Telepraktyk en die behandeling van volwassenes met vokale hiperfunksie : 'n Omvangsbepaling

Date
2022-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsingsvraag vir hierdie studie was: Wat is bekend in gepubliseerde navorsing oor die gebruik van telepraktyk in die behandeling van volwassenes met vokale hiperfunksie? Die hoofdoel van hierdie studie was om kennis in te win aangaande die behandeling van stempatologiee deur die gebruik van telepraktyk. Daar was twee spesifieke doelwitte vir die studie. Doelwit een was om die bestaande literatuur sistematies te ondersoek en te bepaal wat bekend is oor die gebruik van telepraktyk in die behandeling van stemprobleme. Doelwit twee was om kundiges te raadpleeg om temas en gapings in die kennis te identifiseer, met spesifieke verwysing na die haalbaarheid van telepraktyk in die Suid-Afrikaanse konteks. Arksey en O'Malley (2005) stel voor dat ’n raamwerk, bestaande uit ses stappe, gebruik word om die omvangsbepaling uit te voer. Stappe een tot vyf dek die volgende: die identifisering van die navorsingsvraag, die identifisering van relevante studies, die keuse van die studies, die dataversameling, opsomming en rapportering van die resultate. Die sesde stap behels ’n doelgerigte konsultasiefase. In hierdie studie is onderhoude gevoer met kundiges op die gebied van stemterapie en telepraktyk. Die sesde stap van konsultasie lei dus tot die verbetering van navorsing deur kundiges te betrek. Dit dra by tot die geldigheid en veralgemeenbaarheid van die studietemas. Pollock et al (2020) en Peters et al (2020) noem dat die konsultasiefase as ’n vereiste fase van ’n omvangsbepaling beskou behoort te word. In hierdie omvangsbepaling is konsultasie dwarsdeur die studie aangewend, byvoorbeeld konsultasie met die bibliotekaris as ’n deskundige op die gebied van inligtingskunde. Daar is besluit om ook kundiges aan die einde van die studie in te sluit. Die konsultasie met verkose kundiges is dus deel van die omvangsbepaling, soos omskryf deur die Joanna Briggs Institute (JBI)-riglyne, en moet nie as ’n afsonderlike komponent van die studie beskou word nie. Die konsultasiefase het die vorm van ’n kwalitatiewe beskrywingsontwerp aangeneem. Die doel van hierdie fase was om die bruikbaarheid van die resultate te verhef deur die opinies van kenners te verkry. Ses kenners wat tans in privaat praktyke in die Wes-Kaap en Gauteng werksaam is, is gekies om die kundige menings in die steekproefneming te lewer. Daar is besluit om spraak- en taalterapeute wat in privaat praktyk werk, te werf. Die rede hiervoor was dat spraak- en taalterapeute in privaat praktyk meer geneig is om telepraktyk met stempasiënte te gebruik. Tematiese ontledings is gebruik om die temas gevind in die data verkry uit die omvangsbepaling en konsultasie met kundiges te identifiseer, ontleed, beskryf en rapporteer. Die doel van die konsultasiefase in die omvangbepaling was nie ’n in-diepte kwalitatiewe verkenning nie, maar eerder om te help met die verfyning van die navorsingsvraag, die verduideliking van definisies en die verskaffing van ’n dieper begrip van die navorsing, en om navorsingsgapings te identifiseer (Pollock, 2020). ’n Voorlopige literatuursoektog het geen gepubliseerde studies oor telepraktyk in stemterapie vir die Suid-Afrikaanse konteks getoon nie. Telepraktyk bied baie voordele, maar beperkte navorsing binne die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgstelsel is al gedoen om die uitvoerbaarheid en doeltreffendheid van stemterapie vir die lewering van spraak-taalterapie te ondersoek. Daar is ook min data oor hoe spraak-taalterapeute hierdie metodes gebruik en implementeer in hul praktyke.
ENGLISH SUMMARY: The research question for this study was: What is known in published research about the use of telepractice in the treatment of adults with vocal hyperfunction? The goal of this study was to gain knowledge regarding the treatment of voice pathologies using telepractice. There were two specific aims for the study. Aim one was to investigate the existing literature systematically and to establish what is known about the use of telepractice in the treatment of voice disorders. Aim two was to consult experts for the purpose of validating themes and identifying knowledge gaps, with particular reference to the feasibility of telepractice in the South African context. Arksey and O’Malley (2005) propose that a framework, consisting of six steps, be used to do the scoping review. Steps one to five cover the following: identifying the research question, identifying relevant studies, selecting the studies, charting the data, and collating, summarizing and reporting the results. The sixth step specifically involves a consultation phase. In this study, interviews with experts were held. The sixth step of consultation leads to the improvement of research by involving experts, which contributes to the validity and generalizability of the study. Pollock et al (2020) and Peters et al (2020) state that the consultation phase should be considered a required phase of a scoping review. For the purpose of this scoping review consultation was implemented throughout the study, for example consultation with the librarian as an expert in information science. It was decided to also include experts/stakeholders at the end of the study. The consultation with selected experts is therefore part of the scoping review as defined by Joanna Briggs Institute (JBI) guidelines and is not to be seen as a separate component of the study. The consultation phase followed a qualitative descriptive design. The purpose of this stage was to increase the usefulness of the results by gaining insights from important stakeholders. Using purposive sampling, six adult participants who currently work within private practice environments in the Western Cape and Gauteng were selected as the expert participants. It was decided to recruit private practitioners because speech and language therapists in private practice are more likely to engage in telepractice with clients on a regular basis than clinicians in public service. Thematic analysis was used to identify, analyze, describe and report the themes found within the data obtained from the scoping review and consultation with experts. The purpose of the consultation phase in the scoping review was not in-depth qualitative exploration but to assist with refining the research question, clarifying definitions and providing a deeper understanding of the phenomenon to identify research gaps (Pollock, 2020). A preliminary literature search did not show any published studies on telepractice in voice therapy for the South African context. Telepractice offers many benefits to users, but limited research within the South African healthcare system has been done to investigate the feasibility and effectiveness of voice therapy interventions for the delivery of speech-language therapy, and how speech-language therapists use and implement these methods in their practices. Creating a framework for the use of telepractice can provide guidelines to health professionals and researchers on alternative and possibly more effective forms of treatment for voice disorders in adults.
Description
Thesis (MSL&HT)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Voice therapy, Voice disorders -- Treatment, Communicative disorders, Speech-language therapy, UCTD
Citation