2018-04-25: Maintenance complete, please report any unexpected behaviour to scholar@sun.ac.za.

Registered Counsellors at a crossroads: Current status, professional identity and training realities

Fisher, Laura Diane (2017-12)

Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2017.

Thesis

ENGLISH SUMMARY: The Registered Counsellor (RC) category within the profession of psychology in South Africa was envisaged to create ground swell for scaling up access to and provision of mental health care services nationally. The RC category echoes Community Psychology’s (CP) call to engage in a value based, transformed psychology that shifts from a biomedical model focusing upon individual mental distress towards a psychology that is relevant to individuals and groups embedded within diverse community realities. The overarching aim of this research study was to explore the current status of the RC category and the lived experience of RCs with a focus on their journey of professional identity construction as well as the realities and challenges for training RCs. The study was undergirded by an interpretivist social phenomenological research paradigm within which a multimethod sequential research design guided the research. Survey research was employed to access a well-defined sample of RCs (n=687) in order to address the current status of the RC category and to access a sample of academics from 13 Higher Education Institutions (HEIs) who provided insights into the realities and challenges for training RCs. Qualitative interviewing was used to investigate the lived experiences of 26 RCs. The study reveals that the RC category in South Africa is at a cross roads and illuminates the current status of the RC category, the RCs journey of professional identity construction, and their training realities. A macro perspective of the current status of RCs shows that the category remains small compared to the population it is envisaged to serve and disproportionate to the racial and geographical characteristics of the country. Concern is raised regarding the category’s ability to deliver on its intended purpose. For RCs professional identity construction is a journey of Readying; Becoming; Aspiration and Vision; Reality kicks in and Choosing. The journey is an organic, dynamic and continuous journey embedded within a multi-layered ecosystemic context within which a dichotomy of ecosystemic realities exists that mediates the RCs ability to meaningfully construct their professional identity as RCs or not. The realities and challenges of training (or not training) RCs show that, although there is general institutional recognition within Higher Education in South Africa of the need to train RCs, many have abandoned the training owing to the (non) viability of the training at a number of levels. For academics who continue to run BPsych (RC) training, offering the training is challenging but they feel they have institutional strength to do so. Several recommendations are made to reposition the professional status and training priorities for the nascent RC category.

AFRIKAANS OPSOMMING: Gegewe die agtergrond van ’n nasionale konteks in beroering, stygende vlakke van armoede, werkloosheid en sosiale onrus, was die kategorie van Geregistreerde Berader (GB) binne die sielkundeberoep veronderstel om die begin te wees van pogings om toegang tot en voorsiening van nasionale geestesgesondheidsorgdienste te verbeter. Die GB-kategorie weerklink die behoefte van Gemeenskapsielkunde (GS) om deel te wees van ’n waardegebaseerde, getransformeerde sielkunde wat wegskuif uit die biomediese model wat fokus op individuele geestelike nood na ’n sielkunde wat relevant is vir individue en groepe wat in diverse gemeenskapsrealiteite ingebed is. Die praktykbestek van die GB was aanvanklik om geestesgesondheidsorg en sielkundige intervensies te bied wat fokus op ondersteunende berading, voorkoming, ontwikkeling, gemeenskapskonsultasie, bevordering van geestesgesondheid, psigo-opvoeding en voorspraak, alles met die doel om geestesgesondheid en welstand te bevorder. GB’s is ’n ontluikende uitvoering van GS se agenda. Die oorhoofse doelwit van hierdie navorsing was om die huidige status van die GB-kategorie en die geleefde ervarings van GB’s te ondersoek met 'n fokus op hulle reis van professionele identiteitsvorming binne die sielkundeberoep in Suid-Afrika. Die werklikhede en uitdagings ten opsigte van die opleiding van GB’s is ook ondersoek. Die studie is begrond in ’n interpretivistiese sosiale fenomenologiese navorsingsparadigma waarbinne ’n multimetode sekwensiële navorsingsontwerp gebruik is. ’n Opname is eers gebruik om toegang te kry tot ’n goed-gedefinieerde steekproef GB’s (n=687) om die huidige status van die GB-kategorie te ondersoek. Daarna is kwalitatiewe onderhoude ingespan om die geleefde ervaringe van 26 GB’s na te spoor, en ’n steekproef akademici van 13 hoër onderwysinstellings het verdere insigte verskaf aangaande die werklikhede en uitdagings verwant aan die opleiding van GB’s. Die bevindinge verskaf ’n makro-perspektief van die huidige status van GB’s in Suid-Afrika en belig bekommernisse oor die kategorie diensverskaffers se vermoë om die aanvanklike doel te bereik. Die kategorie bly klein in vergelyking met die bevolking wat dit moet bedien. Dit is ook buite verhouding met die rasse- en geografiese eienskappe van die land. Hierdie bevindinge toon dat daar blywende disproporsionaliteit is tussen sielkunde praktisyns en die Suid-Afrikaanse bevolking. Die bevindinge toon verder dat die geleefde ervaringe van GB’s ’n reis van professionele identiteitskonstruksie inhou op ’n kontinuum van ‘Gereedmaking’; ‘Wording’; ‘Aspirasies en Visie’; ‘Realiteit skop in’ en ‘Keuse’. Die reis is ’n organiese, dinamiese en voortdurende reis, ingebed in ’n veelgelaagde ekosistemiese konteks waarbinne daar 'n digotomie van ekosistemiese realiteite bestaan wat die GB se vermoë om hulle professionele identiteit as GB te vorm, beïnvloed. Drie temas het na vore gekom rakende die werklikhede en uitdagings ten opsigte van die opleiding (of nie-opleiding) van GB’s: Algemene institusionele erkenning van die behoefte om GB’s op te lei; die (nie) lewensvatbaarheid daarvan om BPsig (GB) opleiding te verskaf; en die institusionele krag waaroor die wat wel BPsig (GB) opleiding verskaf, glo hulle beskik. Die werklikhede en uitdagings wat uitgelig is, het gelei daartoe dat baie instellings die BPsig (GB) opleiding gestaak het, en dit het ʼn invloed op die GB’s se reis na professionele identiteitsvorming. Die studie sluit af met verskeie aanbevelings ten einde die professionele status en opleiding van die ontluikende GB-kategorie aan te spreek.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/102980
This item appears in the following collections: