Re-membering home: situating an artmaking practice

Date
2023-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This research situates my artmaking practice, re-membering, within a broader discourse of home and belonging, in order to position it as a form of homemaking. Because the intimate space of home is bound with wider contexts, I briefly consider my own ideations of home and belonging within a South African context. Furthermore, I examine how a history of racial segregation, the remnants thereof, as well as widespread gender-based violence contribute to feelings of non-belonging in a place. Based on this, the nostalgic longing for home, evidenced in my practice, emerges out of the complex interplay of spatial, sentimental and temporal components that affect one’s sense of belonging. Ergo, in response to a supposed non-belonging or lack of home, I assert the exploration of homemaking, using a new materialist lens, in the form of affective co-constitutive material engagement, as well as through the agential capacity of memory through remembering. From remembering, as reconstructive activity, a re-membering, or ‘putting together’, is positioned as a physical practice of homemaking, that constitutes my artmaking. The theoretical underpinnings of remembering are expanded to include the establishment of their bodily component in the membrane, which translates practically into my use of a skin-like material in my artmaking. Therefore, in my practice, I position the skin as the materialisation of my homemaking, my re-membering. Through my practical and theoretical discoveries, I realise a deeper understanding of home, not as a static entity but as a relational, multilayered action.
AFRIKAANSE OPSOMMING:Hierdie navorsing plaas my kunsmaakproses, ‘re-membering’, in 'n wyer konteks van tuiste en hoort. Omdat die intieme tuisruimte in noue verband staan tot veel wyer magsverhoudinge, oorweeg ek my begrip van tuiste en aanvaarding in die konteks van van die gebrek aan sosiale eenhorigheid wat tans in Suid-Afrika ervaar word. Die gebrek aan sosiale eenhorigheid duur voort in ongelyke erkenning van ras en geslag. Ek argumenteer dat die geskiedenis van rassediskriminering en die oorblyfsels daarvan, asook voortdurende geslagsgebaseerde geweld, bydra tot 'n gevoel van ontworteldheid wat op sy beurt gevoelens van vervreemding en ontuisheid veroorsaak. Die nostalgiese verlange na 'n tuiste ontwikkel vanuit die ingewikkelde wisselspel tussen ruimtelike, sentimentele, en tydsgebonde aspekte wat ook 'n mens se sin van gevestigdheid en tuisheid beïnvloed. In reaksie op 'n veronderstelde tuisteloosheid stel ek tuisteskepping voor wat in 'n Neo-Materialisties raamwerk geskied, in die vorm van affektiewe materiële betrokkenheid, asook deur die vermoë om te onthou. Vanuit geheue, as 'n kreatiewe herskeppingsaktiwiteit, word 'n samevoegings- of her-vormingsproses (re-membering) ontwikkel as 'n praktyk van hoort en daarom ook een van tuisteskepping. Die teoretiese onderbou van geheue en her-vorming sluit ook in die bevestiging van hul liggaamlike gedaantes as 'n vlies, wat vertaal word deur middel van die velagtige materiaal wat ek as medium in my kunsmaakprosesse gebruik. In my praktiese kunsmaak plaas ek die vel as materialisering van my tuisteskepping, my her-vorming. Deur my praktiese en teoretiese ontdekkings verwerklik ek 'n meer diepgaande begrip van tuiste, nie as 'n statiese entiteit nie, maar as 'n relatiewe, veelvlakkige aksie.
Description
Thesis MA (VA)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Citation