Browsing by Author "Van Wyk, Mia"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie geskiktheid van potwurms (Enchytraeidae) en plante om die toksisiteit van olieraffinadery-slik te toets(AOSIS Publishing, 2016-11-24) Reinecke, Adriaan J.; Reinecke, Sophia A.; Van Wyk, MiaGrondbewerking word in die petrochemiese nywerheid in suidelike Afrika gebruik as ’n metode om van besoedelstowwe ontslae te raak. ’n Historiese grondbewerkingsperseel is by ’n petroleumraffinadery geïdentifiseer waar die gedeponeerde slik uit ’n mengsel van olie en wateroplosbare chemiese besoedelstowwe bestaan wat verskeie gevaarlike chemikalieё insluit. Die doel met die studie was om die toksisiteit van die slik, sowel as grond, op die perseel te bepaal en vas te stel of plante en potwurms gebruik kan word in die bioassessering van die slik, aangesien daar ’n behoefte bestaan om ’n groter verskeidenheid toetsorganismes te gebruik wat verskillende ekologiese nisse verteenwoordig. Ons het eksemplare van ’n grondlewende potwurm (Enchytraeus doerjesi) aan die slik en aan slikbewerkte grond blootgestel en hulle oorlewing, groei, voortplantingsukses en vermydingsgedrag bestudeer. Vyf plantsoorte en hulle sade is aan verskillende konsentrasies van die slik in kommersiёle potgrond blootgestel en hulle ontkiemingsukses, groeikoers en biomassa is bepaal. Die grond van die landbewerkingsperseel was nie akuut toksies vir die potwurms nie en hulle het selfs ’n toename in voortplanting getoon in vergelyking met onbesoedelde grond. Hulle het wel in gedragstoetse erg besoedelde grond vermy. Die bevinding is dat potwurms nie so gevoelig is vir die slik soos erdwurms en springsterte, wat voorheen getoets is nie, maar dat hulle wel bruikbaar is en kan bydra om die toksisiteit en herstelstatus van sulke grond te evalueer, aangesien hulle ’n bykomende ekologiese nis verteenwoordig. Die plante was nie baie gevoelig vir die slik nie en gemengde resultate is verkry. Slaai en gras is die meeste deur die slik geaffekteer, terwyl boontjies die beste gevaar het en hulle groeikoers selfs deur die byvoeging van slik gestimuleer is.
- ItemKan die gevoeligheid van grondlewende organismes bydra om die volhoubaarheid van landbewerking van olieraffinadery afval te beoordeel?(AOSIS Publishing, 2015) Reinecke, Adriaan J.; Reinecke, Sophia A.; Van Wyk, MiaVoordelige grondlewende organismes lewer ekostelseldienste in gesonde grondtipes. Olieraffinaderye genereer groot hoeveelhede soliede afval wat verskeie tipes koolwaterstowwe en metale bevat wat in die grond geploeg word tydens landbewerking van die afval. Die bedoeling is om die afval deur die grond-ekostelsel te laat degradeer. Die kontaminante mag egter giftig wees vir die diverse verskeidenheid van grondorganismes. Vir die volhoubaarheid van dié praktyk is dit nodig om te weet of remediёring van die landbewerkte grond voldoende was vir die beoogde, voortgesette gebruik daarvan. Indikatore is nodig om die graad van herstel van sodanige grondtipes te bepaal. Die doel van hierdie studie was om die grond van ’n landbewerkte gebied chemies te ontleed en die toksisiteit en herstel te bepaal deur van gestandardiseerde bioassesserings met die komposteringswurm Eisenia andrei (Oligochaeta) en die springstert Folsomia candida (Collembola) gebruik te maak. Die organismes is blootgestel aan die gekontamineerde en kontrolegrond en hulle oorlewing, groei, voortplantingsukses en vermydingsgedrag is nagegaan. Die resultate het getoon dat die grond van die landbewerkte perseel steeds verskeie gevaarlike chemikalieё bevat, soos die dieselreeks organiese verbindings, maar dat die grond nie akuut toksies vir die organismes was nie. Dit het wel die groei en voortplanting van die erdwurms, asook die voortplanting van die springsterte nadelig beïnvloed. Die perseel benodig steeds remediёring alvorens grondbewerking van olieslik voortgesit word. Bioasessering het, aanvullend tot die chemiese analises, ’n meer volledige en meer ekologies relevante beeld van die remediëringstatus en toksisiteit van die grond verskaf. Die bevinding ondersteun die gebruik van bioassesserings as ’n eko-toksikologiese metode om landbewerkingsgrond te evalueer.