Homing : navigating the notions of home
Date
2017-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis investigates the complexities of home through the exploration of the
embodiment of architecture, both human and non-human. I see the notion of
home as a multifarious, visceral experience; therefore my investigation is
informed by my own lived experience. I investigate the notion of home in terms
of locale, history, identity and memory. My argument is informed by two
phenomenological texts, namely The Soul of the White Ant by South African poet
Eugene Marais and The Poetics of Space by French philosopher Gaston
Bachelard. I investigate these texts as well as the work of three selected South
African contemporary artists, namely Nicholas Hlobo, Joani Groenewald and
Zanele Muholi, in conjunction with my own artistic practice. I demonstrate the
concept of home as navigating through time and space by employing the use of
narrative in this thesis and the particular configuration of my art installations.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek die ingewikkeldheid van tuiste deur die vergestalting van menslike én nie-menslike argitektuur te verken. My ondersoek is geanker in my eie geleefde ervarings, en daarom sien ek die idee van tuiste as 'n veelsoortige, innerlik-beliggaamde ervaring. Ek ondersoek die idee van tuiste in terme van ligging, geskiedenis, identiteit en herinnering. My argument word ondersteun deur twee fenomenologiese tekste, naamlik The Soul of the White Ant deur die Suid-Afrikaans outeur Eugene Marais, en The Poetics of Space deur die Franse filosoof Gaston Bachelard. Ek ondersoek beide tekste, asook die werk van drie kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars, Nicholas Hlobo, Joani Groenewald en Zanele Muholi in verhouding tot my eie kunspraktyk. Deur die gebruik van narratief in die tesis en die spesifieke opset van my kunsinstallasies toon ek aan dat die idee van tuiste 'n reis deur tyd en ruimte behels.

Description
Thesis MA(VA)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Complexities of home, Marais, Eugène Nielen, 1871-1936 -- The soul of the white ant -- Criticism and interpretation, Bachelard, Gaston, 1884-1962 -- The poetics of space -- Criticism and interpretation, Embodiment of architecture, UCTD