Die "grense van menswees" en insekwording in Willem Anker se Samsa-masjien (2015)

Date
2016-08-23
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
In hierdie artikel ondersoek ek die rol van insekte in Willem Anker se toneelstuk Samsa-masjien (2015). Anker se stuk handel oor ’n bejaarde demensielyer, Gregor Samsa, wat saam met sy vrou Josefine by hulle dogter en skoonseun woon. Gregor en Josefine ondergaan albei ’n tipe insekwording waarin hulle al hoe meer soos insekte begin optree. Deel hiervan is dat hulle met klanke en geraas in plaas van taal kommunikeer. Samsa-masjien eindig met die dood van Gregor en Josefine. Ek maak gebruik van die raamwerk van mens-dier-studies (MDS), waarin die fokus op die verweefdheid van mens en dier is. MDS is ’n interdissiplinêre veld wat insigte uit denkrigtings soos die filosofie en posthumanisme betrek. In my bespreking maak ek dan ook gebruik van Deleuze en Guattari (2005) se konsep van dierwording en Derrida (2002) se stelling dat taal die grootste skeiding tussen mens en dier is. Ek verwys verder na Diamond (2008) se uitgangspunt dat die grens tussen mens en dier oorskry word as die mens bewus word van sy/haar liggaamlikheid en weerloosheid. My gevolgtrekking is dat Samsa-masjien, ’n verhaal wat uiteindelik oor mense gaan, wel die grens tussen mens en dier afbreek. Die oorskryding van grense strek selfs verder deurdat die skeiding tussen mens, dier en masjien opgehef word. Gregor en Josefine ondergaan ’n posthumanistiese wording waarin die humanistiese subjek nie meer bestaan nie. Hulle verset hulle teen ’n kunsmatige, kliniese hedendaagse verbruikerskultuur deur vuil te word, “dier” te word, liggaam te word. Die grens tussen mens en dier word finaal oorskry deur Gregor en Josefine se weerloosheid en dood: dit wat mens en dier met mekaar verbind. Die dood is egter nie ’n einde nie, maar net nog ’n wording in die voortdurende verandering en beweging van die versplinterde nomadiese subjek.
Description
CITATION: Barendse, J.-M. 2016. Die "grense van menswees" en insekwording in Willem Anker se Samsa-masjien (2015). LitNet Akademies, 13(3):1-25.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za
Keywords
Anker, Willem, Posthumanism
Citation
Barendse, J.-M. 2016. Die "grense van menswees" en insekwording in Willem Anker se Samsa-masjien (2015). LitNet Akademies, 13(3):1-25.