'n Klassikus se ontleding van N.P. Van Wyk Louw se Germanicus as 'n beeld van mag en onmag

Claassen, Jo-Marie (2017)

CITATION: Claassen, J.-M. 2017. 'n Klassikus se ontleding van N.P. Van Wyk Louw se Germanicus as 'n beeld van mag en onmag. LitNet Akademies, 14(3):417-455.

The original publication is available at https://www.litnet.co.za

Article

Hierdie artikel ondersoek die mate waarin N.P. Van Wyk Louw se Germanicus (1956) sy hoofbron, ’n werk van die Romeinse geskiedskrywer Tacitus, vernuwend aanwend, met klem op sy uitbeelding van mag en onmag. Die vraag of die drama nie bloot ’n klakkelose vertaling is nie, word ondersoek, met ’n kort samevatting van sy inhoud, gevolg deur ’n bespreking van Louw se personasies en ’n ontleding van die wyse waarop hy Tacitus se gegewens gebruik of aanpas. Tersaaklike sekondêre bronne word deurgaans erken, maar die hooffokus bly op Louw se teks. Louw se herinterpretasie van aspekte van die gebeure word in minstens één geval deur ’n argeologiese ontdekking gestaaf. Louw se uitbeelding van historiese figure word uitgewys as ’n poging om iets nuuts uit die gegewens oor hulle lewens te skep, eerder as om bloot Tacitus se interpretasie weer te gee. Aandag word gegee aan die verskil tussen die antieke en die moderne geskiedskrywing en Louw se toepassing van Tacitus se gegewens op ’n heel ander genre, naamlik versdrama. Louw se generiese spel word toegelig uit sy eie uitsprake oor die rol van intertekstualiteit in die skep van “iets nuuts”: hy het ’n bepaalde greep uit die Romeinse geskiedenis gekies om drie temas vernuwend te verbeeld. Van drie oorheersende temas in die drama steun slegs die eerste sterk op Tacitus: die idee dat magshebbers deur hul magsuitoefening gekorrumpeer word, met gepaardgaande wreedheid, maar dat hulle ook magteloos is om daaraan te ontsnap. Die tweede tema, onmag, word verder ondersoek uit aanhalings uit driftige monoloë deur verskeie onderdanige karakters wat die bewussyn van hul magteloosheid teenoor hul oorheersers uitspel. Sodanige konfrontasies is skaars histories juis, maar word dramaties bevredigend as tekenend van Louw se boodskap bevind. Die derde tema blyk eweneens histories onwaarskynlik, naamlik die karakter Germanicus se vlugtige profetiese blik op die koms van ’n nuwe (Christelike) bedeling. Louw se eie politieke siening word hierna ontleed. Oor die vraag of Germanicus enigsins as ’n eietydse “politieke dokument” beskou kan word, word bevind dat dit beide eietyds én tydloos is: Louw se beskouinge van mag en onmag is eweseer op die politiek van die hede as op politieke omstandighede van sy eie tyd van toepassing.

This article, by the translator of the verse drama Germanicus (1956) by the Afrikaans poet N.P. Van Wyk Louw (Claassen 2013), examines Louw’s portrayal of power and powerlessness in his play and the originality with which he adapts his major historical source, the Annales of the Roman historian Cornelius Tacitus. Louw’s reinterpretation of aspects of the historical events and personalities portrayed by Tacitus has in at least one case been proven more likely than that of his source; that is, since the archaeological discovery in Spain of some contemporary inscriptions referring to the events to which Tacitus and Louw refer. Emphasis is placed in turn on the degree of originality in Louw’s adaptation of the original text, on his conceptualisation of the corruption inherent in all display of power and on the content and manner of presentation of the poet’s political ideas, for which his work served as a vehicle.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/104146
This item appears in the following collections: