Erkenning van kulturele verskille

dc.contributor.authorVan der Merwe, W. L.en_ZA
dc.date.accessioned2013-01-23T11:47:29Z
dc.date.available2013-01-23T11:47:29Z
dc.date.issued2001
dc.descriptionCITATION: Van der Merwe, W. L. 2001. Erkenning van kulturele verskille. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 41(4):268-282.
dc.descriptionThe original publication is available at http://www.scielo.org.za
dc.description.abstract'n Lang en ryk tradisie in die filosofie gaan daarvan uit dat die behoefte aan erkenning 'n universele en wesenlike menslike gegewe is. 1 Dit word nie net in abstraksie beredeneer nie, maar ook onderskryf deur spesifieke interpretasies van die mitologie, die tragedie, antler literere vorme, asook studies in die psigologie, sosiale antropologie en die fenomenologie van godsdiens. In hierdie bydrae gaan daar egter spesifiek gefokus word op die problematiek van erkenning van kulturele verskille omdat dit in hedendaagse samelewings so 'n belangrike rol speel. 2 Suid-Afrika is in die verband geen uitsondering nie, hoewel die tekstuur van kulturele verskeidenheid en veral die wyse waarop dit in die koloniale en apartheidsverlede verpolitiseer is, ons situasie verskillend maak. Die algemene bewussyn in die wereld vandag van die belang van kulturele verskille en die probleme wat die erkenning daarvan oproep, word ook gereflekteer in die hedendaagse filosofie, byvoorbeeld in bepaalde vorme van multikulturalisme, feminisme en postmodemisme, in debatte oor die begronding en begrensing van groepspesifieke ofkulturele regte, en in die herwaardering van die etiese appel wat van die antler, ook die "kulturele antler", uitgaan. 3 Waarop meer spesifiek gefokus gaan word - veral in die tweede en derde dee! van hierdie betoog - is die vraag onder watter voorwaardes erkenning van kulturele verskille gevra en gegee kan word. Die antwoord van 'n bepaalde vorm van kulturele relatiwisme op hierdie vraag is die "gelykheidstese", dit wil se die opvatting dat die gelykwaardigheid van kulture erken moet word. Deur 'n kritiek van die opvatting been, sal betoog word dat die voorwaardes vir die erkenning van kulturele verskille op 'n antler, in feite aporetiese wyse verstaan moet word. Met die oog daarop word daar eers gewys op die verband tussen kultuur en erkenning.
dc.description.abstractThe demand for the recognition of cultural differences is central to a number of debates associated with multiculturalism. Following Charles Taylors analysis of the relation between modernity and cultural pluralism, it is argued that the demand of cultural relativism, namely that the equal value of cultures should be recognised, is not justifiable. This however should not serve as an excuse for underestimating the significance of cultural differences or for ethnocentric indifference towards claims for recognition. The prerequisites for claims towards recognition are further explored by distinguishing between two justifiable claims: on the one hand the claim that the right to differ should be recognised and on the other hand the claim that the inherent value of the difference should be recognised. It is argued that the possibilities of granting recognition are in most cases restricted to the first claim. Although the second claim may also be justified, it is in most cases not possible to meet it. The conclusion is that we encounter an aporetic ground for both cultural critique and intercultural tolerance; in fact a better ground for tolerance than cultural relativism which easily leads to indifference.
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent15 pages
dc.identifier.citationVan der Merwe, W. L. 2001. Erkenning van kulturele verskille. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 41(4):268-282.
dc.identifier.issn2224-7912 (online)
dc.identifier.issn0041-4751 (print)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/74343
dc.language.isoaf
dc.publisherSouth African Academy for Science and Arts
dc.subjectCultural pluralismen_ZA
dc.titleErkenning van kulturele verskilleaf_ZA
dc.title.alternativeRecognition of cultural differencesen_ZA
dc.typeArticle
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
vandermerwe_erkenning_2001.pdf
Size:
9.32 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article