Browsing by Author "Du Toit, Henriette Louise"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemMite, metafoor en metafisika : stryd/spel op die grense 'tussen' poesie en filosofie(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1995) Du Toit, Henriette Louise; Hattingh, J. P.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of Philosophy.AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word daar gepoog om op 'n filosofies verantwoordbare manier die verband tussen filosofie (verstaan in die breedste sin as 'liefde vir die wysheid') en poesie (verstaan in die breedste sin as 'artistieke aktiwiteit') te verhelder. In die loop van die geskiedenis van die Westerse filosofie is hierdie verhouding oorwegend beskou as 'n teengestelde een, soos verwoord in die gewilde frases van 'muthos versus logos', en 'die antieke stryd tussen filosofie en poesie'. Die eerste sewe hoofstukke van die tesis word daaraan gewy om hierdie digotomiese en antagonistiese beskouing van die verband tussen filosofie en poesie uitvoerig te ondersoek en te kritiseer. Dit word gedoen deur eerstens die verskynsel van 'mite' te ondersoek, en die manier waarop die historiese ondergang van 'n leefwyse wat 'n mens 'mities' sou kon noem, die agtergrond gevorm het vir die opkoms van sowel filosofie as poesie gedurende die Griekse Verligting. Daar word aangetoon hoedat filosofie sigself van die poesie afskei en daarvan probeer suiwer, juis op grand daarvan dat filosofie mite probeer oorkom, terwyl poesie dit probeer approprieer. In hierdie sin word filosofie die spreekbuis vir die 'nuwe era' wat gekenmerk word deur die ideaal van teoreties-konseptuele representasie van die werklikheid in taal. Die tragiese teater word as teenhanger van die filosofie en (gedeeltelike) voortsetter van die mitiese tradisie bespreek, en as sodanig verteenwoordig dit 'die poetiese' in die algemeen, waarteen die filosofie sig in die loop van sy geskiedenis verset het. My kritiek teen die filosofie se demonisering van sowel 'mite' as 'poesie', kulmineer in hoofstuk 7. Daarin word die filosofiese ideaal van suiwerheid beskryf nie net as 'n paging tot die legitimering van die eg menslike bestaan ( en daarmee dan as 'n strategie wat op dieselfde vlak as 'mite' en 'poesie' beoordeel behoort te word) nie, maar ook as 'n pervertering van daardie funksie, met ander woorde as 'n mislukte sodanige legitimeringspoging. Hoofstukke 8 en 9 vorm die meer konstruktiewe gedeeltes van die tesis, waarin 'dialoog' as ware wins van die antiek filosofiese ideaal uitgewys word. Op grand van 'n analise van die term 'spel' word die baie ooreenkomste tussen (filosofiese) dialoog en (tragiese) teater verreken, en daarmee saam word 'n nuwe verstaan van begrip voorgestel, naamlik begrip as dee/name aan en in 'n spel. In die laaste hoofstuk word die konstruktiewe argument voortgesit, en gewaarsku teen die neiging om filosofie en poesie se grense volledig te laat saamsmelt. Sodanige neiging spruit juis voort uit 'n oorweging van die ooreenkomste soos in hoofstuk 8. In hierdie laaste hoofstuk betoog ek dat die grense 'tussen' filosofie en poesie, 'tussen' teoretiese en artistieke taal, sowel bestry as bespeel moet word. Hierdie oortuiging berus nie op 'n arbitrere teoretiese besluit nie, maar word aangetoon as noodsaaklike voorwaarde vir 'n geldige praktyk van morele oordeel en legitimering van die eg menslike bestaan.