Don Giovanni Alla breve - retaining authenticity in Lorenzo Da Ponte's libretto?

Date
2017-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Don Giovanni Alla Breve forms part of a new venture into opera performance that eliminates all the recitativi secchi from the original work and replaces it with English, Afrikaans and Xhosa dialogue. Furthermore, only the musical highlights are used resulting in a drastically shortened, dramatized concert version of Mozart and Da Ponte’s Don Giovanni. Although this concept has various obvious positive elements, I will be observing the production through the lens of authenticity in Western art music performance whilst engaging critically with current debates regarding this topic. Ultimately, the study aims to re-reduce Don Giovanni in an attempt to produce a Don Giovanni Alla Breve that aims to retain Da Ponte’s original plot, whilst communicating the still current social issues that Mozart had wanted to address in this opera. The argumentative flow of this thesis was born from a personal level of discomfort towards the manner in which Don Giovanni was reduced. As a participant observer in Don Giovanni Alla Breve, as fashioned by Opera in Darling, I set out to seek logical reasoning behind my discomfort. I started this study with an ethnographical chapter, attempting to relay a description of events as a participant observer in Don Giovanni Alla Breve. Through the course of this chapter I set out to seek the reasoning for my discomfort with the current Don Giovanni Alla Breve and the manner in which it was reduced. The thesis then goes into a comparative discussion on fifteen scenes from the current Don Giovanni Alla Breve and discusses how the libretti of these scenes compare to Da Ponte’s original libretto. This was executed to highlight the extent to which Da Ponte’s original Don Giovanni libretto had been altered in the current Don Giovanni Alla Breve libretto. Questioning the acceptability of the alterations made to Da Ponte’s original libretto leads to a critical discussion on the idea of authenticity in Western art music. My argument gains focus by discussing authenticity in opera, followed by a discussion on authenticity on opera libretti and concluding with a discussion on authenticity in Don Giovanni’s libretto as such. Not fully satisfied by the outcome of this discussion, I set out to anchor my argument towards an authentic Don Giovanni Alla Breve by looking elsewhere. The anthropologically related field of popular culture. The study concludes with my own re-reduction of Don Giovanni that aims to deliver a Don Giovanni Alla Breve that resides closer to the core of Da Ponte’s original Don Giovanni libretto, whilst considering the preceding discussions on topics relating to authenticity in Western art music.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Don Giovanni Alla Breve form deel van ‘n nuwe onderneming in opera uitvoering wat weg doen met die recitativi secchi van die oorspronklike werk en dit vervang met Engels, Afrikaans en Xhosa dialoog. Verder word slegs die bekendste musikale nommers gebruik. Dit lei tot ‘n drastiese verkorte, gedramatiseerde konsertweergawe van Mozart en Da Ponte se opera Don Giovanni. Alhoewel hierdie konsep verskeie voor die hand liggende, positiewe elemente bevat, gaan ek die produksie deur die lens van outentisiteit in Westerse kunsmusiek observeer, terwyl ek krities met die onlangste debatte oor die onderwerp omgaan. Uiteindelik beoog dié studie om Don Giovanni te herverkort in a poging om ‘n Don Giovanni Alla Breve te skep wat meer gebonde is aan Da Ponte se libretto se oorspronklike storielyn, terwyl die steeds relefante sosiale kwessies gekommunikeer word aan die gehoor. Die logiese vloei van argumente in die tesis was gebore vanuit ‘n persoonlike ongemak teenoor die wyse waarop Don Giovanni verkort is deur Opera in Darling. As ‘n deelnemende waarnemer in Don Giovanni Alla Breve, soos deur Opera in Darling in die lewe geroep, het ek die studie begin vir die daarstelling van ‘n logiese argument agter my ongemak. Ek begin dié studie met ‘n etnografiese hoofstuk as ‘n deelnemende waarnemer in Don Giovanni Alla Breve, wat poog om ‘n verduideliking van gebeurtenisse weer te gee. Deur die loop van die hoofstuk soek ek na ‘n logiese redenasie vir my ongemak met die huidige Don Giovanni Alla Breve en die manier waarop dit verkort was. Daarna volg ‘n vergelykende bespreking van vyftien tonele uit die huidige Don Giovanni Alla Breve. Hier analiseer ek hoe dié tonele vergelyk met Da Ponte se oorsponklike Don Giovanni libretto. Hierdie vergelyking word uitgevoer om die graad waartoe Da Ponte se oorsponklike Don Giovanni libretto verander was na vore te bring. Die bevraagtekening van bogenoemde veranderinge lei tot ‘n kritiese bespreking van die idee van outentisiteit van Westerse kunsmusiek. Die bespreking verkry fokus deur die bespreking van outentisiteit in opera, gevolg deur ‘n bespreking van outentisiteit in opera libretti en ter afsluiting, ‘n bespreking oor outentisiteit van die Don Giovanni libretto. Nie ten volle tevrede met die uitkoms van die bespreking nie, fundeer ek vervolgens my argument vir ‘n outentieke Don Giovanni Alla Breve in die antropologiese veld van populêre kultuur. Die studie word afgeluit met ‘n kreatiewe hoofstuk waar ek my eie herverkorting weergee wat daarop fokus om nader aan die kern van Da Ponte se oorspronklike Don Giovanni libretto te bly, terwyl die voorafgaande besprekings van oorsponklikheid in Westerse kunsmusiek, in gedagte gehou word.
Description
Thesis (MMus)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
Juan, Don (Legendary character), Operas. Stories, plots, etc., Librettos., Mozart, Wolfgang Amadeus, 1756-1791., Da Ponte, Lorenzo, 1749-1838., UCTD
Citation