Browsing by Author "Van der Merwe, C. R. (Christiaan Rudolph)"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie institusionalisering van 'n primere skoolkurrikulum : 'n modulere benadering(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1992-03) Van der Merwe, C. R. (Christiaan Rudolph); Hanekom, M.; Carl, Arend E.; Stellenbosch University. Faculty of Education. Department of Curriculum Studies.AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie is daar gepoog om vas te stel wat nodig is om 'n primere skoolkurrikulum deel van die praktyk te maak. Daar is waarskynlik velerlei wyses waarop die skoolkurrikulum deel gemaak kan word van die praktyk, maar vir die doeleindes van hierdie studie is daar op 'n modulere benadering gefokus. Die modulere kurrikulumbenadering vertoon geen vreemde komponente nie, trouens, doelstellingformulering, inhoudseleksie, doelwitformulering, die seleksie van onderwysmetodes en onderwysmedia, leerdergerigte asook kurrikulumevaluering vorm die basis daarvan. Een voorvereiste vir die institusionalisering van 'n skoolkurrikulum is
- ItemKurrikulumkonsultasie in Suid-Afrikaanse primere skole(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1997-03) Van der Merwe, C. R. (Christiaan Rudolph); Carl, Arend E.; Stellenbosch University. Faculty of Education. Department of Curriculum Studies.AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid - Afrika is tans in 'n transformasiestadium, ook wat onderwysvoorsiening betref. Daar heers veral 'n strewe na die voorsiening van gelyke onderwysvoorsiening vir alle leerders. 'n Visie van lewenslange leer is onlangs op nasionale vlak geformuleer sodat alle belanghebbendes op 'n gesnoerde wyse kan bydra tot gelyke onderwysvoorsiening. Om hierdie visie te realiseer, word daar 'n uitkomsgerigte kurrikulumbenadering met behulp van 'n Nasionale Kwalifikasieraamwerk beoog. Alle leerders sal in die toekoms erkenning kry vir vorige leerervaring, ongeag waar dit verwerf is. lndien leerders dus bewys kan lewer van hulle bekwaamheid, kan hulle aansoek doen om 'n kwalifikasie op 'n sekere vlak van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk te verwerf. Alhoewel die Nasionale Kwalifikasieraamwerk eers vanaf graad 9 direkte implikasies vir skoolvlakkurrikulumontwikkeling inhou, behoort onderwysers van primere skole kennis te neem van uitkomsgerigte kurrikulumontwikkeling, aangesien die leerlinge gaandeweg voorberei moet word op uitkomsgerigte onderrigleer. Kurrikulurnkonsultasie. soos wat dit in hierdie studie voorgehou word, se hooffokus is dus op uitkomsgerigte kurrikulumontwikkeling op primere skoolvlak. Die proses is geldig en relevant aangesien dit gerig word deur die beginsels van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk, asook sekere beginsels van kurrikulumontwikkeling. Om verdere geldigheid aan 'n proses van kurrikulumkonsultasie te verleen, is daar 'n ontleding gemaak van aanwysers van uitnemende primere skole. Indien kurrikulumkonsultasie hydra tot die ontwikkeling van die aanwysers sal daar verdere geloofwaardigheid aan die proses toegeeien kan word. Alhoewel kurrikulumkonsultasie beoog om onderwysers met 'n konsultasieproses tot 'n hoe vlak van kurrikulumbekwaamheid te ontwikkel, speel didaktiese kurrikulummateriaal as konsultasieproduk ook 'n dinamiese rol. Didaktiese kurrikulumateriaal sluit materiaal in wat kurrikuluminligting aan die implementeerders van uitkomsgerigte bied, sodat die proses van kurrikulumontwikkeling 'n volhoubare proses sal wees, selfs nadat kurrikulumkonsultasie gestaak het. Een vorm van didaktiese kurrikulummateriaal is onderrigrnodules wat gebruik word tydens kurrikulumkonsultasie vir mikrovlak-kurrikulurnontwikkeling. In 'n ernpiriese vraelysondersoek, is daar vasgestel dat onderrig- modules beduidend hydra tot die ontwikkeling van die rneeste aanwysers van uitnernende prirnere skole. Juis daarom rnaak 'n proses van kurrikulumkonsultasie gebruik van 'n modulere kurrikulumbenadering om die laasgenoernde aanwysers te help ontwikkel. Uitkomsgerigte onderrigleer op primere skoolvlak behoort egter kurrikulumreglynig ge"irnplementeer te word, sodat 'n proses van deurlopende evaluering op 'n geldige wyse voltrek kan word. Dit beteken dat daar 'n verband tussen die geskrewe, die onderrigte en die ontvangde kurrikulum rnoet wees. 'n Proses van kurrikulumkonsultasie bewerkstellig hierdie verband deur rniddel van ander tipes kurrikulummateriaal soos 'n kurrikulumvisie- en missie, 'n kurrikulumbeleid, vakvisies-en missies, vakrasionale, eenheidstandaarde, module-uitkomstes en sertifiseringsraamwerke. Hierdie materiaal hied aan onderwysers die nodige kurrikulurninligting om uitkomsgerigte kurrikulurnontwikkeling op 'n verantwoordelike wyse te irnplementeer. Hierdie studie is by uitstek op die primere skoal van toepassing en behoort van groot waarde te wees by diegene wat 'n ems het aan dinamiese kurrikulumontwikkeling. Die praktykgerigtheid rnaak van die srudie 'n bruikbare bron tydens onderrigleiding.