An evaluation of the blended pedagogy applied in the Municipal Minimum Competence Program: the case of Drakenstein and Mossel Bay

Date
2017-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : The recognition of the highly complex and dynamic nature of service delivery in South Africa today has resulted in the requirement of municipal finance management reform which has been initiated by the Municipal Finance Management Act 56 of 2003 and various other pieces of legislation. The aim of the Municipal Finance Management Act is sustainable and sound financial management practices towards improving service delivery, through becoming more responsive to the evident underlying challenges with regard to the lack of competency concerning finance and supply chain management officials. The realisation of competency of said officials is administered by the School of Public Leadership as one of many service providers, through the Municipal Minimum Competency program of which two different training methods are utilised to conduct the program. The research hypothesis under study is to determine which of the two pedagogies, hereinafter referred to as the Drakenstein conventional and the Mossel Bay blended pedagogies has a better learning result on the competency of finance and supply chain management officials through the Municipal Minimum Competency program. The theoretical foundation of factors such as good governance principles, the aims and objectives of the MMC program, and vital knowledge constituting the technical skills of finance management through finance literacy and numeracy competence illustrates the role that capacity development plays in overcoming service delivery challenges at municipal level in terms of finance management. Furthermore, the legislative framework guiding local government specifically affecting the MFMA, shows the means by which sound finance management must be realised. The legislative framework also provides a guide which municipal finance and supply chain management officials must adhere to, as no government responsibilities can be fulfilled outside the framework of the law. The identification of the differences between the structure, strengths and weaknesses of training modes under study pertaining to the Drakenstein conventional and Mossel Bay blended Training modes provided information substantiating the analysis of the results. The collection of data specific to the two training modes required an empirical evaluation study to be utilised which involved a mixed methods approach including both numerical and textual data. The sample size of the study was determined through the willingness of learners from each municipality to participate, as well as the submission of feedback on both pre-course evaluations issued before commencement of the contact sessions and post course evaluations issued after the completion of each training case. Kirkpatrick’s model determined the steps taken in defining the learning results of the training of which only Levels One, “reaction” and Two, “learning”, has been completed,. The two levels guided the collection of information used to conduct an evaluation of the training modes applied in the Municipal Minimum Competence Program which included pre and post course evaluations of each pedagogy. The analysis and interpretation of the reaction and learning of each training mode illustrated here revealed no significant differences between the two. However, it can be concluded that, due to differences in the learning level and the reactions towards the training event, which provided factors that affected performance in Level Two learning, evidence provided by analysis of the case studies indicated that the Drakenstein Conventional Training gained a higher performance rating in the evaluation of the training modes affecting the realisation of Municipal Finance Management Act. Higher levels of competency were attained. This finding provides ground for recommendations to adjust the Blended Training method in order to eliminate shortcomings.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Erkenning van die huidige uiters komplekse en dinamiese aard van dienslewering in Suid-Afrika het gelei tot die vereiste dat munisipale finansiele bestuur hervorm word soos deur die Wet op Munisipale Finansiele Bestuur en ’n verskeidenheid verdere wetgewing geinisieer. Die doel van die Wet is volhoubare en gesonde finansiele bestuurspraktyke vir die verbetering van dienslewering, deur al hoe meer gevoelig te wees vir die duidelik onderliggende uitdagings met betrekking tot die gebrek aan bevoegdheid onder amptenare wat by die bestuur van finansies en die verskaffingsketting betrokke is. Die verwesenliking van die bevoegdheid van die genoemde amptenare is deur die Munisipale Minimum Bevoegheidsprogram van die Skool vir Publieke Leierskap, een van vele diensverskaffers, geadministreer. Twee verskillende opleidingsmodusse is gebruik. Die navorsingsprobleem wat aangespreek is, was om te bepaal watter een van die twee opleidingsmodusse van die Munisipale Minimum Bevoegheidsprogram, hier na verwys as die Drakenstein konvensionele en Mosselbaai vermengde modusse, 'n groter impak het op die bevoegdheid van amptenare om finansies en die voorsieningsketting te bestuur, wat op sy beurt die verwesenliking van die Wet op Munisipale Finansiele Bestuur se doelwitte betrek. Die teoretiese grondslag van faktore soos goeie bestuursbeginsels, die doelstellings en doelwitte van die Munisipale Minimum Bevoegheidsprogram, en noodsaaklike kennis betreffende tegniese vaardighede vir finansiele bestuur deur finansiele geletterdheid en gesyferdheidsbevoegdheid illustreer die belangrikheid van kapasiteitsontwikkeling om diensleweringsuitdagings in terme van finansiele bestuur op munisipale vlak te oorkom. Verder toon die wetgewende raamwerk wat al drie regeringsvlakke, maar veral plaaslike regering spesifiek met betrekking tot die Wet op Munisipale Finansiele Bestuur begelei, die manier waarop gesonde finansiele bestuur bewerkstellig moet word. Die wetgewende raamwerk bied ook ’n riglyn waaraan munisipale amptenare in beheer van finansies en die verskaffingsketting moet voldoen, aangesien geen regeringsverantwoordelikhede buite die raamwerk van die wet nagekom kan word nie. Die identifisering van die verskil tussen die struktuur en sterk- en swakpunte van die opleidingsmodusse wat met betrekking tot die Drakenstein konvensionele en Mosselbaai vermengde metodes bestudeer is, het inligting verskaf wat die ontleding van die resultate gestaaf het. Versameling van spesifieke data vir die twee opleidingsmodusse het die gebruik van ’n empiriese evalueringstudie vereis, waarvoor 'n gemengde metodes benadering met insluiting van beide numeriese en tekstuele data gevolg is. Die steekproefgrootte is bepaal deur die bereidwilligheid van leerders uit elke munisipliteit om deel te neem, sowel as die voorlegging van terugvoer oor die twee evaluerings wat die kursus voorafgegaan het en voor die aanvang van die kontaksessies uitgereik is, en kursusevaluerings ná voltooiing van elke opleidingsessie. Kirkpatrick se model is gebruik vir die stappe wat gevolg is om die impak van die opleiding te bepaal op Vlak Een, “reaksie” en Twee, “leer”. Die twee vlakke het die versameling van inligting vir die evaluering van die impak van die opleiding begelei deurdat evaluering van elke opleidingsmetode vóór en ná die kursus uitgevoer is. Die ontleding en vertolking van die reaksie en leer met betrekking tot elk van die geillustreerde opleidingsmodusse het geen betekenisvolle verskille tussen die twee aan die lig gebring nie. Dit kan egter afgelei word dat getuienis van faktore wat as gevolg van geringe verskille in die vlak van leer en reaksies teenoor die opleiding deur ontleding van die gevallestudies gelewer is, prestasie in die Vlak Twee leer beinvloed het en 'n hoer prestasiegradering met betrekking tot die evaluering van impak op Munisipale Finansiele Bestuur aan die Drakenstein konvensionele opleiding verskaf het. Hoer vlakke van bevoegdheid is bereik. Hierdie bevinding bied ’n basis vir aanbevelings om die vermengde opleidingsmetode aan te pas ten einde tekortkominge uit te skakel.
Description
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Municipal services -- Finance, Municipal services -- Administration, Public, Municipal minimum competency program, Municipal government -- Drakenstein Local Municipality (South Africa), Municipal government -- Mossel Bay (South Africa), UCTD
Citation