cape Afrikaans as their mother tongue, yet their linguistic repertoire still does not form part of the study material used in the Afrikaans Home Language classroom. This exclusion of Cape Afrikaans linguistics alienates kallit learners from the teaching and learning process which results in them regarding their own language as wrong, ugly and uncivilised. The transformative principles of CAPS allow for the inclusion of Cape Afrikaans linguistics, yet it still has not been given space in Afrikaans Home Language classroom. Since idiomatic expressions are embedded in the lived knowledge and cultural heritage of a particular group, it is used as a means towards making room for Cape Afrikaans linguistics and kallit identity in the Afrikaans Home Language classroom. The theoretical framework that underpins this study is the social constructivism learning approach. The research design and methodology are grounded in the principles of participatory action research. A mixed methodology was used to collect the data. In the first cycle of data collection, semi-structured interviews were conducted with three Afrikaans subject advisors. In the second cycle of data collection, a focus group interview was conducted with the teachers at the chosen school of this study. The interviews in these two cycles focused on determining the participants’ perspectives as curriculum implementers. In the final phase, an intervention, consisting of five sub-cycles, was undertaken with a grade 8 class. At the beginning of the intervention, the learners received a pre-intervention questionnaire to determine their perspectives on both Cape Afrikaans and their identity in the Afrikaans Home Language classroom. Then, the learners were exposed to Cape Afrikaans linguistics through the use of Cape Afrikaans idiomatic expressions. At the end of the intervention, the learners received a post-intervention questionnaire, similar to the preintervention questionnaire, in which they had to give their perspectives on Cape Afrikaans and their identity after exposure to Cape Afrikaans linguistics. The semistructured interviews, focus group interview and open-ended questions in the questionnaire function as qualitative data and the closed-ended questions in the questionnaire function as quantitative data. The main findings of the investigation are that Cape Afrikaans linguistics and kallit identity are currently excluded from the Afrikaans Home Language classroom. According to the participants, Cape Afrikaans idiomatic expressions are an appropriate way of incorporating Cape Afrikaans linguistics and kallit identity in the Afrikaans classroom. After exposure to Cape Afrikaans in a positive light, the learners developed a language pride and regarded Cape Afrikaans as an integral part of their identity. According to the participants, especially the learners, Cape Afrikaans also has educational value and must therefore be given more attention in the Afrikaans Home Language classroom.
AFRIKAANSE OPSOMMING : In hierdie studie word daar ondersoek ingestel na die plek van Kaapse Afrikaanse taalkunde en kallitidentiteit in die Afrikaans Huistaalklaskamer aan die hand van Kaapse Afrikaanse idiomatiese uitdrukkings. Ongeveer 2,5 miljoen leerders praat Kaapse Afrikaans as hul moedertaal, maar steeds maak hul taalkundige repertoire nie deel uit van die leermateriaal in die Afrikaans Huistaalklaskamer nie. Hierdie uitsluiting van Kaapse Afrikaanse taalkunde vervreem kallitleerders van die onderrig-en-leerproses en lei daartoe dat hierdie leerders steeds hul eie taalgebruik as verkeerd, lelik en onbeskaafd beskou. Die KABV se transformatiewe beginsels maak wel ruimte vir die insluiting van Kaapse Afrikaanse taalkunde, maar steeds vind dit nie neerslag in die Afrikaans Huistaalklaskamer nie. Aangesien idiomatiese uitdrukkings in die wêreldkennis en kulturele erfenis van ʼn betrokke groep ingebed is, word dit as hulpmiddel gebruik ten einde ruimte vir Kaapse Afrikaanse taalkunde en kallitidentiteit in die Afrikaans Huistaalklaskamer te maak. Hierdie studie word deur die sosiale konstruktivisme-leerbenadering as teoretiese raamwerk onderlê. Die navorsingsontwerp en -metodologie steun op die beginsels van deelnemende aksienavorsing. ʼn Gemengde metodologie is gebruik om die data in te samel. In die eerste siklus van data-insameling is daar semi-gestruktureerde onderhoude met drie Afrikaans-vakadviseurs gevoer. In die tweede siklus is daar ʼn fokusgroep-onderhoud met die onderwysers by die gekose skool gevoer. Die onderhoude in hierdie twee siklusse is daarop gefokus om die betrokke deelnemers se perspektiewe as kurrikulum-implementeerders vas te stel. In die laaste fase is daar ʼn intervensie, bestaande uit vyf sub-siklusse, met ʼn graad 8-klas onderneem. Aan die begin van die intervensie het die leerders ʼn voor-intervensie-vraelys ontvang om hul perspektiewe oor Kaapse Afrikaans en hul identiteitsiening in die Afrikaans Huistaalklaskamer vas te stel. Daarna is die leerders aan Kaapse Afrikaanse taalkunde, aan die hand van Kaapse Afrikaanse idiomatiese uitdrukkings, blootgestel. Na afloop van die intervensie het die leerders ʼn na-intervensie vraelys, soortgelyk aan die voor-intervensie-vraelys, ontvang waarin hulle hul perspektiewe oor Kaapse Afrikaans en hul identiteitsiening, na die blootstelling aan Kaapse Afrikaanse taalkunde, moes weergee. Die semi-gestruktureerde onderhoude en die oop vrae in die vraelys funksioneer as kwalitatiewe en die geslote vrae in die vraelys funksioneer as kwantitatiewe data. Die hoofbevindinge van die ondersoek is dat Kaapse Afrikaanse taalkunde en kallitidentiteit tans by die Afrikaans Huistaalklaskamer uitgesluit word. Volgens die deelnemers is Kaapse Afrikaanse idiomatiese uitdrukkings ʼn gepaste manier om Kaapse Afrikaanse taalkunde en kallitidentiteit by die Afrikaans Huistaalklaskamer in te sluit. Na die blootstelling aan Kaapse Afrikaans in ʼn positiewe lig, het die leerders ʼn taaltrots ontwikkel en Kaapse Afrikaans as ʼn integrale deel van hul identiteit beskou. Volgens die deelnemers, veral die leerders, het Kaapse Afrikaans ook opvoedkundige waarde en moet om dié rede meer aandag in die Afrikaans Huistaalklaskamer geniet.
Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Linguistics, Afrikaans language -- Usage, Afrikaans language -- Dialects, Group identity -- South Africa -- Western Cape, Afrikaans language -- Study and teaching -- South Africa, UCTD, Afrikaans language -- Idioms
Citation