Van drama na draaiboek : ’n vertaalteoretiese beskouing van die herskrywing van Faan se trein uit dramateks in draaiboek
Date
2018-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this thesis translation strategies were applied and investigated in the film adaptation of Faan se trein (Fourie 1975) from play to shooting script to film (2014). The analysis is done from a descriptive translation approach and the film adaptation model of Lawrence Venuti (2007) in his article “Adaptation, translation, critique” is applied to the texts. Die purpose of this study is to establish whether the function of the source text was translated into the target text and the manner in which said function changed during the adaptation process. The focus of this research was on the structural shifts (macro elements) and the thematic shifts (micro elements) of the film adaptation.
The introductory chapter is followed by a theoretical discussion of the most prominent translation theories applicable to this research. The map of translation theory by Holmes (in Toury 1995) were discussed by applying specific theories such as André Lefevere’s rewriting and manipulation theory (1992) and cultural norms by Gideon Toury (1995). The film adapation theories of Patrick Catrysse (1992) and Brian McFarlane (1996) as well as the concept of intersemiotic translation by Roman Jakobson (1963) were further discussed by applying them to the above translation theories. The practical application of the structural shifts during the rewriting process were discussed in the following chapter. In this practical application the narrative structure were identified, the terms transporation and adaptation were discussed and as such applied to the story, plot, characterisation and the spatiality, both physical and atmospheric, of the source text and the film.
In the last practical chapter the thematic shifts are discussed. Several scenes from the play are compared to the scenes in the film in order to see how the adaptation process are influenced by ideological, economical and political factors in the target culture. The cultural norms and convensions of the rewriter and the audience are also discussed in this chapter to establish the way in which the interpretation of story elements are adapted to the target text. In light of the above-mentioned, the conclusion can be drawn that Faan se trein was adapted with the intention to keep the function of the source text in the target text. This study however showed that both the semiotic differences between the different mediums and the cultural, ideological and political contexts between the source and target text can lead to functional differences in the film to function optimally in the target culture.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word ondersoek ingestel na die vertaalstrategieë wat toegepas is tydens die herskrywing van Faan se trein uit dramateks (Fourie 1975) in draaiboek en rolprent (2014). In hierdie intratalige studie is die dramateks die bronteks en die rolprent die doelteks. Die analise word gedoen vanuit ’n beskrywende vertaalteoretiese benadering en die filmherskryfmodel van Lawrence Venuti (2007) in sy artikel “Adaptation, translation, critique” word op die tekste toegepas. Die doel van die navorsing is om vas te stel tot watter mate die funksie van die bronteks oorgedra word in die doelteks. In die studie is die fokus gerig op die strukturele verskuiwings (makro-elemente) en die tematiese verskuiwings (mikro-elemente) van die herskrywing. Die inleidende hoofstuk word gevolg deur ’n teoretiese uiteensetting van die vernaamste vertaalbenaderings wat vir die ondersoek relevant is. André Lefevere (1992) se herskryfteorieë en Gideon Toury (1995) se vertaalnorme is aan die hand van Holmes (in Toury 1995) se vertaalteoriekaart bespreek. Patrick Catrysse (1992) en Brian McFarlane (1996) se filmherskryfteorieë asook die konsep intersemiotiese vertaling (Jakobson 1963) is voorts aan die hand van bostaande vertaalteorieë bespreek. In ’n volgende hoofstuk is die strukturele verskuiwings tussen bronteks en doelteks toegepas. In hierdie praktiese toepassing word die narratiewe struktuur vasgestel, die terme transponering en verwerking word geïdentifiseer en vervolgens toegepas op die storie, plot, karakterisering en ruimte, sowel fisies as atmosferies. In die laaste toepassingshoofstuk word die fokus gerig op die tematiese verskuiwings tussen bron- en doelteks. Verskeie tonele uit die dramateks is vergelyk met die tonele in die rolprent om vas te stel op watter wyse die ideologiese, ekonomiese en politieke faktore in die doelkultuur die herskryfproses sal beïnvloed. Die kulturele norme en konvensies van die bron- en doelkultuur word bespreek om te bepaal op watter wyse die herskryf van storie-elemente deur die interpretasieproses beïnvloed word. In die lig hiervan is uiteindelik bepaal dat Faan se trein herskryf is uit dramateks met die beoogde doel om die funksie in die doelteks te behou. Hierdie studie toon ook dat sowel die semiotiese verskille tussen mediums as die kulturele, ideologiese en politieke kontekste tussen die bron- en doelkultuur tot funksionele verskille in die rolprent lei ten einde optimaal in die doelkultuur te funksioneer.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Faan se trein -- Film adaptation, Fourie, Pieter -- Faan se trein -- Criticism and interpretation, Film adaptation theories, UCTD