Transformative collaborative governance relations towards sustainability: the case of the Stellenbosch River Collaborative
Date
2016-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : This thesis challenges and complements the transdisciplinary inquiry into the governance of commons. Using a combination of auto-ethnography and participatory action research I contribute to the call to “rethink governance in management research” (Tihanyi, Graffin & George, 2014: 1535). I approached this exploration by revealing how corporate actors engage with a variety of stakeholders and public and private partnerships, and work at different levels of analysis to make and sustain shared commitments to an endangered commons. The thesis inductively shows how corporate actors broaden their understanding of what constitutes governance and when, why and especially how they progressively and cooperatively reclaim governance responsibility and authority beyond the existing corporate boundary and jurisdiction.
Elinor Ostrom received the Nobel Prize in Economics in 2012 for her reinterpretation of Stakeholder Theory to emphasize the multiplicity, variety and legitimacy of stakeholder interests in contexts where attempts at and terms of collaborative investments are held back by disagreements, ambiguity, and complexity. While Ostrom’s work brings the socio-economic eco-system to the foreground of governance, it underspecifies how corporate actors (re)engage with natural objects within the commons they are working to protect and preserve, and how these engagements update their own understanding and practice of corporate governance.
My four-year participatory action research facilitated, documented and reflected on the shifting contributions of corporate actors in the collaborative emergence of the Stellenbosch River Collaborative (SRC) in the Eerste River Catchment (ERC) in South Africa. I inductively develop new theory on the transition of corporate actors from transactional to transformative governance by showing how they gradually re-defined their relationship with a natural object within the socio-economic ecosystem they were embedded in and interdependent with (the Eerste River). By developing, defining and illustrating three sequential stages of engagement by corporate actors with the river, and explaining how their conceptualization of what constitutes governance shifts from stage to stage, I “broaden the scope of future work on governance” (Tihanyi et al., 2014: 1541), to more explicitly include the role of place in general
and natural objects in particular.
The thesis also proposes a novel methodological approach to carry out transdisciplinary inquiries of socio-economic eco-systems. I furthermore explain how methods can be combined, adjusted and continuously updated to track the framing and resolution of wicked problems. In so doing, the thesis builds and broadens the methodological toolkit suitable for studying wicked problems in other social-economic systems (SES). The induced concepts additionally yield important lessons for corporate actors, especially those seeking to become more proactively in the commons they inhabit, by demonstrating how they can deliberately transcend an exploitative frame and move towards a collaborative one. It furthermore explains how corporate actors come to include – rather than exclude – natural objects within their socio-economic ecosystems in their corporate governance mandates and practices. Overall, this thesis advocates for new possibilities for corporate governance. My inductive theory building acknowledges the centrality of natural objects in the governance of commons and reveals the interactive role of place by gradually changing who and how works to protect and preserve the commons.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Die verhandeling bevraagteken en komplementeer die transdissiplinere (TD) ondersoek na die beheer/bestuur van gemeenskapsbesit. Deur die gebruik van ’n kombinasie van outoetnografie en deelnemende aksie-navorsing maak ek ’n bydrae tot die oproep om “beheer opnuut in bestuursnavorsing te herdink” (Tihanyi, Gaffin & George, 2014:1535). Ek het die ondersoek benader deur daarop te wys hoe korporatiewe aandeelhouers met ’n verskeidenheid van belanghebbendes, openbare en private vennootskappe skakel, en op verskillende vlakke van ontleding saamwerk om gedeelde belange en voortgehoue toewyding tot ’n bedreigde gemeenskapsbesit in stand te hou. Die verhandeling bevestig by wyse van induktiewe navorsing hoe korporatiewe rolspelers hul begrippe oor wát bestuur daarstel, verbreed, en wanneer, waarom en veral hoe hulle progressief en samewerkend die bestuur, verantwoordelikheid en mag terugeis van buite die bestaande korporatiewe grense en bevoegdheid. Elinor Ostrom het in 2012 die Nobelprys in Ekonomie vir haar hervertolking van die polisentriese stelselreaksie (Stakeholders Theory) ontvang, om sodoende die verskeidenheid, veelvuldigheid en legitimiteit van aandeelhouers/belanghebbendes se belange in kontekste te beklemtoon waar pogings tot en terme van gesamentlike beleggings as gevolg van verskille, dubbelsinnigheid en kompleksiteit weerhou word. Hoewel Ostrom se werk die sosioekonomiese ekosisteem na die voorgrond van bestuur bring, spesifiseer dit steeds nie presies hoe korporatiewe belanghebbendes met natuurlike voorwerpe binne die commons omgaan wat hulle beoog om te beskerm en te behou, en hoe hierdie verbintenisse hul eie begrip en praktyk van korporatiewe bestuur beïnvloed nie. My vier-jaar-lange deelnemende aksie-navorsing het die verskuiwende bydraes van korporatiewe rolspelers in die gesamentlike daarstelling en groei van die Stellenbosch River Collaborative in die Eersterivier-opvangsgebied (ERC) in Suid-Afrika gefasiliteer, gedokumenteer en gereflekteer. Ek het induktief ’n nuwe teorie met betrekking tot die oorgang van die korporatiewe belanghebbendes vanaf transaksionele na transformatiewe beheer gebou en ontwikkel, deur te verduidelik hoe hulle geleidelik hul verhouding met ’n natuurlike objek in die sosio-ekonomiese ekosisteem – waarin hulle gebaseer en van interafhanklik is – herdefinieer het. Deur die ontwikkeling, herdefiniering en toeligting van drie opeenvolgende fases van verbintenis van korporatiewe rolspelers met die rivier, en ’n verduideliking hoe hulle hul eie konseptualisering van wát bestuur daarstel van fase tot fase ontwikkel het, het ek “toekomstige werk in bestuur verbreed” (Tihanyi et al., 2014: 1541) – veral om die rol van plek in die algemeen, en natuurlike voorwerpe in besonder, meer pertinent in te sluit. Die verhandeling hou ’n nuwe metodologiese benadering voor, by wyse waarvan transdissiplinere ondersoeke van sosio-ekonomiese ekosisteme uitgevoer kan word. Ek verduidelik hoe metodes voortdurend gekombineer, aangepas en opgedateer kan word ten einde die opstelling en oplossing van taai, weerstandige probleem (wicked problems) in ander sosio-ekonomiese ekosisteme te volg. Sodoende bou en verbreed die verhandeling die bruikbare metodologiese toerusting vir die bestudering van sodanige weerstandige probleme in ander sosio-ekonomiese ekosisteme. Die geïnduseerde konsepte hou belangrike lesse vir korporatiewe rolspelers in, veral vir diegene wat daarna streef om meer proaktief op te tree in die commons wat hulle bewoon. Dit wys hoe hulle doelgerig ʼn uitbuitende raamwerk kan oorkom en na ʼn meer samewerkende sisteem kan beweeg. Dit demonstreer ook hoe korporatiewe rolspelers natuurlike objekte in hulle sosio-ekonomiese ekosisteme se korporatiewe bestuursmandate en praktyke insluit, eerder as uitsluit. Uiteindelik betoog die verhandeling vir nuwe moontlikhede en metodes van korporatiewe bestuur. My induktiewe teorie-bou erken die sentraliteit van natuurlike objekte in die bestuur van gemeenskapbesit, en openbaar die interaktiewe rol van plek, deur die geleidelike verandering van hoe en deur wie daar gewerk word om die gemeenskapsbesit te beskerm en bewaar.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2016.
Keywords
Transformative governance, Place-based framing, Sustainability, Social ecology, Auto-ethnography, UCTD