Holistiese Christelike Afrika-spiritualiteit tydens siekte en krisis : 'n Pastoraalhermeneutiese perspektief

Date
2019
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
In hierdie artikel word die rol van Afrika-spiritualiteit ondersoek, spesifiek ten tye van siekte en krisis. Die doel is om deur middel van ’n pastoraal-hermeneutiese interpretasie ’n moontlikheid van inklusiewe spiritualiteit (beide Afrikaïese en Christelike spiritualiteite) voor te stel. Dit word voorgestel as ’n wesenlike alternatiewe reaksie vir Afrika-mense in hul stryd met siekte en krisis. Die veronderstelling is dat holistiese Christelike spiritualiteit ’n sterk basis van hoop aan Afrika-mense tydens siekte en krisis bied. Spiritualiteit is ’n wye begrip wat verskillende konsepte bevat en kan dus nie tot slegs ’n religieuse ervaring beperk word nie. Die navorsing het grotendeels van beskikbare literatuur rakende Afrikaïese wêreldbeskouings en Afrika-spiritualiteit gebruik gemaak, om sodoende nuwe insigte te ontwikkel. Daar is bevind dat spiritualiteit in Afrika deel is van alle mense se ervaringe en bewustheid wat spruit uit omgang met hul medemens, natuur en die bonatuurlike. Dit blyk dat spiritualiteit diepe betekenis vind tydens tye van krisisse en siektes. Hierdie krisistoestande wek vrees en onsekerheid omdat dit fisieke, geestelike, emosionele, sosiale en ekonomiese produktiwiteit teenwerk. Afrika-spiritualiteit is gegrond in Afrika-kulture en -tradisies, wat ’n basis van ondersteuning tydens siektes en krisisse bied. Binne die konteks van siekte kan Afrikaspiritualiteit werklik tot sy reg kom wanneer dit sy regmatige plek inneem en deel word van reaksiemeganismes in die stryd teen en uitdagings van siekte en krisis. Dus poog die artikel om ’n teoretiese raamwerk daar te stel wat Afrika-spiritualiteit binne die kulturele en tradisionele konteks bespreek. Dit poog verder om die fondament van Afrika-spiritualiteit as bousteen te gebruik om die aanslag van siekte en krisis te interpreteer en om sin daarvan te maak. Die oorkoepelende betoog van die artikel is om die rol wat holistiese Christelike Afrikaspiritualiteit vervul, te ondersoek en te poog om ’n inklusiewe spirituele raamwerk vir die hantering van siektes en krisisse voor te stel.
The article investigates holistic spirituality as a basis to reflect upon the role of African spirituality during times of illness and crisis. Although African history is by and large an oral history, the article makes use of diverse literature to explore African worldviews and cultures in addressing the question of spirituality during times of illness. In the last few decades various African authors have written books and articles on African culture and practices to gather the oral stories into written manuscripts for future preservation.
Description
CITATION: Khoaseb, M. & Thesnaar, C. H. 2019. Holistiese Christelike Afrika-spiritualiteit tydens siekte en krisis : 'n Pastoraalhermeneutiese perspektief. LitNet Akademies, 16(3):213-234.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Christian life, Spirituality
Citation
Khoaseb, M. & Thesnaar, C. H. 2019. Holistiese Christelike Afrika-spiritualiteit tydens siekte en krisis : 'n Pastoraalhermeneutiese perspektief. LitNet Akademies, 16(3):213-234.