A critical analysis of the legal environment in respect of the private equity industry in South Africa

Oaker, Wentzel (2018-03)

Thesis (LLD)--Stellenbosch University, 2018.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT : This dissertation aims to answer a fundamental question relating to the South African legal and economic framework in which private equity operates. This being: To what extent does the law address/regulate the structure of private equity funds and the relationships between the various parties related to a fund, that is: investors, the fund manager and underlying portfolio investments? This thesis also discussed how the law could better regulate the private equity industry. The dissertation consists of five chapters. Chapter one raises such fundamental questions as ‘what is the nature of private equity?’ by looking at the parties involved, the private equity cycle, returns, liquidity, the risk, and the private equity market. In addition, it assesses whether private equity satisfies the criteria to be regarded as a separate asset class. Chapter two provides an analysis of the key features of private equity fund formation in South Africa. The choice of the most appropriate legal structure of a private equity fund starts with the choice of the most effective and suitable legal vehicle. Chapter two includes a discussion of the general private equity fund structure, the regulatory requirements of private equity firms, and certain regulatory considerations relevant in operating a private equity fund in South Africa. The discussion at certain instances reference private equity fund formation in foreign jurisdictions such the US, UK, Australia, and Canada. Chapter three introduces an analysis of corporate governance as it pertains to private equity funds. Firstly, it discusses the role of corporate governance regulation in stimulating investment. Secondly, it discusses the importance and benefits of corporate governance from the perspective of private equity managers; and seeks to explain the link between the private equity business model and corporate governance that is based on the assertion that there are two levels of corporate governance involved in private equity investing. The first level of governance relates to the private equity fund’s underlying portfolio investee companies and this includes inter alia, a discussion on the duties of the fund manager, particularly in their capacity as serving as directors on the boards of such companies. The second level of governance relates to the private equity fund itself which focuses on the relationship between the private equity firm and the investors that invest in the private equity fund. Chapter four examines two key impediments namely tax legislation and exit alternatives; and show how legislation could effectively address the former and how the lack of exit routes is an impediment to the growth of the local private equity industry. Chapter five states that, the development of the above mentioned regulatory framework will only be successful if the private equity industry participants themselves acknowledge and actively address the disadvantages and real risks posed by the private equity industry on the South African financial system.

AFRIKAANSE OPSOMMING : Hierdie verhandeling is daarop gemik om 'n fundamentele vraag te beantwoord wat verband hou met die Suid-Afrikaanse regstelsel en die ekonomiese raamwerk waarin privaat-ekwiteit funksioneer. Dit is: In watter mate reguleer die reg die struktuur van privaat-ekwiteit fondse en die verhoudings tussen die verskillende partye wat betrokke is in 'n fonds, naamlik: beleggers, die fondsbestuurder en onderliggende portefeulje beleggings? Hierdie verhandeling bespreek verder hoe die reg die privaat-ekwiteit bedryf beter kan reguleer. Die verhandeling bestaan uit vyf hoofstukke. Hoofstuk een lig fundamentele vrae soos ‘wat is die aard van privaat-ekwiteit?’ deur te kyk na die betrokke partye, die privaat-ekwiteit siklus, opbrengste , likiditeit, die risiko, en die privaat-ekwiteit mark. Verder beoordeel die verhandeling of privaatekwiteit voldoen aan die kriteria dat dit as 'n aparte bateklas beskou kan word. Hoofstuk twee verskaf 'n ontleding van die belangrikste kenmerke van die vorming van privaatekwiteit fondse in Suid-Afrika. Die keuse van die mees geskikte regstruktuur van 'n privaat-ekwiteit fonds begin by die keuse van die mees doeltreffende en geskikte regstruktuur. Hoofstuk twee sluit ʼn bespreking in van die algemene privaat-ekwiteit fonds struktuur, die regulatoriese vereistes van privaat-ekwiteit firmas en sekere regulatoriese oorwegings wat by die bestuur van 'n privaat-ekwiteit fonds in Suid-Afrika relevant is. Die bespreking maak ook verwysing na die skep van ekwiteit fondse in buitelandse jurisdiksies soos die VSA, die Verenigde Koninkryk, Australië en Kanada. Hoofstuk drie ontleed korporatiewe bestuur, soos dit betrekking het op privaat- ekwiteit fondse. Eerstens, word die rol van korporatiewe bestuur regulering vir die stimulasie van beleggings bespreek. In die tweede plek word die belang en voordele van korporatiewe bestuur vanuit die perspektief van privaat-ekwiteit bestuurders bespreek; en streef daarna om die skakel tussen die privaat-ekwiteit besigheidsmodel en korporatiewe bestuur, wat gebaseer is op die hipotese dat daar twee vlakke van korporatiewe bestuur betrokke is in privaat-ekwiteit beleggings, te verduidelik. Die eerste vlak van bestuur het betrekking op die privaat-ekwiteit fonds se onderliggende portefeulje maatskappye waarin die fonds belê en dit sal onder andere 'n bespreking oor die pligte van die fondsbestuurder, veral in hul hoedanigheid as direkteure op die direksies van bogenoemde onderliggende portefeulje maatskappye, insluit. Die tweede vlak van bestuur het betrekking tot die privaat-ekwiteit fonds self, wat fokus op die verhouding tussen die privaat-ekwiteit firma en die beleggers wat belê in die privaat-ekwiteit fonds. Hoofstuk vier ondersoek twee belangrike struikelblokke naamlik belastingwetgewing en alternatiewe om uit beleggings uit te tree; en toon hoe wetgewing effektief die eersgenoemde kan aanspreek en hoe die gebrek aan uittreemoontlikhede 'n struikelblok vir die groei van die plaaslike privaat-ekwiteit bedryf kan wees. Hoofstuk vyf stel voor dat die ontwikkeling van ʼn regulatoriese raamwerk slegs suksesvol sal wees indien die deelnemers aan die privaat-ekwiteit bedryf die nadele en werklike risiko's van die privaatekwiteit bedryf op die Suid-Afrikaanse finansiële stelsel erken en aktief aanspreek.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/103466
This item appears in the following collections: