Governance and power in mental health integration processes in South Africa

Date
2018-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: On the back of centuries of scholarship, mental illness remains a deeply political challenge in modern societies. Although much headway has been made in researching mental health service provision in low-to-middle income countries, a distinct gap exists in understanding the crucial roles of governance and power in care provision. Concerning integrated care, understanding the relations among state and non-state entities is paramount. This doctoral study sought to explore how power relations shape the governance of integrated mental health care in South Africa. More specifically, the purpose was to illuminate the dimensions and structure of integrated mental health care; to describe referral and collaborative ties in a service provider network; and to examine the relations between state and non-state mental health service providers. A pragmatic, theory driven case study was undertaken in Mangaung Metropolitan District, Free State province, South Africa, employing multiple methodologies. The macro contexts of integrated mental health care were explored by means of a framework analysis of health policy, while the case study employed social network analysis and semi-structured interviews with key stakeholders. The findings suggested that integrated mental health care is pursued in South Africa in two ways: 1) by integrating mental health care into primary healthcare, and 2) by fostering collaboration between state and non-state role players. The service delivery network exhibited fragmentation, low density, hospital-centrism and suggestions of significant professional power. Key points of state and non-state collaboration included housing and treatment adherence, though proportional interactions between state and non-state services were lower than interstate service collaboration. Governance-related fragmentation emerged in terms of state and non-state service providers, biomedical and social approaches to care, and departments of health and social development. Gaps in state stewardship included weak strategic leadership and poor information systems. Power emerged in both its mainstream and second stream conceptions, rooted in, for example, professional power, and through an apparent commodification of people living with mental illness. The ambiguities of mental illness were concluded to be an important undercurrent to the dynamics of power that play out in service provision processes. Key policy recommendations focused on improving the following: 1) availability of financial resources; 2) relationships between service providers; 3) overly myopic organisation of government departments; and 4) political relationships between state and non-state partners. Ultimately, the study lays a strong foundation for further research into the mechanisms of power in the governance of mental health care in South Africa.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Ná eeue se navorsing bly geestesongesteldheid ’n diep politiese struikelblok in moderne samelewings. Hoewel heelwat vordering gemaak is in die navorsing van geestesgesondheiddienste-verskaffing in lae- tot middelinkomstelande, bestaan daar ’n duidelike gaping in die manier waarop kritiese rolle van bestuur en mag in die verskaffing van versorgingdienste verstaan word. Wanneer dit by geïntegreerde sorg kom, is dit kardinaal om die verhouding tussen staats- en nie-staat-entiteite te verstaan. Hierdie doktorale studie het beoog om magsverhoudings in die bestuur van geïntegreerde geestesgesondheidsorg in Suid-Afrika beter te verstaan. Die doel was meer spesifiek om die dimensies en struktuur van geïntegreerde geestesgesondheidsorg uit te lig; om die verwysings- en samewerkingsverhoudinge in ’n diensteverskaffersnetwerk te beskryf; en om die verhoudings tussen staats- en nie-staat-geestesgesondheidsdiensteverskaffers te bestudeer. ’n Pragmatiese, teorie-gedrewe gevallestudie is deur middel van verskeie metodologiëe in die Mangaung Metropolitaanse Distrik in die Vrystaat-provinsie, Suid-Afrika, gedoen. Die makro-kontekste van geïntegreerde geestesgesondheidsorg is deur middel van ’n raamwerk-analise van gesondheidsbeleid verken, en ’n gevallestudie is met die gebruik van sosiale netwerkanalise en semi-gestruktureerde onderhoude met belanghebbendes voltooi. Die bevindings het voorgestel dat geïntegreerde geestesgesondheidsorg in Suid-Afrika op twee maniere gevolg word: 1) deur geestesgesondheidsorg met primêre gesondheidsorg te integreer, en 2) deur samewerking tussen staats- en nie-staatsrolspelers te bewerkstellig. Die diensteverskaffingsnetwerk was disfunksioneel, met lae digtheid, hospitaal-sentraliteit en tekens van beduidende professionele mag. Belangrike punte van staats- en nie-staatsamewerking het behuising en die nakoming van behandelingsverantwoordelikhede ingesluit, hoewel proporsionele interaksie tussen staats- en nie-staatsdienste swakker was as interstaatsdiens-samewerking. Bestuursverwante verbrokkeling het in staats- en nie-staatdiensteverskaffers, biomediese en sosiale benaderings tot sorg, en die departmente van gesondheid en sosiale ontwikkeling na vore gekom. Gapings in rentmeesterskap het swak strategiese leierskap en onvoldoende inligtingsisteme ingesluit. Mag het in hoofstroom- én sekondêre stroom-vertolkings na vore gekom, en is byvoorbeeld vasgevang in professionele mag, en deur ’n klaarblyklike verandering van mense met geestesongesteldheid in kommoditeite. Daar is tot die slotsom gekom dat die vaaghede van geestesongesteldheid ’n belangrike ondertoon is in die mag-dinamika wat in diensteverskaffingsprosesse voorkom. Belangrike beleidsvoorstelle het gefokus op die verbetering van die volgende: 1) beskikbaarheid van finansïele bronne; 2) verhoudinge tussen diensteverskaffers; 3) die nou organisering van regeringsdepartemente; en 4) politiese verhoudinge tussen staats- en nie-staatsrolspelers. Oplaas lê die studie ’n sterk fondament vir verdere navorsing rondom die meganismes van mag in die bestuur van geestesgesondheidsorg in Suid-Afrika.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Mental health and state, UCTD, Mental health policy, Mental health services ethics
Citation