Analysing the role of ICT in rural community development: the case of Bakgoma Community Library in Makobe Village

Date
2017-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Rural development is a process that leads to the improvement of the lives of rural people. Information and Communication Technologies (ICTs) are an effective tool, amongst others, that can foster rural development. Community Based Information Centres (CBICs) are established with the purpose of bridging digital divides in rural areas. The purpose of this study is to analyse the role of ICTs in fostering rural community development focusing on BAKGOMA community library in Makobe village, within Mogalakwena Municipality, Waterberg district, Limpopo province. The study took a qualitative approach using a case study. The librarian, founders, local ward councillor and community development practitioner were identified as the main change agents and semi-structured interviews were conducted with them. Participant observation was also incorporated and users were observed; this was done to gather more data and to verify the collected data. The study has revealed that the centre is not being fully utilised as it is regarded as a centre for learners only. ICT facilities were highlighted as one of the main reasons users frequent the centre. The study has further revealed that there is a gap between the educated and uneducated. Little use of the centre by elderly people, lack of interest from the unemployed youth and poor newspaper supplies were some of the challenges that were highlighted. The study concludes that ICTs can foster rural development only if young and old, educated and uneducated people show support in established CBICs. The results imply that the community needs to be more exposed to effective ways that ICTs can improve their lives.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Landelike ontwikkeling is 'n proses wat lei tot die verbetering van die bestaan van landelike gemeenskappe. Inligting- en Kommunikasietegnologie (IKT) is 'n doeltreffende middel, onder meer, om landelike ontwikkeling te bevorder. Gemeenskapsgebaseerde Inligtingsentra (GGIS) is gevestig met die doel om die digitale kloof in landelike gebiede te oorbrug. Die doel van hierdie studie is om die rol van IKT te ontleed ten opsigte van bevordering van landelike gemeenskapsontwikkeling. Die fokus is vervolgens op die BAKGOMA openbare biblioteek in Makobe-dorpie binne Mogalakwena-Munisipaliteit, in die Waterberg-distrik, Limpopo-provinsie. Die studie het 'n kwalitatiewe benadering gevolg deur gebruik te maak van 'n gevallestudie. Die bibliotekaris, stigters, plaaslike wyksraadslede en ‘n Gemeenskapsontwikkelingspraktisyn is geidentifiseer as die belangrikste agente van verandering en semi-gestruktureerde onderhoude is met hulle gevoer. Deelnemende waarneming is ook toegepas en gebruikers is waargeneem. Dit is gedoen om meer inligting in te samel en om die data wat ingesamel is, te verifieer. Die studie het getoon dat die sentrum nie ten volle benut word nie aangesien dit beskou word as ‘n sentrum slegs vir leerders. IKT fasiliteite is uitgelig as een van die vernaamste redes waarom gebruikers gereeld die sentrum besoek. Die studie het verder aan die lig gebring dat daar 'n gaping bestaan tussen die opgevoede en onopgevoede persone. Bejaardes maak min gebruik van die sentrum terwyl daar ‘n gebrek aan belangstelling is onder werklose jong mense weens die swak voorsiening van koerante. Dít is van die uitdagings wat uitgelig is. Die studie het tot die gevolgtrekking gekom dat IKT in landelike ontwikkeling slegs bevorder sal kan word indien jonk en oud, opgevoede sowel as onopgevoede persone die gevestigde GGIS ondersteun. Die resultate impliseer dat die gemeenskap meer blootgestel moet word aan effektiewe maniere van hoe IKT hul lewens kan verbeter.
Description
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Rural development -- Mogalakwena (South Africa), Information and communication technology (ICT), Divide, Digital, Public libraries -- Mogalakwena (South Africa)
Citation