Transit-oriented development (TOD) as a facilitator for urban development integration: case study: Du Toit train station precinct, Stellenbosch

Date
2017-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : There is a need for academic research to focus on solving or contributing to solving real-world societal problems. Transdisciplinary research (TDR) provides a way to produce functional and applicable research findings, which can be used to advance developmental causes. This TDR study explores ways in which South Africa’s spatial divide, entrenched through decades of discriminatory planning policies, can be restructured to bring about equitable access to places of employment, business, leisure and service for previously marginalised South Africans. It does by exploring the potential of the transit-orientated development (TOD) model to restructure and revitalise urban spaces in a collaborative model. The study focuses, through a case study, on the Du Toit station precinct in the town of Stellenbosch, on the peri-urban edge of the city of Cape Town, South Africa. The TOD model is increasingly viewed as an effective strategy for creating sustainable urban redevelopment initiatives, and it has been deployed successfully in other parts of the world. The model, which emphasises development density, diversity of land-use and infrastructure and transformative design, is customisable to a variety of country contexts. The study aims to answer questions related to the extent that the diverse stakeholders with interests in the Du Toit station precinct (such as the municipality, researchers, business owners and community members) could collaborate and use TOD principles to redevelop the precinct; and could the redevelopment of the precinct using the TOD approach facilitate urban mobility and spatial development integration. The study explores the historical legislative framework that encouraged segregation, presents the correlations between public transport planning and land-use activities, and describes the steps taken to establish the Bird Street/Du Toit station precinct urban district infrastructure improvement forum. The forum hosted a series of collaborative discussions focused on a future vision for the precinct. These discussions combined with the findings of focus group discussions and one-on-one interviews formed the basis for the drafting of a long-term strategic plan for redeveloping the precinct. TDR principles were used to design a case study approach that used mixed methods to collect and analyse data. Various research methods were used, including the abovementioned focus group discussions and interviews, as well as observation, transect walks and three software programmes: QRS NVivo, Tableau and ArcGIS. The TDR approach enabled the emergence of a structured and practical approach to the setting up of the forum. The outcomes are categorised as correlational findings on the relationship between public transport and infrastructure development, explorative findings that outline a detailed approach to establishing a multi-stakeholder discussion forum, and descriptive findings that provide the rationale for choosing the Du Toit station precinct as a suitable site for TOD implementation. In addition, the research presented detailed insights as to the process of collaborative vision creation. Research findings were triangulated using the software programmes to increase the validity and reliability of the findings. This research contributes to the professional development of TDR studies that are focused on urbanisation issues.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Daar is ’n behoefte aan akademiese navorsing om met oplossings of bydraes tot oplossings vir werklike samelewingsprobleme vorendag te kom. Transdissiplinere navorsing lewer funksionele en toepaslike navorsingsbevindinge op wat aangewend kan word om ontwikkelingsake te bevorder. Hierdie transdissiplinere navorsingstudie ondersoek maniere waarop die ruimtelike verdeeldheid van Suid-Afrika, wat deur dekades van diskriminerende beplanningsbeleide vasgele is, herstruktureer kan word om billike toegang tot plekke van indiensneming, sake, ontspanning en dienslewering vir voorheen gemarginaliseerde Suid-Afrikaners te bewerkstellig. Dít word gedoen deur ondersoek in te stel na die potensiaal van die model vir vervoergerigte ontwikkeling (“TOD”) om stedelike ruimtes op ’n samewerkende manier te herskik en te vernuwe. Deur middel van ’n gevallestudie konsentreer die navorsing op die Du Toitstasiegebied op die dorp Stellenbosch, wat op die buitestedelike rand van Kaapstad, Suid-Afrika, gelee is. Die TOD-model word al hoe meer beskou as ’n doeltreffende strategie vir die skep van inisiatiewe vir volhoubare stedelike herontwikkeling, en word met groot welslae in ander werelddele gebruik. Die model, wat klem le op ontwikkelingsdigtheid, diverse grondgebruik en infrastruktuur, sowel as transformasiegerigte ontwerp, kan vir ’n verskeidenheid nasionale kontekste pasgemaak word. Die studie beoog om na antwoorde te soek op vrae oor die mate waarin die diverse belanghebbendes by die Du Toit-stasiegebied (soos die munisipaliteit, navorsers, sake-eienaars en gemeenskapslede) kan saamwerk om die gebied volgens TOD-beginsels te herontwikkel, en of die herontwikkeling van die gebied met behulp van die TODbenadering stedelike mobiliteit en ruimtelike ontwikkelingsintegrasie sal kan fasiliteer. Hiervoor ondersoek die studie die historiese wetsraamwerk wat skeiding aangemoedig het, bied die korrelasies tussen openbare vervoerbeplanning en grondgebruikaktiwiteite aan, en beskryf die stappe om die forum vir infrastruktuurverbetering in stedelike distrikte met die oog op die Birdstraat/Du Toitstasiegebied op die been te bring. Die forum het ’n reeks samewerkende gesprekke aangebied om ’n toekomsvisie vir die gebied te ontwikkel. Hierdie gesprekke, tesame met die bevindinge van fokusgroepgesprekke en individuele onderhoude, het die grondslag uitgemaak vir die skryf van ’n langtermyn- strategiese plan vir die herontwikkeling van die gebied. Transdissiplinere navorsingsbeginsels word gebruik om ’n gevallestudiebenadering te ontwerp wat met behulp van gemengde metodes data insamel en ontleed. Verskillende navorsingsmetodes is gebruik, waaronder bogenoemde fokusgroepgesprekke en onderhoude, sowel as waarneming, deursneedatawandelings (“transect walks”) en drie sagtewareprogramme, naamlik QRS NVivo, Tableau en ArcGIS. Met die transdissiplinere navorsingsmetodologie kon ’n gestruktureerde en praktiese benadering tot die samestelling van die forum ontwikkel word. Die uitkomste word ingedeel in korrelasiebevindinge, wat die verwantskap tussen openbare vervoer en infrastruktuurontwikkeling toon; ondersoekende bevindinge, wat ’n omvattende benadering tot die skep van ’n gespreksforum met veelvuldige belanghebbendes bied, en beskrywende bevindinge, wat die beweegrede vir die keuse van die Du Toit-stasiegebied as ’n geskikte terrain vir die inwerkingstelling van TOD uiteensit. Daarbenewens bied die navorsing uitvoerige insigte in die proses van gesamentlike visieskepping. Navorsingsbevindinge is met behulp van die sagtewareprogramme getrianguleer om die geldigheid en betroubaarheid van die bevindinge te verhoog. Hierdie navorsing dra by tot die professionele ontwikkeling van transdissiplinere navorsingstudies wat op verstedelikingskwessies konsentreer.
Description
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Transit-oriented development -- Stellenbosch (South Africa), Interdisciplinary research -- Stellenbosch (South Africa), Integrated urban development framework, UCTD
Citation