Suid-Afrika se lang tog na ekonomiese vryheid : 'n persoonlike reis

Date
2022
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Ekonomiese geskiedkundiges het deesdae die kwantitatiewe middele om “geskiedenisse van onder af” te ontsluit. Ons wil die vraag beantwoord: Wat gee gewone mense die vermoe om beter lewens te bou, en wat weerhou die vryheid om dit te doen van hulle? In hierdie skrywe gebruik ek my familiegeskiedenis om hierdie vraag te beantwoord. Terwyl ek my familie deur die Suid-Afrikaanse geskiedenis volg, gebruik ek ’n verskeidenheid kwantitatiewe bronne: universiteitsrekords, sterftekennisgewings, kiesersrekords, rekords van maatskappye met beperkte aanspreeklikheid, attestasierekords, belastingrekords, boedelinventarisse, om net ’n paar te noem. Hierdie rekords help my om te bewys dat Suid-Afrika goed gedoen het om die eerste les uit die ekonomiese geskiedenis – dat ons wetenskap moet gebruik om ons meer produktief te maak – te leer. Ons het egter eers onlangs van die tweede les – dat die voordele van hierdie produktiwiteit nie net aan ’n elite moet behoort nie – bewus geword. Suid-Afrika se lang tog na ekonomiese vryheid is dus nog ver van klaar af. Ons ambisie gaan egter verder: ons wil nie net die lang pad na ekonomiese vryheid beskryf nie, maar dit uiteindelik ook bevorder. Solank ons die regte lesse uit die verlede leer, lyk die toekoms meer belowend.
Description
CITATION: Fourie, J. 2022. South Africa’s long haul to economic freedom : a personal journey. LitNet Akademies, 19(3):1-27.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Economic development, Afrikaners -- History, Family history (Genealogy)
Citation
Fourie, J. 2022. South Africa’s long haul to economic freedom : a personal journey. LitNet Akademies, 19(3):1-27.