Self-directed learning readiness of nursing students in their fourth year of study in a public nursing college in Johannesburg, Gauteng Province, South Africa

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Background: Self-directed learning (SDL) is an essential skill for effective continuing professional development (CPD) to keep abreast of the rapid changes in nursing and nursing education. Nursing education aims at empowering students in training with the enquiry skills necessary for self-directed learning to render up-to-date and relevant health care and to become lifelong learners. The level of readiness for self-directed learning by nursing students graduating from the public nursing college is however not known. Research aim: The aim of the study was to determine the level of readiness for self-directed learning of fourth-year nursing students at a public nursing college in Gauteng Province. Objectives: The objective of the study was to measure the level of motivation of fourth-year nursing students for self-management, their desire for learning and their level of self-control to determine their level of readiness for self-directed learning. Design: A quantitative approach was applied using the logical research process to gather quantifiable evidence. The study design was a descriptive survey. Convenience sampling, a non-probability sampling method, was utilized. Fisher’s self-directed learning readiness (SDLR) scale for nurses was used to collect data. Such data included participants’ demographic characteristics, as well as their self-management, readiness to learn and self-control subscales. Fisher’s SDLR was tested for validity and reliability, with a Chronbach’s alpha of 0.98. Research Setting: The study was conducted at a public nursing college in Gauteng Province, responsible for the education and training of nursing students in the four-year diploma programme leading to registration as a Nurse (General, Psychiatric and Community) and Midwife according to South African Nursing Council (SANC) Regulation 425 (1985). The students attended classes in the college through a block system and were placed in the hospital units and community health centres for clinical experiential learning. In the fourth year of study the students are engaged with the Psychiatric and Community courses. Population and Sampling: The participants were fourth-year nursing students in a public nursing college. The total number of nursing students was 94 (N=94). Ten (n=10) participated in the pilot study. The results of the pilot study were discussed separately and were not included in the results of the main study. Eighty-four fourth-year students were invited to participate in the study, excluding the ten students who had participated in the pilot study. Sixty-three participants (n=63), accounting for a 75 percent response rate, completed the self-rating, self-directed learning readiness Likert scale. The students constituted a mixed group of 55 female and eight males, with a mean age of 29. The data was analysed using inferential and descriptive statistics with the IBM Social Sciences Product for Statistics (SPSS) version 24, 2016. The results disclosed a high level of SDL among the fourth-year students with 87.3 percent of the students achieving scores higher than 150: according to Fisher a score of 150-200 suggests adequate readiness for self-directed learning (2001:520). However 14.7 percent of students showed low levels of SDL. The demographic characteristics of the participants were statistically not significant as determinants of SDL readiness. Conclusion: The majority of the fourth-year students displayed an adequate level of readiness for self-directed learning. The nurse educators could encourage an enquiry-based approach to teaching and learning to inculcate a positive approach towards SDL for lifelong learning and effective engagement in continuing professional development.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Agtergrond: Selfrigtende leer (SRL) is ʼn noodsaaklike vaardigheid vir doeltreffende voortgesette professionele ontwikkeling om op die hoogte te bly van die snel veranderinge in verpleging en verpleegopvoeding. Verpleegopvoeding is gemik op die bemagtiging van studente deur hulle op te lei in die ondersoekvaardighede wat nodig is vir SRL om die nuutste en toepaslikste gesondheidsorg te bied en lewenslange leerders te word. Die gereedheidsvlak vir SRL onder studentverpleërs wat aan publieke verpleegkolleges gradueer, is egter nie bekend nie. Navorsingsdoel: Die doel van hierdie studie was om die gereedheidsvlak vir SRL van vierdejaarstudente by ʼn publieke verpleegkollege in die Gauteng-provinsie te bepaal, deur die motivering van vierdejaarstudente vir selfbestuur, begeerte na leer en vlak van selfbeheer te meet. Doelstelling: Die doelstelling van die studie was om die gereedheidsvlak vir SRL by ʼn publieke verpleegkollege te bepaal deur die motivering van vierdejaarstudente vir selfbestuur, begeerte na leer en vlak van selfbeheer te meet. Ontwerp: ʼn Kwantitatiewe benadering was gebruik in ʼn logiese navorsingsproses om versyferbare bewyse in te samel. Die studie-ontwerp was ʼn beskrywende opname. Gerieflikheidsteekproefneming, ʼn niewaarskynlikheid-steekproefnemingsmetode, is gebruik. Fisher se selfrigtende leergereedheidskaal (SDLR) vir verpleërs was gebruik om data in te samel. Hierdie data het ingesluit die deelnemers se demografiese eienskappe, asook subskale rakende selfbestuur, gereedheid om te leer en selfbeheer. Fisher se SDLR is vir geldigheid en betroubaarheid getoets, en het ʼn Chronbach-alpha van 0.98 gelewer. Navorsingsomgewing: Die studie is by ʼn publieke verpleegkollege in die Gauteng-provinsie uitgevoer, wat verantwoordelik is vir die onderrig en opleiding van studentverpleërs in ʼn vierjaar-diplomaprogram, wat lei tot registrasie as ʼn verpleër (Algemeen, Psigiatrie en Gemeenskap) en Vroedvrou ingevolge Suid Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV) regulasie 425 (1985). Die kollege is op ʼn hospitaalperseel geleë, waar die vierdejaarstudente vir kliniese ervaringsleer geplaas word. Die studente woon klasse by die kollege op grond van ʼn blokstelsel by en word in hospitaaleenhede en gemeenskapsgesondheidsentra vir kliniese ervaringsleer geplaas. In die vierde studiejaar neem die studente psigiatrie- en gemeenskapskursusse. Populasie en steekproefneming: Die deelnemers was vierdejaar-verpleegstudente by ʼn publieke verpleegkollege. Die totale getal was 94 (N=94). Tien (n=10) studente het aan die loodsstudie deelgeneem. Die resultate van die loodsstudie is afsonderlik bespreek en is nie by die resultate van die hoofstudie ingesluit nie. Vier en tagtig vierdejaarstudente is genooi om aan die navorsingsprojek deel te neem, insluitende die tien studente wat aan die loodsstudie deelgeneem het. Drie en sestig deelnemers (n=63), wat ʼn 75 persent-responskoers verteenwoordig, het die selfbeoordelende, selfrigtende leergereedheid-Likertskaal voltooi. Die studente het uit ʼn gemengde groep van 55 vroue en 8 manstudente bestaan, met ʼn gemiddelde ouderdom van 29 jaar. Die data is met inferensiële en beskrywende statistiek ontleed met behulp van die IBM Statistical Package for the Social Sciences- (SPSS-) program, weergawe 24, 2016. Die resultate het ʼn hoë vlak van SRL onder die vierdejaarstudente getoon, met 87.3% van die studente wat tellings bo 150 behaal het. Volgens Fisher toon ʼn telling van 150 tot 200 voldoende gereedheid vir SRL. Uit die deelnemers het 14.7 persent egter lae vlakke van SRL getoon. Die demografiese eienskappe van die deelnemers was statisties onbeduidend as bepalers van SRL-gereedheid. Gevolgtrekking: Die meerderheid vierdejaarstudente het ʼn voldoende gereedheidsvlak vir SRL getoon. Verpleegopvoeders kan ʼn ondersoekgebaseerde benadering tot onderrig en leer aanmoedig om ʼn positiewe benadering tot SRL vir lewenslange leer en doeltreffende betrokkenheid by voortgesette professionele ontwikkeling in te skerp.
Description
Thesis (MCur)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
UCTD, Self-managed learning, Nursing students -- Continuing education, Career delepment
Citation