2018-04-25: Maintenance complete, please report any unexpected behaviour to scholar@sun.ac.za.

Identiteitskonfigurasies in wit Afrikaanse rap-musiek met spesifieke verwysing na Die Antwoord, Jack Parow en Bittereinder

Klopper, Annie Elizabeth (2017-12)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2017.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This study investigates identity configurations in white Afrikaans rap music, by focusing on rap artists Die Antwoord, Jack Parow and Bittereinder. Rap is a constituent element of hip-hop, a cultural form that developed during the 1970’s among the socio-politically and economically marginalised youth of New York’s South Bronx, and harbours a connection to black oral cultural traditions stretching back hundreds of years. Since the establishment of hip-hop, rap continued evolving and expanding its reach globally. It has been localized beyond North America as a mechanism – among many others – utilised in the continuous processes of cultural formation and identity configuration. Hip-hop is thus a glocal art form; global in reach but where it is adapted at a local level, it morphs to meet local realities and assumes a distinctive local character. Since its inception, hip-hop has aroused a steadily growing interest among academics. Whereas erstwhile examinations explored it as an African-American cultural form, studies have since the turn of the century increasingly focused on the variety of hip-hop’s local permutations, across continents and languages. This shift in focus entails a closer interest in the ways in which hip-hop functions in the continuation of local oral practices, processes of cultural formation and identity configuration. Popular music provides a space wherein South African youth actively and continuously reconfigure identity and interrogate associated issues surrounding it. This dissertation contributes to not only the discourse on local popular music and identity, but also to the discourse on the varied glocal permutations of hip-hop, by focusing on the development and the nature of white Afrikaans rap music. This follows local whiteness studies post-1994 democratisation which zeroes in on whiteness, centralised and normalised by the legacy of colonialism and the apartheid regime, to critically appraise its meaning and challenge its centrality. In doing this, and by exploring white artists utilising a historically black cultural form in various ways, the notion of essential or fixed identities are contested. To identify the symbolic capital of rap music, as well as to recognise its nature and characteristics, this study investigates the development of hip-hop culture whilst acknowledging the oral traditions preceding and influencing it. Earlier permutations of South African hip-hop during the 1980s and 1990s are examined. This is followed by the case studies, exploring Die Antwoord, Jack Parow and Bittereinder. Considering the uniqueness of the South African context, an interdisciplinary qualitative analysis is necessary to make sense of the ways in which local white rappers are actively negotiating identity, through an originally black cultural form. In conclusion, I argue that hip-hop is deployed in ongoing local processes of creolisation of language and music by (the very) means of language and music themselves.

AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word identiteitskonfigurasies in wit Afrikaanse rap-musiek ondersoek, met spesifieke verwysing na die rap-kunstenaars Die Antwoord, Jack Parow en Bittereinder. Rap is ’n wesenlike element van hip-hop, ’n kultuurvorm wat gedurende die 1970’s onder die sosiopolities en ekonomies gemarginaliseerde jeug in New York se Suid-Bronx ontwikkel het, maar wat ook ’n verbintenis het met swart mondelinge praktyke wat eeue terug strek. Sedert die ontstaan van hip-hop het rap daarmee saam aangehou om te evolueer en die wêreld oor te versprei, waar dit op verskeie plaaslike vlakke buite Noord-Amerika ingespan word as een van vele meganismes in die voortgaande prosesse van kultuurskepping en identiteits-konfigurasie. In hierdie sin is hip-hop ’n glokale kunsvorm, omdat dit ’n globale verskynsel is wat op plaaslike (lokale) vlak aangepas word om te voldoen aan plaaslike vereistes, waar dit dan ook ’n plaaslike karakter verkry. Hip-hop geniet wêreldwyd al hoe meer belangstelling in die akademie, maar waar dit aanvanklik ondersoek is as swart Amerikaanse kultuurvorm, het daar sedert die eeuwending ’n tendens ontwikkel om ook die onderskeie plaaslike permu-tasies van hip-hop op verskillende vastelande en in verskeie tale te ondersoek om meer te wete te kom van die rol wat dit in terme van die voortsetting van plaaslike mondelinge praktyke, en prosesse van kultuur- en identiteitskonfigurasies speel. Populêre musiekvorme is een van verskeie ruimtes waarbinne die Suid-Afrikaanse jeug op aktiewe wyse voortdurend kwessies van identiteit ondersoek en konfigureer. In hierdie proefskrif word daar toegetree tot sowel die diskoers oor plaaslike populêre musiek en identiteit, as die diskoers oor die verskeie glokale permutasies van hip-hop deur die ontwikkeling en aard van wit Afrikaanse rap-musiek te ondersoek. Die studie sluit ook aan by plaaslike witheidstudies waar wit identiteit sedert demokratisering in 1994 toenemend onder die soeklens kom en op dié wyse word die sentrale magsposisie wat witheid weens die koloniale en apartheidsgeskiedenis beklee het, krities beskou en uitgedaag. Sodoende, en deur die ondersoek na wit kunstenaars wat op verskeie wyses ’n histories swart kultuurvorm inspan, word enige nosie van essensiële of vaste identiteite betwis. ’n Ondersoek na die hip-hop-kultuur en die mondelinge tradisies wat dit voorafgegaan het, word ingestel ten einde die simboliese kapitaal, aard en kenmerke van rap-musiek te identifiseer. Daar word ook gekyk na die eerste permutasies van hip-hop in Suid-Afrika gedurende die 1980’s en 1990’s. Drie gevallestudies volg daarop, naamlik van Die Antwoord, Jack Parow en Bittereinder. Deur op interdissiplinêre wyse te werk te gaan, word ’n kwalitatiewe ondersoek ingestel na die maniere waarop hierdie wit plaaslike rappers deur middel van die gebruik van ’n oorspronklike swart kultuurvorm met die kwessie van identiteit omgaan, inaggenome die unieke Suid-Afrikaanse konteks. Uiteindelik word daar getoon hoe hip-hop gebruik word in die immer ontwikkelende plaaslike prosesse van die kreolisering van taal en musiek deur taal en musiek.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/102957
This item appears in the following collections: