’n Ondersoek na Ronelda Kamfer se poësie aan die hand van bell hooks se filosofie oor ras en taal

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: With her debut collection Noudat slapende honde in 2008, Ronelda S. Kamfer became the first woman of colour to publish a complete volume of poetry through a mainstream Afrikaans publishing house. Despite the historical significance of this publication, copious media interest and multiple nominations for literary prizes, the fact remains that few academic analyses of Kamfer’s poetry have been undertaken. This study is based on the theorising of black American feminist and philosopher, bell hooks, whose work is, firstly, exposited and secondly, adapted for the interpretation of Kamfer’s poetry in the South African context. Emphasis is placed on the constructs of race and language, as discussed, among others, by hooks in her collection of essays Yearning: Race, gender and cultural politics (1990). Due to the intertwined nature of these concepts with the general discourse surrounding black feminist issues, other terms like gender and class are also employed where applicable. Research elucidating the South African and Afrikaans contexts is brought to light to span the divide between the American and South African contexts. Poems from all three volumes of Kamfer’s poetry – Noudat slapende honde (2008), grond/Santekraam (2011) and Hammie (2016) – are discussed. In investigating Kamfer’s poems, hooks’s theories prove to be a rewarding read and provide a framework for inter-preting Kamfer’s poems. Concerning race, a multiplicitous view on coloured identity and a critical engagement with whiteness are emphasised, with the goal of forming a radical coloured (female) subjectivity. The poet-speaker’s use of counter language and her implementation of Afrikaans forms an oppositional perspective, which is reminiscent of hooks. Various similarities between hooks and Kamfer are identitfied, most notably the use of accessible language, a critical perspective, and an interest in pop culture. One finally reaches the conclusion that this theoretical framework can be applied successfully not only to Kamfer’s work, but also to other coloured Afrikaans poets. It could also be adapted for interpretation in other literary fields such as prose, and more accessible forms such as slam poetry or rap.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Ronelda S. Kamfer word met die verskyning van haar debuutbundel, Noudat slapende honde, in 2008 die eerste bruin/swart vroueskrywer wat ’n volledige Afrikaanse digbundel by ’n hoofstroomuitgewery publiseer. Ten spyte van die historiese belang van hierdie ge-beurtenis, die groot belangstelling in die media en verskeie nominasies vir literêre pryse, is daar nog betreklik min akademiese studies oor Kamfer se werk onderneem. In hierdie tesis word die teoretisering van die swart Amerikaanse feminis en filosoof bell hooks eerstens uiteengesit en tweedens aangepas vir die interpretasie van Kamfer se ge-digte in die Suid-Afrikaanse konteks. Die klem val op die konstrukte ras en taal, soos deur hooks onder meer bespreek in die bundel essays getiteld Yearning: Race, gender and cultural politics (1990). Weens die verweefdheid van hierdie konsepte met ander uit die swart feministiese diskoers, word terme soos klas en gender ook betrek waar dit op Kamfer se gedigte van toepassing is. Verskeie (Suid-)Afrikaanse bronne word ingespan om die gapings tussen die Amerikaanse en Suid-Afrikaanse kontekste, spesifiek die Afrikaanse literêre sisteem, te oorbrug. Gedigte uit al drie van Kamfer se bundels, Noudat slapende honde (2008), grond/ Santekraam (2011) en Hammie (2016), word tematies bespreek. hooks se teoretisering blyk ’n waardevolle raamwerk vir ’n interpretasie van Kamfer se gedigte te bied. Wat die tematiek ras betref, word ’n veelvuldige bruin/swart identiteit en ’n kritiese ingesteldheid teenoor witwees belig, terwyl die vorming van ’n bruin/swart (vroulike) subjektiwiteit vooropgestel word. Uit die omgang met Afrikaans en die digter-spreker se gebruik van ’n eie teen-taal word ’n weerstandsmotief en opposisionele perspektief, wat herinner aan hooks, uit Kamfer se gedigte afgelei. Verskeie ooreenkomste word uiteindelik tussen hooks en Kamfer geïdentifiseer, onder meer die fokus op ’n toeganklike taalgebruik, ’n kritiese ingesteldheid en ’n belangstelling in die popkultuur. Daar word ten slotte tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie teoretiese raamwerk ook met sukses op die werk van ander bruin/swart digters, mans sowel as vroue, toegepas kan word. Dit kan selfs ingespan word om ander na-vorsingsgebiede te ondersoek, soos byvoorbeeld die prosa of toegankliker poësievorme soos podiumpoësie en rap.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Afrikaans poetry -- Criticism and interpretation, Kamfer, Ronelda -- Poetry -- Criticism and interpretation, Hooks, Bell, 1952- -- Criticism and interpretation, UCTD
Citation