Die gebruik van die RRDI deur minder ervare sangonderwysers vir die kies van Suid-Afrikaanse lied repertorium vir sangeresse

Van Lill, Adre (2017-03)

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Singing teachers need fundamental knowledge to be able to make good repertoire choices. There is, however, no standard model or procedure, according to which these choices can be made. Less skilled singing teachers can, owing to a lack of experience, struggle with this process. Singing teachers who have been doing this for a number of years, have various types of knowledge, or what David Elliott refers to as educatorship. This enables them to use the best practice for selecting repertoire. This study examines a rating model, the Ralston Repertoire Difficulty Index (RRDI) that could possibly assist less experienced singing teachers in selecting repertoire. Questionnaires were completed by less experienced teachers in order to gain insight into the methods they employ. This verified whether there is a need for a rating model. The RRDI can unfortunately not be accepted on face value alone, because the model does not focus on a South African perspective. The advantages and challenges of the RRDI must therefore be examined in our context. The Grade 4 to 7 singing syllabus of the most acknowledged external music examination body in South Africa, the University of South Africa (UNISA), was used as case study. Eight songs by South African composers were analysed in two different ways. The first analysis focused on information obtained from interviews with more experienced singing teachers. The data from the interviews was analysed by means of content analysis. The second analysis utilized the original RRDI to determine the degree of difficulty of each song. A comparison of these two analyses indicates the usefulness and limitations of the model. It was found that the seven criteria of the RRDI can serve as a good departure for determining the degree of difficulty of a song. By making adjustments to the model, this can be a valuable tool that can give less experienced singing teachers a head start in developing their educatorship.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Sangonderwysers benodig grondige kennis om goeie repertoriumkeuses te maak. Daar bestaan egter nie ’n standaard model, of werkswyse, waarvolgens die keuses gemaak kan word nie. Minder ervare sangonderwysers kan, weens ’n gebrek aan ondervinding, met dié proses sukkel. Sangonderwysers wat vir ’n aantal jare in die praktyk staan, beskik oor verskeie tipes kennis, of wat David Elliott opvoederskap sal noem. Hierdie kennis stel hulle in staat om die beste praktyk vir die kies van goeie repertorium te gebruik. Hierdie studie bestudeer ’n graderingsmodel, die Ralston Repertoire Difficulty Index (RRDI), wat minder ervare sangonderwysers moontlik met repertoriumkeuses sal kan help. Vraelyste is deur minder ervare sangonderwysers ingevul om sodoende hul werkswyse beter te verstaan. Hierdeur is vasgestel of daar daadwerklik ’n behoefte aan ’n graderingsmodel is. Die RRDI kan egter nie net op sig waarde aanvaar word nie, want die model fokus nie op ’n Suid- Afrikaanse perspektief nie. Die voordele en uitdagings van die RRDI moet dus in die Suid-Afrikaanse konteks ondersoek word. Die Graad 4 tot 7 sang leerplanne van die mees erkende eksterne musiek eksamineringsliggaam in Suid-Afrika, die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA), is as gevalle studie gebruik. Agt liedere deur Suid-Afrikaanse komponiste is op twee verskillende wyses ontleed. Die eerste analise fokus op inligting wat deur onderhoude met ervare sangonderwysers verkry is. Die inligting is deur middel van inhoudsanalise ontleed. Die tweede analise gebruik die oorspronklike RRDI om die moeilikheidsgraad van elke lied te bepaal. ’n Vergelyking van hierdie twee analises dui die toepaslikheid en tekortkominge van die model aan. Daar is bevind dat die RRDI se sewe kriteria as ’n goeie uitgangspunt vir die bepaling van die moeilikheidsgraad van ’n lied kan dien. Deur aanpassings aan die model te maak kan die model ’n waardevolle instrument wees wat die minder ervare sangonderwysers ’n voorsprong in die ontwikkeling van hul opvoederskap sal gee.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/101106
This item appears in the following collections: