Discipline, power and knowledge at three schools in the Eastern Cape

Magaba, Temba Mxolisi (2018-01-03)

Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2018.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT : Across teaching careers that span decades, teachers often witness on a daily basis the collapsing of traditional modes of discipline and the emergence of new power dynamics founded on human rights and freedoms. These experiences are ingrained in teacher’s memories as practitioners in the teaching and learning terrain. This study was inspired by a desire to inquire and to uncover the complexities associated with discipline, knowledge and power. In that respect, the key idea that underpins the study is that school discipline is not about school ethos or what is expected to happen on the grounds of schools, but rather about the societal norms and values that hold sway for defined schools in specific areas at particular moments in their operations and which are used to hold learners accountable. As such, the study navigates discourses on discipline, power and knowledge in order to understand the underlying ideological motives for the kind of discipline practiced in three Eastern Cape schools. Different contexts are juxtaposed with power and knowledge with a view to answer questions related to the disciplinary tools teachers use to assert their dominance over learners. With regard to discipline itself, however, most teachers conceded that the concept and practice of school discipline went further than the crafting of a specific set of rules - that it entailed far more than the mayopic expression of dos and dont’s of the school’s code of conduct. There are broader and far more complex considerations of disciplinary practices in schools that needed to be explored. There is a void in the literature on school discipline which warrants a conceptual rethink of the basis of the very acts of discipline or forms of order in which they had previously been grounded. These are some of the phenomena that this research project sought to examine. In that respect, the study specifically sought to illustrate the issues in relation to the lives of “real teachers and learners”, and fieldwork therefore focused on teachers’ views of discipline at three schools in the Eastern Cape. Notably, the study also sought to highlight teacher practices in the rural context of Butterworth in the Eastern Cape, and teacher motives in dispensing discipline. The main goal was to learn more about the disempowering patterns of thinking and behaviours that may be engendered in pupils through the workings of discipline, power, and knowledge. The data revealed a range of discursive linguistic tools and techniques that teachers sought to use to constitute the habitual thought patterns of learners.

AFRIKAANSE OPSOMMING : Gedurende onderwysloopbane wat dikwels oor dekades strek, neem onderwysers op ’n daaglikse basis episodes van swak dissipline in onderwyser-leerder-verhoudinge waar. Hierdie episodes bly by onderwysers soos hulle sukkel om sin te maak van die ingewikkelde dilemmas verwant aan tugteloosheid. Hierdie studie is aangespoor deur sommige van hierdie soort gevalle en die intellektuele verwarring wat hulle veroorsaak, naamlik ’n begeerte om die konsep van skooldissipline beter te verstaan. In hierdie opsig is die sleutelidee wat hierdie studie rugsteun dat skooldissipline nie handel oor skooletos of wat verwag word om op skoolgronde aan te gaan nie, maar eerder oor gemeenskapsnorme en -waardes wat belangrik is vir sekere skole in spesifieke areas op bepaalde tye in hul handelinge en wat gebruik word om leerders aanspreeklik te hou. As sulks sluit die fokus van hierdie studie in debatte rakende mag en kennis en die veelvuldige vlakke wat hulle bring na debatte rakende skooldissipline en die gesofistikeerde magdinamika van skool en samelewing in verskillende kontekste. Die beginpunt van hierdie studie is die debatte rondom lyfstraf in Suid-Afrika en die verbanning daarvan ná 1994, wat baie onderwysers uit hul gemaksones geruk het en in ’n nuwe soort dissiplinêre omgewing forseer het. Die fokus is dus op die onsekerheid wat met hierdie verwikkeling gepaard gegaan het en wat dit vir onderwyspraktyk beteken. Die verbanning van lyfstraf, wat baie as radikale hervorming beskou het, het gelei tot ’n vlak van onsekerheid wat die “reëls” verander het vir baie onderwysers en bygedra het tot reeds plofbare skoolomgewings waar skoolgemeenskappe worstel vir beheer oor wat hulle voorheen gehad het. Selfs ervare en veteraanonderwysers het gesukkel ná 1994 met situasies waarmee hulle nog nie vantevore te doene gekry het nie, asook met ’n nuwe stel reëls en regulasies wat hulle aanspreeklik hou. Waar vele onderwysers voorheen weggekom het met dade onder die dekmantel van wat hulle gedink het was professionele optrede, het die groter fokus op regte en verantwoordelikhede ná 1994 alle onderwysers in posisies geplaas waar hulle krities moes nadink oor hul vorige praktyke en moet optree volgens nuwe stelle grondwetlike regulasies. Onderwysers kon dus nie meer eensydig optree nie, aangesien hulle beide grondwetlik en wetlik gemonitor word, en ook baie meer nouliks deur skoolbeheerliggame getakseer word op hul daaglikse praktyk. Deur nie net aanspreeklik te wees aan gesagsliggame nie, maar ook aan ouers en leerders (deur middel van skoolgedragskodes), het enorme druk geplaas op onderwysers se sin van professionele onafhanklikheid, en ’n era van deursigtigheid en dissiplinêre praktyk ingelui wat onderwysers versigtig, senuweeagtig, en meer sensitief maak rakende hoe hulle leerders behandel en leerders se regte respekteer. Willekeurige afdwinging van “straf” was ’n skok vir hul sin van professionele praktyk. Wat dissipline betref, het die meeste onderwysers egter toegegee dat die konsep en praktyk van skooldissipline verder gegaan het as ’n spesifieke stel reëls, dat dit baie meer behels as die moets en moenies van verskillende onderwysomgewings, en dat daar langer-termyn implikasies was vir huidige dissiplinêre praktyke in skole wat aangespreek moes word. Die veranderinge in skooldissipline-praktyke het egter ook ’n behoefte geskep om konseptueel anders te dink oor die grondslag van die einste dade of vorme van dissipline en orde waarvan hulle vryelik gebruik gemaak het. Hierdie is dus sommige van die fenomene wat hierdie navorsingsprojek gepoog het om te ondersoek. In hierdie opsig het hierdie studie spesifiek gepoog om die kwessies in verband met die lewens van “regte onderwysers en leerders” te illustreer, en veldwerk het dus gefokus op onderwysers se sieninge van dissipline by drie skole in die Oos-Kaap. Dié studie het ook gepoog om onderwyspraktyke in die plattelandse konteks van Butterworth in die Oos-Kaap, asook onderwysers se motiewe om dissipline af te dwing (op ’n skaal van teregwysing tot ’n begeerte om die leerder te slaan) in kontekste wat nie normaalweg ondersoek word nie, te beklemtoon. Die hoofdoel was om meer te leer rakende die ontmagtigende denk- en aksiepatrone wat voortgebring is in leerders deur die beoefening van onderwyserdissipline, -mag, en -kennis. Die data het ’n reeks wydlopige taalkundige instrumente en tegnieke onthul wat onderwysers gebruik om die gebruiklike denkpatrone van leerders te vorm, met onderwysers wat leerders behandel as voorwerpe van beide betragting en beskuldiging, asook voorwerpe wat voortdurende toesig, monitering, en beheer benodig.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/103791
This item appears in the following collections: