Linguistic variation in Afrikaans in the Southern Cape: grammatical form and function in the spoken language of young adults
Date
2018-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study involves an examination of possibly distinctive features of different variants of
Afrikaans. This was done in a town in the southern Cape, in which Afrikaans is the predominant
home language and lingua franca. Different varieties of Afrikaans among current residents are
widely observed, but have not yet been described in detail. Besides giving a snapshot of current
varieties that are in use among speakers between the ages of 18 and 25 years, this study
considers a sample of language use in three groups of users in order to assess how recent
changing patterns of contact in educational settings may have affected the varieties they speak.
The working hypothesis is that the "dialect differences" between formerly socially isolated
groups could be in the process of decreasing, as a result of fading social boundaries.
This is a small-scale pilot study that tests the hypothesis. The study collected recordings of
spoken Afrikaans of young people who fall into three categories, namely (i) those who
completed their primary and secondary schooling in the schools within a "coloured residential
area" (e.g. Pacaltsdorp primary and high school), (ii) those who completed their primary and
secondary schooling in the schools within the "white town areas" (e.g. Outeniqua primary and
high school), and (iii) those who started their primary schooling in a school within a coloured
residential area, but moved to a historically “white” school (a so-called Model C school) for
their high school education.
Data was elicited by using pictures of persons that participants were likely to know. The
pictures were shown to pairs of speakers as prompts to a discussion that would require
comparable words and expressions, thus delivering comparable sets of relatively naturally
occurring speech. The recorded data was transcribed in a corpus program (ExMaralda) so that
salient forms could be isolated, and the regularity as well as distribution of each form could be
easily traced.
The data was used to determine if and how the varieties of Afrikaans spoken by members of
the three groups differ, and also to check whether there is evidence that the recent language
contact between some of the coloured and white participants in their high school years had a
noticeable effect on the language forms they are currently using. So the aim was to check
whether there is evidence of speech accommodation, dialect levelling and dialect shift, as the
different communities gradually integrate more than before. Specific attention went to
vocabulary as well as to grammatical features that stood out as markers of one rather than the
other community-associated version of Afrikaans.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie behels ʼn ondersoek na moontlik onderskeidende kenmerke van verskillende variante van Afrikaans. Dit is in ʼn Suid-Kaapse dorp wat oorwegend Afrikaans as huistaal en omgangstaal gebruik, onderneem. Verskillende variëteite van Afrikaans word wyd waargeneem onder huidige inwoners, maar is nog nie in besonderhede beskryf nie. Buiten dat ‘n “kameraskoot” gegee word van die variasies wat sprekers tussen die ouderdomme 18 en 25 jaar nóú gebruik, ondersoek hierdie studie die taalgebruik van drie groepe sprekers ten einde te oordeel hoe onlangse veranderinge in taalkontak in opvoedkundige konteks taalvariasie kon beïnvloed het. Daar is gewerk met die hipotese dat die “dialekverskille” tussen voormalig geïsoleerde groepe besig is om af te neem as gevolg daarvan dat sosiale grense uit ʼn vorige bedeling besig is om te vervaag. Hierdie is ʼn loodsstudie van beperkte omvang wat die hipotese toets. Die studie het klankopnames versamel van die gesproke Afrikaans van jongmense wat in drie kategorieë val, naamlik (i) diegene wat hulle hele skoolloopbaan in skole binne die “bruin woongebiede” deurgebring het, (ii) diegene wat hulle hele skoolloopbaan in skole binne die “wit dorp”, deurgebring het, en (iii) diegene wat hulle laerskoolloopbaan in die bruin woongebied begin het, maar vir hulle hoërskoolloopbaan na ‘n histories “wit” skool (‘n sg. Model-C-skool) geskuif het. Data is bekom deur die gebruik van prente van persone wat deelnemers waarskynlik sou ken. Die prente is aan pare sprekers gewys as stimulus vir gesprek wat van deelnemers vergelykbare woorde en uitdrukkings sou vereis, en dus vergelykbare stelle relatief natuurlik taalgebruik opgelewer het. Die spraak wat so vasgevang is, is getranskribeer in ‘n korpusprogram (ExMaralda), sodat opvallende vorme geïsoleer kon word en die reëlmaat waarin hulle voorgekom het, sowel as die verspreiding van elke vorm, maklik nagegaan kon word. Die data is gebruik om vas te stel of en hoe die variëteite van Afrikaans wat lede van die drie groepe gebruik, verskil asook om na te gaan of daar getuienis is dat die onlangse kontak tussen party bruin en wit deelnemers in hulle hoërskooljare ʼn merkbare effek gehad het op die taalvorme wat hulle tans gebruik. Dus was die bedoeling om na te gaan of daar, soos die verskillende gemeenskappe geleidelik meer as tevore integreer, getuienis is van spraakakkommodasie, dialekgelykmaking en dialekverskuiwing. Spesifieke aandag sal gegee word aan woordeskat sowel as aan grammatikale eienskappe van die taal wat uitstaan as merkers van een eerder as die ander gemeenskapsvariëteit van Afrikaans.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Applied linguistics -- Cape of Good Hope (South Africa), Linguistics -- Cape of Good Hope (South Africa), Language and languages -- Variation -- Cape of Good Hope (South Africa), Verbal communication -- Youth -- Cape of Good Hope (South Africa), Sociolinguistics -- Cape of Good Hope (South Africa), Linguistic change -- Cape of Good Hope (South Africa), Language and culture -- Cape of Good Hope (South Africa), Social differentiation -- Cape of Good Hope (South Africa), UCTD