Support for exclusive breastfeeding in the workplace : development of a practice model for designated workplaces in the Breede Valley sub-district, Western Cape Province, South Africa

Date
2020-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Globally, mothers have identified employment as one of the leading barriers to exclusive and continued breastfeeding. This study aimed to develop a practice model to support exclusive breastfeeding for working mothers. The study was conducted with participants from designated workplaces in the Breede Valley sub-district, Western Cape, South Africa. An explanatory, sequential, mixed methods research design was employed, comprising a quantitative, descriptive, cross-sectional study (phase one), followed by a qualitative, multiple case study (phase two), and the development and validation of a practice model (phase three). In phase one an online survey was conducted to assess current breastfeeding support practices. In phase two, data was collected at nine purposively selected workplaces, using focus group discussions (FGDs) and in-depth interviews. FGDs were also conducted with employed breastfeeding mothers from designated workplaces who exclusively or predominantly breastfed their children for any period up to six months. In phase three, the practice model was developed, drawing on the analysis of data from phases one and two and making use of programme theory approaches and logic models. The draft model was sent to 11 experts. After input from the two modified Delphi rounds had been received and amendments to the model had been made, it was presented for feedback to the nine participating workplaces during four FGDs and one in-depth interview. A response rate of 36.8% (14/38) was achieved for the online survey. The results revealed that arrangements surrounding breastfeeding in designated workplaces were limited and inadequate, with few support practices. Onsite or nearby crèche facilities (n=2, 14.3%), breastfeeding counsellors (n=1, 7.1%), promotion of the benefits of breastfeeding to employees (n=2, 14.3%) and provision of private space for expressing (n=2, 14.3%) were not common practice. Workplace breastfeeding policies (n=4, 28.6%) were not readily available, and were mostly found in the public sector. Forty-three percent of workplaces (n=6, 42.9%) did not allocate time for expressing breastmilk at work. Phase two revealed that employees viewed their workplaces as unsupportive in terms of providing breastfeeding time and designated spaces for expressing breastmilk. Returning to work was viewed as challenging, mainly because of the unsupportive attitudes of co–workers and supervisors and a lack of space and time to express breastmilk. The challenges reported by managers related to the absence of appropriate space and infrastructure, as well as the resources to finance what was needed. The majority of managers claimed that they valued a supportive workplace environment and a culture of caring focusing on staff wellness. They regarded themselves as flexible (including in respect of allowing employees personal time). This was in conflict with employees’ views. Employees felt that their employers were unsupportive, strict and un-accommodating with regard to the provision of time for expressing, mentioning that they mostly used their lunch and tea breaks. Participants were positive about the final practice model and viewed it as informative and well designed. They were positive that the model would be feasible and commended the tiered approach to implementation. The model was perceived as an ideal tool to use, if accompanied by some training. The study showed that legislated breastfeeding breaks are poorly implemented or mostly absent, mainly due to widespread ignorance of breastfeeding rights in the formal sector. There is an urgent need for advocacy around creating an enabling workplace environment for breastfeeding. The practice model has the potential to be locally applied and will be of particular use to workplaces that want to initiate and/or strengthen breastfeeding support.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Moeders het werk wereldwyd geidentifiseer as een van die grootste hindernisse vir eksklusiewe en voortgesette borsvoeding. Hierdie studie het ten doel gehad om 'n praktykmodel te ontwikkel om eksklusiewe borsvoeding te ondersteun vir werkende moeders. Die studie is uitgevoer met deelnemers van aangewese werkplekke in die Breedevallei-distrik, Wes-Kaap, Suid-Afrika. 'n Verduidelikende, opeenvolgende, gemengde metode-navorsingsontwerp is gebruik wat bestaan uit 'n kwantitatiewe, beskrywende, deursnitstudie (fase een), 'n kwalitatiewe, veelvuldige gevallestudie studie (fase twee), en die ontwikkeling en validerings van `n praktykmodel (fase drie). In fase een is 'n elektroniese aanlyn opname gedoen om huidige borsvoedingpraktyke te assesseer. In fase twee is data versamel by nege doelgerigte geselekteerde werkplekke, met behulp van fokusgroepbesprekings (FGB's) en in-diepte onderhoude. FGB's is ook gedoen met borsvoedende moeders in diens van aangewese werkplekke wat hul kinders eksklusief of oorwegend geborsvoed het vir enige periode tot op ses maande. In fase drie is die praktykmodel ontwikkel, gebaseer op die ontleding van die resultate van fases een en twee, en deur gebruik te maak van programteoriebenaderings en logikamodelle. Die konsepmodel is aan 11 kundiges gestuur. Na die ontvangs van insette van die twee aangepaste Delphi-rondtes en wysigings aan die model gemaak was, is dit aan die nege deelnemende werkplekke voorgelê vir terugvoering, tydens vier FGB's en een in diepte-onderhoud. 'n Respons koers van 36,8% (14/38) is behaal vir die aanlyn-opname. Resultate toon dat reelings rondom borsvoeding by aangewese werkplekke beperk en onvoldoende is, met min ondersteunende praktyke. Dagsorg fasiliteite ter plaatse of in die omgewing (n = 2, 14,3%), borsvoeding beraders (n = 1, 7,1%), bevordering van die voordele van borsvoeding aan werknemers (n = 2, 14,3%) en die voorsiening van privaat spasie vir uitmelk (n = 2, 14,3%) was nie algemene praktyk nie. Borsvoedingbeleide by die werkplek (n = 4, 28,6%) was nie geredelik beskikbaar nie, en was meestal in die openbare sektor gevind. Drie-en-veertig persent van die werkplekke (n = 6, 42,9%) het nie tyd geallokkeer om borsmelk by die werk uit te melk nie. Fase twee het onthul dat werknemers hul werkplekke as nie ondersteunend beskou in terme van die voorsiening van borsvoedingstyd en die aangewese spasies om borsmelk uit te melk. Die terugkeer na die werk is as 'n uitdaging beskou, hoofsaaklik as gevolg van die nie ondersteunende houdings van medewerkers en toesighouers, en `n gebrek aan spasie en tyd om borsmelk uit te melk. Die uitdagings wat bestuurders ondervind, hou verband met die afwesigheid van toepaslike spasie en infrastruktuur, asook die hulpbronne om te finansieer wat benodig word. Die meerderheid bestuurders het genoem dat hulle waardeer 'n ondersteunende werkplekomgewing en 'n kultuur van omgee, fokus op die welstand van die personeel. Hulle het hulsef beskou as buigsaam (insluitend ten opsigte van die voorsiening van persoonlike tyd aan werknemers). Dit was instryding met die siening van werknemers. Werknemers het gevoel dat hul werkgewers nie ondersteunend en streng is en nie akkomoderend is met betrekking tot die voorsiening van tyd om uit te melk, met melding dat hulle meestal hul middag- en teetyd gebruik. Deelnemers was positief oor die finale praktykmodel en het dit as 'n insiggewende, goed ontwerpte dokument beskou. Hulle was positief dat die model uitvoerbaar sal wees en het die afgestemde benadering tot implementering aanbeveel. Die model word beskou as 'n ideale instrument om te gebruik, as gepaard gaan met opleiding. Die studie het getoon dat die wetlike voorsiening van borsvoedingstyd swak geimplementeer of meestal afwesig is, hoofsaaklik as gevolg van wydverspreide onkunde oor die borsvoeding regte in die formele sektor. Daar is 'n dringende behoefte aan voorspraak rondom die skepping van 'n instaatstellende werkplekomgewing vir borsvoeding. Die praktykmodel het die potensiaal om plaaslik toegepas te word en sal veral van waarde wees vir werksplekke wat borsvoedingsondersteuning wil inisieer en/ of versterk.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Breastfeeding -- Western Cape (South Africa), Working mothers -- Western Cape (South Africa), Breastfeeding promotion -- Western Cape (South Africa), UCTD
Citation