An investigation into the effectiveness of using headphones with integrated microphones to simulate concert hall acoustics for musicians in small acoustic environments

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this thesis fifty-one musicians participated in a structured interview testing the effectiveness of a headset simulating the acoustics of a concert hall known to the participants. A prototype headset was constructed by externally attaching two omnidirectional microphones to headphones. The microphone signal of the headset was processed by a convolution reverberation plugin and routed to the headphones to simulate the hall. Additionally, the filtered dry signal was reproduced over the headset to compensate for the headset’s high frequency attenuation. Participants rated responses concerning: 1. the accuracy of the headset in reproducing the natural acoustic environment 2. the comfortability of the headset 3. the realism of the simulated concert hall. These ratings proved positive. While open-ended responses indicate that further refinement of the headset is required to eliminate the occlusion effect and further improve the headset’s accuracy, forty-eight of the fifty-one participants answered positively to whether they could imagine practicing with a similar headset. The study concluded that headphones with integrated microphones can indeed be effective at simulating concert hall acoustics in small practice rooms.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis het een en vyftig musikante deelgeneem aan ’n gestruktureerde onderhoud waar die effektiwiteit van ’n kopstuk om die akoestiek van ’n bekende konsertsaal na te maak getoets is. ’n Prototipe kopstuk is gebou met twee alomgerigte mikrofone wat aan ’n stel kopfone vasgeheg is. Die seine van die mikrofone is verwerk deur ’n gesimuleerde konvolusie nagalm van die lokaal by te voeg en teruggestuur na die kopfone. Verder is daar ook gekompenseer vir die kopstuk se hoëfrekwensiedemping deur ’n vereffende droë sein terug te voer na die kopstuk. Deelnemers se gegradeerde terugvoer is ingesamel rakende: 1. die akkuraatheid van die kopstuk in die reproduksie van die akoestiese ruimte 2. die gemak daarvan 3. die realisme van die gesimuleerde saal Alhoewel respons op die oop vrae in die onderhoud daarop dui dat verdere verfyning nodig is om die afsluitingseffek te verminder en die akkuraatheid van die kopstuk te verbeter, het agt en veertig uit die een en vyftig deelnemers positief gereageer op die vraag of hulle met ’n soortgelyke kopstuk sou oefen. Die studie het bevind dat kopfone met geïntegreerde mikrofone wel daarin kan slaag om ’n konsertsaal se akoestiek te simuleer in kleiner oefenkamers.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
UCTD
Citation