Running Records (RR) as ’n leesassesseringstrategie om leesonderrig in Suid-Afrikaanse grondslagfaseklaskamers te ondersteun

dc.contributor.authorVan Tonder, Lynetteen_ZA
dc.contributor.authorWest, Joyceen_ZA
dc.contributor.authorMoen, Melanieen_ZA
dc.date.accessioned2023-03-15T08:12:50Z
dc.date.available2023-03-15T08:12:50Z
dc.date.issued2022
dc.descriptionCITATION: Van Tonder, L., West, J. & Moen, M. 2022. Running Records (RR) as ’n leesassesseringstrategie om leesonderrig in Suid-Afrikaanse grondslagfaseklaskamers te ondersteun. LitNet Akademies, 19(3):760-795, doi:10.56273/1995-5928/2022/j19n3d4.en_ZA
dc.descriptionThe original publication is available at https://www.litnet.co.za
dc.description.abstractVanuit internasionale en nasionale studies kan waargeneem word dat Suid-Afrikaanse grondslagfaseleerders sukkel om basiese leesvaardighede aan die einde van die fase te bemeester. Moontlike redes hiervoor is dat onderwysers ondoeltreffende leesassesseringstrategieë in hul klaskamers aanwend, en onakkurate pedagogie en leeskonteks gebruik om leesprobleme te identifiseer en leesvaardighede vir leerders te leer. Akkurate identifisering van leerders se leesprobleme is noodsaaklik om leesonderrigbeplanning, pedagogie en die onderrig van leesvaardighede korrek in te gee. Effektiewe ingryping en ’n leesassesseringstrategie is noodsaaklik om leerders se leesstruikelblokke aan te spreek en hulle leesvaardighede te verbeter. Running Records (RR) is ’n leesassesseringstrategie wat onderwysers moontlik kan ondersteun om leesprobleme te identifiseer en leesonderrig te rig. In hierdie kwalitatiewe studie is die moontlikheid om RR as ’n leesassesseringstrategie in Suid-Afrikaanse grondslagfaseklaskamers te gebruik vanuit ’n interpretivistiese paradigma ondersoek, en in hierdie artikel word ’n opsommende verslag hieroor gelewer. Die studie is gegrond in die geletterdheidsprosesseringsteorie en die onderwyseragentskapsteorie. Die geletterdheidsprosesseringsteorie is toegespits op die wyse waarop leerders geletterdheidsvaardighede ontwikkel en verkry, terwyl die onderwyseragentskapsteorie sigself toelê op die manier waarop onderwysers hul professionele mag en identiteit gebruik om leesassessering in die klaskamer toe te pas. In hierdie studie het sewe deelnemers (onderwysers) opleiding in die gebruik van RR ontvang. Daarna het hulle RR in hul klaskamers aangewend en terugvoer gelewer oor die uitvoerbaarheid van hierdie strategie in Suid-Afrikaanse grondslagfaseklaskamers. Daar is bevind dat RR die potensiaal het om geldige, betroubare en bestendige inligting op te lewer om leesonderrigbeplanning, pedagogie en leesvaardighede van leerders in te gee sodat leerders se leesstruikelblokke die hoof gebied kan word. Die bevindinge het ook aangedui dat RR leesonderrig akkuraat kan ingee slegs as onderwysers hoëgehalte-opleiding ontvang in die akkurate aanwending en gebruik daarvan. Derhalwe moet daar duidelike riglyne en opleiding verskaf word vir die gebruik van RR en moet onderwysers bereid wees om opleiding oor die gebruik van RR by te woon.af_ZA
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent36 pages
dc.identifier.citationVan Tonder, L., West, J. & Moen, M. 2022. Running Records (RR) as ’n leesassesseringstrategie om leesonderrig in Suid-Afrikaanse grondslagfaseklaskamers te ondersteun. LitNet Akademies, 19(3):760-795, doi:10.56273/1995-5928/2022/j19n3d4.
dc.identifier.issn1995-5928 (online)
dc.identifier.otherdoi:10.56273/1995-5928/2022/j19n3d4
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/126661
dc.language.isoafaf_ZA
dc.publisherLitNet
dc.rights.holderAuthors retain copyright
dc.subject.lcshReading (Primary) -- South Africa Reading (Primary)-- Ability testing -- South Africa Teachers -- Training of -- South Africa Individualized reading instruction -- Education (Primary) -- South Africa Primary school teachers – South Africa Education, Primary -- South Africa Educational tests and measurements Pedagogy Reading teachers – Primary school students – South Africaen_ZA
dc.titleRunning Records (RR) as ’n leesassesseringstrategie om leesonderrig in Suid-Afrikaanse grondslagfaseklaskamers te ondersteunaf_ZA
dc.title.alternativeRunning Records as a reading assessment strategy to support reading instruction in South African Foundation Phase classroomsen_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
vantonder_running_2022.pdf
Size:
2.85 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: