Die invloed van 'n mastektomie op die man-vrou verhouding : 'n pastorale ondersoek

dc.contributor.advisorLouw, D. J. (Daniel Johannes), 1944-en_ZA
dc.contributor.authorGrobbelaar, Frederik Russouwen_ZA
dc.contributor.otherStellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology and Missiology.en_ZA
dc.date.accessioned2012-01-27T09:47:41Z
dc.date.available2012-01-27T09:47:41Z
dc.date.issued1993-09
dc.descriptionThesis (MTh)--Stellenbosch University, 1993.en_ZA
dc.description.abstractENGLISH ABSTRACT: Seeing that breast cancer is the most common cancer in women and that it has such a high incidence that every woman should be aware of it, time has come for the theology, and especially for pastoral care, to provide some answers on the possible problems that accompany the illness. Treatment of breast cancer almost always include a degree of surgical intervention through which part of or a whole breast, and in extreme cases even the underlying tissue, is being removed. This procedure, to some extent, influences a woman's experience of her physique which in turn has an effect on the intimate space of her marriage. The mastectomy patient may experience that the operation, with all the psychological affects it has, disturbs her inner life rythm and that results in her relationships also being pressurised. The crisis of a mastectomy should be handled as a relationship crisis within a marriage, in which the husband can play an important therapeutic role. The husbands contribution will be greatly effected by: a) His commitment to the relationship and b) The correlation between his male identity, his sexuality and his perceptions of the female physique. Within the crisis of mastectomy, the woman's body-image should not be separated from her faith identity and the quality of her marriage - there exists a dynamic interaction between these three, which means that the handling of the crisis of a mastectomy is directly dependent on the quality if her loving relationship and on the way in which she experiences her faith. The faith factor plays an important role in the handling of the crisis, by creating a distance between the trauma of the loss and the way in which she experiences her identity. Pastoral care can play a vital role in the handling of the crisis of a mastectomy by means of guidance and support, as it proclaims the active presence of God through the marrid body of Jesus Christ. The husband of the mastectomy patient can, in his therapeutic role, be guided to be much more sensitive for the emotional needs of his wife, in regard to aspect of sexuality. This would give her the support she needs and work constructively towards the goal of healing.en_ZA
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: Aangesien borskanker die algemeenste kanker onder vroue is en dit sulke geweldige afmetings aangeneem het dat elke vrou daarmee moet rekening hou, het dit tyd geword dat die teologie, en met name die pastoraat, ditself ook ten opsigte van die moontlike problematiek wat daarmee saamgaan, moet verantwoord. Die behandeling van borskanker behels in die meerderheid van gevalle 'n mate van chirurgiese ingrepe waardeur 'n deel van of die hele bors, en in ekstreme gevalle ook die onderliggende weefsel, verwyder word. Hierdie prosedure oefen, in 'n mindere of meerdere mate, 'n invloed op die vrou se belewing van haar liggaamlikheid uit wat weer na die intieme band van die huwelik kan deurwerk. Die mastektomiepasiënt kan ervaar dat die operasie, met al die sielkundige effekte wat dit inhou, haar innerlike lewensritme versteur sodat die verhoudinge waarin sy leef ook onder druk geplaas word. Binne die huwelik sou 'n mens dan die krisis van 'n mastektomie as 'n verhoudingskrisis moet hanteer, waarin die eggenoot 'n belangrike terapeutiese funksie kan vervul. Die man se bydrae word egter deurslaggewend bepaal deur: a) Sy verbintenis aan die verhouding en b) Die korrelasie tussen sy manlike identiteit, seksualiteit en die persepsies met betrekking tot die liggaamlikheid van die vrou. Binne die krisis van 'n mastektomie kan die vrou se liggaamsbeeld nie van haar geloofsidentiteit en die kwaliteit van haar huwelik losgemaak word nie - hierdie drie staan in 'n interdinamiese verband en beteken dat die verwerking van die krisis van 'n mastektomie direk van die kwaliteit van die liefdesverhouding en die ervaring van geloof, afhang. In die verwerking van die krisis vervul die geloofsfaktor 'n deurslaggewende rol om afstand tussen die emosionele trauma van die verlies en die ervaring van identiteit te skep. Die pastoraat kan 'n belangrike funksie vervul ten opsigte van begeleiding en ondersteuning in die verwerking van die krisis van 'n mastektomie deurdat dit God se aktiewe betrokkenheid by die situasie, aan die hand van die liggaamlikheid van Jesus Christus, verkondig. As terapeut kan die eggenoot begelei word om, op die gebied van die seksuele, baie sterker op die emosionele behoeftes van die mastektomiepasiënt ingestel te wees, om haar sodoende te ondersteun en in die proses van heling mee te werk.en_ZA
dc.description.versionMastersen_ZA
dc.format.extent84, [21] leavesen_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/19405
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherStellenbosch : Stellenbosch Universityen_ZA
dc.rights.holderStellenbosch Universityen_ZA
dc.subjectBreast -- Cancer -- Surgery -- Psychological aspectsen_ZA
dc.subjectHusband and wife -- Psychological spectsen_ZA
dc.subjectMastectomy -- Psychological aspectsen_ZA
dc.subjectCancer -- Patients -- Pastoral counseling ofen_ZA
dc.subjectDissertations -- Practical Theologyen_ZA
dc.subjectTheses -- Practical Theologyen_ZA
dc.titleDie invloed van 'n mastektomie op die man-vrou verhouding : 'n pastorale ondersoekaf_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
grobbelaar_invloed_1993.pdf
Size:
5.78 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.95 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: