"Darling, ek is onrondneukbaar" : intertalige en intersemiotiese vertaling in TRUK se 1983-produksie van Nerina Ferreira se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se The taming of the shrew as Die vasvat van ’n feeks

Date
2021
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
William Shakespeare se omstrede toneelstuk The taming of the shrew word sedert die draai van die 16de en 17de eeu deur talle kritici as inherent patriargaal-seksisties beskou. ’n Afrikaanse vertaling daarvan deur Nerina Ferreira, onder die titel Die vasvat van ’n feeks, is in 1983 deur die Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (TRUK) op die planke gebring met regie deur William Egan. Deur die lense van feministiese vertaal-, gender-, teater- en performancestudies, trag hierdie artikel om iets omtrent Egan en Ferreira se ideologiese instellings aangaande gender te peil. Dit poog ook om afleidings te maak aangaande die sosio-kulturele kommentaar wat hulle moontlik wou lewer met hierdie vertaling van Shakespeare se komedie oor die rol van vroue in ’n mansgesentreerde samelewing. Hierdie ondersoek word uitgebrei deur die opvattings en praktyke in die ontstaansperiode van die bronteks in ag te neem en op te weeg teen die afleidings gemaak uit ’n bestudering van die vertaling. Binne die interseksie van teater- en vertaalstudies word die vertaalde toneelteks as ’n groepspoging beskou en verwys die woord vertaling na ’n wyer omvang van omskakelings as dié van een taal na ’n ander. Op sodanige wyse word daar na Egan en Ferreira beide as vertalers verwys: Egan word benader as ’n intersemiotiese vertaler en Ferreira as ’n intertalige vertaler. Hierdie vertaler-gesentreerde ondersoek berus hoofsaaklik op ’n bestudering van die ongepubliseerde opvoerteks (wat onder meer verstellings, kommentaar, verhoogaanwysings en ’n uiteensetting van die rolverdeling bevat), en van enkele paratekstuele bronne (insluitende biografiese inligting oor Egan en Ferreira). Die vasvat van ’n feeks word gelees as ’n subtiele feministiese hersiening van The taming of the shrew. Met hierdie artikel word daar ook gepoog om aandag te skenk aan die dikwels ondererkende werk wat teaterregisseurs en veral (vroulike) teatervertalers doen om teennarratiewe te skep binne bepaalde hegemonieë. Die publikasie van teatertekste en (meer nog) teatervertalings is immers minder winsgewend as dié van die meeste ander literêre genres. Daarby dien teater – teenoor film, om maar een voorbeeld te noem – ook as ’n voorbeeld van ’n tyd-ruimtelik-gebonde uitvoerende kunsvorm.
Description
CITATION: Stander, D. 2021. "Darling, ek is onrondneukbaar" : intertalige en intersemiotiese vertaling in TRUK se 1983-produksie van Nerina Ferreira se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se The taming of the shrew as Die vasvat van ’n feeks. LitNet Akademies, 18(3):24-58.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Ferreira, Nerina -- Vasvat van ’n feeks -- Criticism and interpretation, Taming of the shrew -- Translations into Afrikaans, Shakespeare drama translations, Intersemiotic translation, Interlingual translation
Citation
Stander, D. 2021. "Darling, ek is onrondneukbaar" : intertalige en intersemiotiese vertaling in TRUK se 1983-produksie van Nerina Ferreira se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se The taming of the shrew as Die vasvat van ’n feeks. LitNet Akademies, 18(3):24-58.