A feminist assessment of African women’s experiences of wartime sexual violence before the International Criminal Court

Date
2022-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The International Criminal Court (ICC) is the first permanent global tribunal aimed at prosecuting war crimes, crimes against humanity, genocide, and in future the crime of aggression (Rome Statute, 1998: see the preamble). The Court prides itself in participating in the global fight to end impunity and aims to hold those responsible, accountable for their crimes and help prevent these crimes from happening again (Rome Statute, 1998: see the preamble). The ICC correspondingly continues to play a prominent role in tackling impunity for atrocious crimes committed on the African continent. Feminist scholars have argued that as part of their history-making and norm setting function, international criminal tribunals need to acknowledge and de-legitimise sexist and/or misogynistic ideologies that contribute to violence in times of war and peace alike (Grewal, 2015). This study is a feminist engagement with an international criminal institution and aims to reflect the impact of the ICC in its incorporation and consideration of sexual violence as an international crime. It also aims to analyse the ICC’s comprehension and conceptualization of wartime sexual violence and its victims. Feminist security theory and intersectionality guided this study. These theories were crucial for this study for the following reasons: in making sense of African women’s wartime experiences of sexual violence, they foreground gender as a lens of analysis and consequently highlights the diverse roles women play in violent conflicts (as victims, protesters and participants) and gives women agency. Both theories bring attention to neglected factors of discrimination and subjects while accentuating the effects and consequences of wartime sexual violence on women. A qualitative research design undergirded this study, combined with a case study approach. This study used methods such as discourse analysis, and feminist self- reflexivity to engage with the data. The information generated through these methods were utilized in engaging the objectives of the study which are to provide insightful knowledge about African women's experiences of wartime sexual violence and investigate selected caselaw of the ICC, in order to comprehend the institutional discourses which ensue. This study found that the ICC has made some notable progress in terms of moving away from a legacy of historical silence and under-investigation of sexual violence crimes at the international level. While the progress is laudable, more still needs to be done. In spite of its shortcomings, the ICC has the potential to make sense of wartime sexual violence and establishing the link between gender and other factors of discrimination that account for the perpetration of wartime sexual violence.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Internasionale Strafhof (ISH) is die eerste permanente, wereldwye tribunaal met die doel om oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom, volksmoord en, in die toekoms, die misdaad van aggressie te vervolg (Rome Statute, 1998: sien die voorwoord). Die ISH neem met trots deel aan die wereldwye stryd om strafloosheid te beeindig en het ten doel om diegene wat verantwoordelik is vir misdade aanspreeklik te hou en die herhaling van die misdaad te voorkom (Rome Statute, 1998: sien die voorwoord). Die ISH speel dienooreenkomstig steeds 'n prominente rol in die stryd teen strafloosheid vir gruwelike misdade wat gepleeg is op die vasteland van Afrika. Feministiese akademici voer aan dat internasionale kriminele tribunale, as deel van hul funksies van geskiedenis daarstelling en normstelling, seksistiese en/of misoginistiese ideologieë wat bydra tot geweld in oorlogstyd en vredestyd moet erken en ontneem van regverdigheid (Grewal, 2015). Hierdie studie is 'n feministiese verbinding met 'n internasionale kriminele instelling en het ten doel om die impak van die ISH in terme van die se oorweging en assimilasie van seksuele geweld as 'n internasionale misdaad te weerspiee. Dit het ook ten doel om die ISH se begrip en konseptualisering van seksuele geweld in oorlogstyd en die slagoffers daarvan te ontleed. Hierdie studie is gelei deur feministiese veiligheidsteorie en interseksionaliteit. Die teoriee was van deurslaggewende belang in hierdie studie omdat hul geslag as analise daarstel vir vrouens in Afrika se oorlogservarings van seksuele geweld en gevolglik die uiteenlopende rolle wat vrouens speel in gewelddadige konflik (as slagoffers, betogers en deelnemers) beklemtoon en aan vrouens agentskap gee. Beide teoriee vestig aandag op verwaarloosde faktore van diskriminasie en ter selfde tyd beklemtoon hul die effek en gevolge van seksuele geweld teenoor vrouens in oorlogstyd. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp in kombinasie met 'n gevallestudiebenadering onder le die studie. Hierdie studie het metodes soos diskoersanalise en feministiese selfrefleksiwiteit gebruik om met die data te konnekteer. Die inligting wat so gegenereer is, is gebruik om die doelwitte van die studie te behaal: om insiggewende kennis te verskaf oor vrouens in Afrika se ervarings van seksuele geweld in oorlogstyd en om geselekteerde regsake van die ISH te ondersoek om die institusionele diskoerse wat daaruit voortvloei te verstaan. Die studie bevind dat die ISH noemenswaardige vordering gemaak het in terme van ‘n wegbeweging van die historiese stilte aangaande, en gebrekkige ondersoek van, seksuele geweldsmisdade op internasionale vlak. Alhoewel hierdie vordering lofwaardig is, moet nog meer gedoen word. Ten spyte van die ISH se tekortkominge, het die hof die potensiaal om seksuele geweld in oorlogstyd te verstaan en om vas te stel wat die verband is tussen geslag en die ander faktore van diskriminasie wat aanleiding gee tot seksuele geweld in oorlogstyd.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Rape as weapon of war, Women -- Violence against -- Africa, Feminist theory, Women and war, International Criminal Courts, Political parties -- Africa, Opposition (Political Science) -- Africa, Dominant-party systems -- Africa, One-party dominant systems -- Africa, Democracy -- Africa, Sex crimes -- Africa, UCTD
Citation