Filmverwerking as interpretasie : die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf

Date
2016-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this study the way in which a film adaptation adapts and interprets the literary novel it is based on in order to create a new story in the film medium is investigated. Not only does this ascertain the possible ways in which the novel is adapted to the film text, but it makes use of alternative methods of studying film adaptation than fidelity criticism, which is prejudice in favour of the novel as the film adaptation is regarded as a text secondary to that of the literary novel. The goal text is therefore regarded as the source text’s equal. A recent Afrikaans literary novel is compared to its film adaptation to determine how the adaptation interpreted and adapted the novel for the film medium. The texts studied are Triomf by Marlene van Niekerk (1994) and Michael Raeburn’s film adaptation thereof, Triomf (2008). Even though the novel and film are both narrative media with many narrative elements in common, the change in medium means that the adaptation cannot be faithful to the novel. Contemporary researchers argue that it is not the goal of an adaption to simply retell the novel’s story in the film medium, but rather to interpret it and adapt it to the unique properties of the film medium. Fidelity to the goal text is hereby accomplished. By so doing, the film adaptation produces a filmic retelling of the novel’s story, which can be regarded as an original story and functions independently from it source text. To produce a successful film adaptation of the novel the adapter must analyse and interpret the novel in terms of both literary and filmic elements. Knowledge of literature and film studies are therefore required. An overview of adaptation studies – the field of study of film adaptations – will be an asset to the adaptor as it provides insight to how film adaptations are studied and evaluated. The study of a film adaptation is thus not solely based on its relationship with its source text, but with how it interprets this text and adapts it for the film medium. Innovative arguments in adaptation studies concerning the comparison between the novel and its film adaptation are combined to study the gaps between the two texts: The manner in which the film adaptation changes the original story, adds to it, or takes away from it gives insight as to how the adaptation interprets the novel. Furthermore, the way in which the original story is adapted to fit the film medium’s unique properties is evident of the deliberate interpretation thereof. Finally, the way in which Raeburn’s film adaptation interprets Van Niekerk’s novel is discussed and if this interpretation can be regarded as an original story which can function independently from its source text. This study does not judge whether Raeburn’s interpretation is successful.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word ondersoek ingestel in hoe 'n filmverwerking die literêre roman waarop dit gebaseer is, verwerk en interpreteer ten einde 'n nuwe verhaal in die filmmedium daar te stel. Dit het ten doel om nie net vas te stel hoe die roman moontlik in praktyk tot filmteks verwerk en aangepas is nie, maar om van 'n alternatiewe bestuderingsmoontlikheid tot getrouheidstudies gebruik te maak wat nie op grond van getrouheidskritiek ten gunste van die roman die filmteks as sekondêr ag nie. Die doelteks word sodanig as die bronteks se gelyke geag. 'n Resente Afrikaanse literêre roman word met sy filmverwerking vergelyk om vas te stel hoe dié filmverwerking die romanverhaal interpreteer en vir die filmmedium aanpas. Die tekste wat gebruik word, is Triomf deur Marlene van Niekerk (1994) en Michael Raeburn se filmverwerking daarvan, Triomf (2008). Hoewel beide die roman en die film narratiewe media is en dit 'n groot hoeveelheid narratiewe elemente gemeen het, veronderstel die verandering van media dat die filmverwerking nie getrou aan sy bronteks kan bly nie. Kontemporêre navorsers in adaptasiestudies argumenteer dat dit nie die filmverwerking se doel is om die romanverhaal bloot in die filmmedium oor te vertel nie, maar eerder om die betrokke verhaal te interpreteer en by die unieke eienskappe van die filmverhaal aan te pas. Getrouheid aan die filmmedium word sodoende bewerkstellig. Die filmverwerking bied dus 'n filmiese vertelling van die romanverhaal wat as 'n oorspronklike teks onafhanklik van sy bronteks funksioneer. Ten einde 'n geslaagde verwerking van die romanverhaal daar te stel moet die filmverwerking die romanteks op grond van literêre en filmiese aspekte analiseer en interpreteer. Kennis van beide die letterkunde en die filmkunde is om hierdie rede voordelig. 'n Oorsig van adaptasiestudies – die studie van filmverwerking – bied verder waardevolle insigte tot die verwerkingsproses in praktyk, asook die mate waarin filmverwerkings bestudeer en geëvalueer word. Hiervolgens word die bestudering van die betrokke filmverwerking nie alleen op grond van sy verhouding tot sy bronteks bewerkstellig nie, maar op die mate waarin dit die roman interpreteer en hoe dit vir die filmmedium aangepas word. Vernuwende argumente in die adaptasiestudies oor die vergelyking van die roman en sy filmverwerking word saamgespan ten einde die gapings tussen die twee tekste te bestudeer: Die mate waarin die filmverwerking die romanverhaal aanpas, elemente byvoeg of skrap, bied insig daartoe. Die aanpassing van die verhaal ten opsigte van die unieke eienskappe van die filmmedium ten einde die nuwe gehoor in gedagte te hou, getuig verder van die filmmaker se doelbewuste interpretasie daarvan. Uiteindelik word vasgestel hoe Raeburn se filmverwerking Van Niekerk se roman interpreteer en of dit op grond van die interpretasie as 'n nuwe verhaal geag kan word wat onafhanklik van sy bronteks funksioneer. Geen oordeel word gevel ten opsigte van die geslaagdheid van Raeburn se interpretasie nie.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2016.
Keywords
Van Niekerk, Marlene -- Triomf, Raeburn, Michael -- Triomf, Film adaptations, Motion pictures and literature, Afrikaans literature, South African literature -- Film adaptations, UCTD
Citation