A Model for consumer forces of food waste in the retail industry

Date
2018-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The growing world population places an ever-increasing demand on nutritional resources. Therefore, it is important to minimise food waste at every level of the supply chain. In South Africa, with its increasing population and limited resources, food waste should be minimised at all cost. Little is known regarding the extent of food waste at retail level in South Africa and the driving forces behind this. The aim of this study was three-fold. The first study aim included a literature review, structured interviews and also included the acquisition of retail data pertaining to sales, food waste and net gross profit. A literature review was firstly conducted to identify the main consumer forces driving food waste at retail level. Thereafter structured interviews with representatives of six major retailers were conducted to confirm the importance of these identified forces at retail level in South Africa. Real life data was obtained from 677 stores, within one of the largest retailers in South Africa, over a twelve-month period (June 2016 to June 2017). The second study aim was to make use of a sensitivity analysis model. The retail data was used to analyse the impact of two of the main consumer forces on sales, food waste and nett gross profit. A regression analysis was used to validate the dataset used. The model was used to determine the ideal percentage sales for certain products in the presence of the two selected main consumer forces. The third study aim was to validate the sensitivity analysis model by implementing the model at store level. Four retail stores serving customers of different Living Standard Measurements were selected. The study generated interesting data. The literature review identified five main consumer forces namely, fresh versus frozen, fresh versus UHT, high versus low variety, convenience product versus raw materials and country of origin versus local products. The representatives unanimously agreed with the consumer forces identified in the literature review and regarded fresh versus frozen and fresh versus UHT products as two of the consumer forces with the highest impact on waste at local retail level. These two consumer forces were then evaluated with a sensitivity analysis for poultry and milk given the fact that both these products represent produce with high volume sales influenced by the said consumer forces. The sensitivity analysis model identified the optimal percentage sale of the desired product versus total sales to ensure a decrease in waste for the two main consumer forces evaluated. For poultry, the sensitivity analysis model illustrated that frozen poultry sales between 35 and 50 % of total poultry sales ensured minimal waste percentage between 15 to 18 %, with no adverse impact on net profit. The optimal percentage sales of UHT milk were almost entirely determined by waste. Throughout a wide range of UHT percentage milk sales i.e. between 30 and 70 %, net profit is maintained and waste limited. In-store validation of the sensitivity analysis model over a nine-week period proved to be useful. The Living Standard Measurement of customers influenced the percentage sales in the presence of the studied consumer forces. The validation of the model allowed for individualised recommendations by the researcher to store management in order to minimise food waste and maintain net profit. This is the first study of its kind in South Africa that defined the extent of food waste at the level of the retailer, by making use of a sensitivity analysis model. The model provides retailers with a practical tool to determine the optimal stock levels of various product groups, as influenced by different consumer preferences. The model will also help retailers to achieve a balance between reducing waste whilst maintaining net profit. One of South Africa's biggest retailers is currently in the process of implementing the model in various retail stores. Larger studies including medium and small retailers and more consumer forces are needed to generate more data. Thus, aiding the drive against unnecessary food waste.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die groeiende wêreldbevolking plaas toenemende druk op die beskikbaarheid van voedselhulpbronne en daarom is die vermindering van voedselafval op elke vlak van die voedselketting van uiterse belang. Suid-Afrika is hier geen uitsondering nie. 'n Vinnig-groeiende bevolking en beperkte hulpbronne maak dit kardinaal belangrik dat voedselafval in Suid-Afrika tot die absolute minimum beperk moet word. In Suid-Afrika is inligting rakende die omvang van voedselafval op kleinhandelaarvlak en die verbruikersdryfkragte wat dit beinvloed, baie beperk. Die studie doelwitte was drievoudig. Die eerste doelwit van die studie het 'n literatuuroorsig, gestruktureerde onderhoude en verkryging van kleinhandel-data rakende verkope, voedselafval en netto wins ingesluit. 'n Literatuuroorsig is gedoen om die belangrikste verbruikersdryfkragte, wat voedselafval op kleinhandelaarvlak beinvloed, te identifiseer. Hierna onderhoude (beide gestruktureerd en telefonies) is met verteenwoordigers van ses, groot, plaaslike handelaars gevoer om die belang van hierdie geïdenti-fiseerde verbruikersdryfkragte op plaaslike vlak te prioriseer. Data van 677 winkels, vervat binne 'n enkele, plaaslike kleinhandelaar, vir 'n periode van 12 maande (Junie 2016 tot Junie 2017) is aan die ondersoeker beskikbaar gestel. Die tweede studie-doelwit was om 'n sensitiwiteits-analise-model te bou en implementeer. Hierdie kleinhandelaar-data is gebruik om die impak van twee van die belangrikste verbruikerskragte op verkope, voedselafval en netto wins te analiseer. 'n Regressie-analise is gebruik om die numeriese data wat verkry is te valideer. Die model is gebruik om die ideale persentasie verkope van sekere produkte, onder die invloed van hierdie twee geselekteerde, verbruikersdryfkragte vas te stel. Die laaste doelwit van die studie was om die sensitiwiteits-analise-model te valideer deur die model op winkelvlak te implementeer. Vier kleinhandelaars met verbruikers van verskillende lewensstandaarde is vir hierdie doel geselekteer. Die studie het belangrike inligting gegenereer. Vyf hoofverbruikersdryfkragte is by wyse van die literatuurstudie geïdentifiseer, die dryfkrag vir vars teenoor gevriesde produkte, vars teenoor UHT produkte, wye verskeidenheid teenoor lae verskeidenheid, verwerkte-, gaar- en geriefsprodukte teenoor rou produkte asook die dryf vir beskikbaarheid van ingevoerde en plaaslike produkte teenoor beskikbaarheid van slegs plaaslike produkte. Die kleinhandel-verteenwoordigers het eenparig met die literatuur geïdentifiseerde dryfkragte saamgestem. Die verbruikersdryfkragte vir vars teenoor gevriesde en vir vars teenoor UHT produkte is deur hulle aangedui as twee van die belangrikste dryfkragte wat mag aanleiding gee tot verhoogde voedselafval op kleinhandelvlak. Hierdie dryfkragte is by wyse van 'n sensitiwiteits-analise-model ge-evalueer vir hoender- en melkverkope. Hierdie produkte is gekies vanweë hul hoë volume verkope en ook omdat die verkose verbruikersdryfkragte verkope van beide hierdie produkte affekteer. Die sensitiwiteits-analise-model het die optimale verkooppersentasie van die ideale produktipe (bv. gevries eerder as vars) vasgestel, dit wil sê, die verkooppersentasie wat minimale afval by optimale netto wins vir die kleinhandelaar verseker. Vir die verbruikersdryfkrag vars teenoor gevriesde hoender het die sensitiwiteits-analise bepaal dat indien gevriesde hoenderverkope 35 tot 50 % van die totale verkope verteenwoordig, is voedselafval minimaal (15-18%) sonder enige negatiewe impak op netto wins. Die optimale persentasie verkope van UHT eerder as varsmelk word feitlik uitsluitlik deur die mate van voedselafval bepaal. Produkkoste het 'n minimale invloed. Die netto wins word gehandhaaf, met minimale afval, oor 'n wye persentasie van UHT teenoor totale melkverkope (30-70%). Die validering van die sensitiwiteits-analise-model op winkelvlak was insiggewend. Die lewensstandaard van kliënte het die persentasie verkope van die ideale teenoor die nie-ideale produk, in die teenwoordigheid van die bestudeerde verbruikerskragte, beïnvloed. Die validering van die model het die navorser in staat gestel om geïndividualiseerde aanbevelings aan die winkelbestuur deur te gee ten einde voedselafval te verminder sonder om winsgewendheid te benadeel. Die studie is die eerste plaaslike studie op kleinhandelaarsvlak wat by wyse van 'n sensitiwiteits-analise-model poog om die omvang van voedselafval te definieer. Die studie dokumenteer dus dat die sensitiwiteits-analise-model 'n nuttige hulpmiddel is om die optimale persentasie verkope vir sekere verbruikersdryfkragte te bepaal. 'n Sensitiwiteits-analise-model is 'n bruikbare en praktiese instrument vir kleinhandelaars om voedselafval te verminder. Een van Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar is tans besig om die model in verskeie kleinhandelwinkels te implementeer. Groter studies met insluiting van medium- sowel as kleinhandelaars asook 'n groter variasie verbruikersdryfkragte is nodig om meer data te genereer en oplossings te vind vir minimalisering van voedselafval.
Description
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
UCTD, Food waste, Retail industry, food waste -- Consumer forces, Sales, Capital gains, Capital gains, Regression analysis
Citation