The close connection test for vicarious liability

Calitz, Karin (2007-01)

CITATION: Calitz, K. 2007. The close connection test for vicarious liability. Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif 18(3): 451 - 468.

The original publication is available at https://journals.co.za/content/journal/ju_slr

Article

The requirements for the vicarious liability of an employer are threefold : an employment relationship, the commission of a delict, and that the delict must have been committed within the scope (sometimes course and scope) of employment. The last requirement ensures that there is a measure of fairness towards the employer who is held strictly liable. Hierdie artikel ondersoek die toets vir middellike aanspreeklikheid wat deur die Konstitusionele Hof in NK v Minister of Safety and Security ontwikkel is vir gevalle van opsetlike wangedrag deur 'n werknemer. In hierdie saak het drie polisiemanne 'n jong vrou verkrag terwyl hulle aan diens was. In die verlede was hierdie tipe gevalle problematies omdat sodanige gedrag as buite die diensbestek beskou is. Die hof hang egter nie 'n eng siening van diensbestek aan nie en steun op die noue verbandtoets (close connection test) wat onlangs in verskeie ander gemeenregtelike jurisdiksies toegepas is. Dis 'n objektiewe toets wat 'n noue verband tussen die gedrag van die werknemer en sy pligte vereis. Die Konstitusionele Hof het egter in hierdie saak die noue verbandtoets ontwikkel om konstitusionele norme te reflekteer. In die NK saak is bevind dat die werkgewer aanspreeklik is omdat daar 'n noue verband tussen die dade van die polisiemanne en hulle konstitusionele pligte bestaan. Die probleem met hierdie toets is dat die hof 'n algemene toets vir middellike aanspreeklikheid by opsetlike wangedrag neergelê het, maar nie 'n aanduiding gegee het oor hoe dit aangewend moet word in gevalle waar konstitusionele regte en pligte minder prominent is nie. Daar word aan die hand gedoen dat die opsetlike verbreking van 'n plig teenoor 'n sekere persoon of persone die noue verband tussen plig en daad daar sal stel. Om die noue verbandtoets deur 'n konstitusionele bril te beskou is verwarrend en bring nie noodwendig meer gewensde resultate mee nie.

AFRIKAANS OPSOMMING: Hierdie artikel ondersoek die toets vir middellike aanspreeklikheid wat deur die Konstitusionele Hof in NK v Minister of Safety and Security ontwikkel is vir gevalle van opsetlike wangedrag deur ’n werknemer. In hierdie saak het drie polisiemanne ’n jong vrou verkrag terwyl hulle aan diens was. In die verlede was hierdie tipe gevalle problematies omdat sodanige gedrag as buite die diensbestek beskou is. Die hof hang egter nie ’n eng siening van diensbestek aan nie en steun op die noue verbandtoets (close connection test) wat onlangs in verskeie ander gemeenregtelike jurisdiksies toegepas is. Dis ’n objektiewe toets wat ’n noue verband tussen die gedrag van die werknemer en sy pligte vereis. Die Konstitusionele Hof het egter in hierdie saak die noue verbandtoets ontwikkel om konstitusionele norme te reflekteer. In die NK saak is bevind dat die werkgewer aanspreeklik is omdat daar ’n noue verband tussen die dade van die polisiemanne en hulle konstitusionele pligte bestaan. Die probleem met hierdie toets is dat die hof ’n algemene toets vir middellike aanspreeklikheid by opsetlike wangedrag neergelê het, maar nie ’n aanduiding gegee het oor hoe dit aangewend moet word in gevalle waar konstitusionele regte en pligte minder prominent is nie. Daar word aan die hand gedoen dat die opsetlike verbreking van ’n plig teenoor ’n sekere persoon of persone die noue verband tussen plig en daad daar sal stel. Om die noue verbandtoets deur ’n konstitusionele bril te beskou is verwarrend en bring nie noodwendig meer gewensde resultate mee nie.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/103979
This item appears in the following collections: