Transforming mutuality in a theology of mission : a missiological evaluation of a Colombian congregation case study

Date
2023-12-15
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this missiological, creative, and contextual case study, the use of the slogan or watchword, ‘the evangelization of the world in this generation’ is problematic and a new slogan is sought. The main concern is the God-image developed upon a vanquishing Christ ‘bent on conquest’. The slogan propelled a rapid growing denomination (1979–2003); the International Church of Christ (ICOC) is depicted in the study as an expanding global train, followed by a trainwreck. The inner workings and consequent collapse of a USA-born and funded Christian denomination, termed a religious branded organisation (RBO), and the effects on a satellite congregation, ICI Colombia, are explored. The primary focus is the subsequent regrouping of the congregation as a gathered community (2004–2021). The concern around the concept of this slogan has been addressed within missiology from different denominational perspectives for over a century, such potential ethical considerations considering the need for self-imposed limitations when furthering the message of Christ from Global North to Global South. The study views these from a triad thrust of expansion: main message or interpretation of biblical text; decision making over funds/resources; and use of structure—including legal and media (propaganda). The study is grounded in a triad of conversation partners (David Bosch, Ivan Illich, and Roland Allen) for a view from the inside, by an insider/outsider creative researcher. The researcher sought a radical shift in her positionality within the congregation due to the lessons of the collapse. Creativity is applied in various manners such as the development of data visualisation through constant images (i.e., train, trainwreck) and four vignettes. A maternal-thinking perspective, based on personal life experience and a Colombian matricentric society, is used throughout. This thinking-with-the-womb allows for a view of reality with an understanding of an interconnectedness of the universe. The findings of the study, which focused primarily on grassroots participants using semi-structured, in-depth interviews, reveal the shifts of self-understandings and practices of mutuality that have shaped the mission and ministry of the congregation since the forementioned trainwreck. After collecting the empirical and interpretive data, these results are conspicuously observed: Resilient spirituality and togetherness or conviviality. A new slogan is developed, an expressive poem inspired by the compiled data. It is an alternative application of a God-image inspired by Illich’s account of the boundary-crossing Samaritan parable, and Bosch, Illich, and Allen’s view of Luke´s mission theology of table-fellowship. The findings primarily fit into theology of mission, a sub-discipline of missiology, as aqueous challenges to mission effort we contend will offer test grounds for developing a contextualised transforming mutuality as a theology of mission. The applicability could be broader: spirituality, managerial missiology, World Christianity, and Mother Studies.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie missiologiese, kreatiewe en kontekstuele gevallestudie is die gebruik van die slagspreuk of wagwoord ‘the evangelization of the world in this generation’ [die evangelisasie van die wêreld in hierdie generasie] problematies en word na 'n nuwe slagspreuk gesoek. Die grootste bekommernis is die God-beeld wat ontwikkel is aan die hand van 'n oorwinnende Christus ‘wat op verowering ingestel is’. Die slagspreuk het 'n vinnig groeiende denominasie gedryf (1979–2003); die International Church of Christ (ICOC) word in die studie uitgebeeld as 'n uitbreidende globale trein, gevolg deur 'n katastrofiese ongeluk. Die innerlike werking en gevolglike ineenstorting van 'n VSA-gebore en befondsde Christelike denominasie, wat 'n godsdienstige handelsmerkorganisasie (RBO) genoem word, en die uitwerking op 'n satellietgemeente, ICI Colombia, word ondersoek. Die primêre fokus is die daaropvolgende her-vorming van die gemeente as ’n versamelde gemeenskap (2004–2021). Die besorgdheid oor die konsep van hierdie slagspreuk word al vir meer as 'n eeu binne missiologie vanuit verskillende denominasionele perspektiewe aangespreek; sulke potensiële etiese oorwegings neem die behoefte aan selfopgelegde beperkings in ag wanneer die boodskap van Christus van Globale Noorde na Globale Suide bevorder word. Die studie beskou dit vanuit 'n driehoekige uitbreiding-dryfaksie: hoofboodskap of interpretasie van Bybelteks; besluitneming oor fondse/hulpbronne; en gebruik van struktuur – insluitend die reg en media (propaganda). Die studie is gegrond op 'n drietal gespreksgenote (David Bosch, Ivan Illich, en Roland Allen) vir 'n uitsig van binne, deur 'n binnestaander/buitestaander kreatiewe navorser. Die navorser het gesoek na 'n radikale verskuiwing in haar posisionaliteit binne die gemeente as gevolg van die lesse geleer van die ineenstorting. Kreatiwiteit is op verskeie maniere toegepas, soos die ontwikkeling van datavisualisering deur konstante beelde (d.w.s. trein, treinongeluk) en vier karaktersketse. 'n Moeder-denkperspektief, gebaseer op persoonlike lewenservaring en ’n Colombiaanse matrisentriese samelewing, word deurgaans gebruik. Hierdie dink-met-die-baarmoeder maak voorsiening vir 'n siening van die werklikheid met 'n begrip van 'n onderlinge inter-verbondenheid van die heelal. Die bevindinge van die studie, wat hoofsaaklik gefokus het op voetsoolvlak-deelnemers deur gebruik te maak van semi-gestruktureerde, in-diepte onderhoude, onthul die verskuiwings van selfbegrip en praktyke van wedersydsheid wat die missie en bediening van die gemeente sedert die genoemde ‘treinongeluk’ gevorm het. Nadat die empiriese en interpretatiewe data ingesamel is, is hierdie resultate opvallend waargeneem: Veerkragtige spiritualiteit en samesyn of geselligheid. ’n Nuwe slagspreuk is ontwikkel, 'n veelbetekenende gedig wat deur die saamgestelde data geïnspireer is. Dit is 'n alternatiewe toepassing van 'n God-beeld geïnspireer deur Illich se weergawe van die grensoorskrydende Samaritaanse gelykenis, en Bosch, Illich en Allen se siening van Lukas se sendingteologie van tafelgemeenskap. Die bevindinge pas hoofsaaklik in by die teologie van sending, 'n subdissipline van missiologie, aangesien die water-agtige uitdagings vir sendingpoging waarmee ons te kampe het, toetsgronde bied vir die ontwikkeling van 'n gekontekstualiseerde transformerende wederkerigheid as 'n teologie van sending. Die toepaslikheid kan wyer wees: spiritualiteit, bestuursmissiologie, Wêreld-Christendom en Moederstudies.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Citation