Kapasiteitsbou van informele gemeenskapsgebaseerde organisasies in die Suid-Afrikaanse welsynsektor : die bydrae deur gevestigde maatskaplike diensorganisasies

Date
2016-06
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Abstract
Ná twintig jaar van demokrasie is Suid-Afrika steeds 'n verdeelde samelewing met grootskaalse armoede en hoe vlakke van kwesbaarheid. Ontwikkeling van alle sektore van die samelewing word deur die Regering as oplossing gesien. Deur middel van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling se finansieringsbeleid (Departement van Maatskaplike Ontwikkeling 2012a) plaas die Staat druk op gevestigde maatskaplike diensorganisasies om tot kapasiteitsbou van informele gemeenskapsgebaseerde organisasies by te dra. Die doel van hierdie artikel is om begrip te ontwikkel vir die bydrae van gevestigde maatskaplike diensorganisasies tot die kapasiteitsbou van informele gemeenskapsgebaseerde organisasies (voortaan in hierdie artikel na verwys as "IGO's") ten einde grondige bevindinge en aanbevelings daarvoor te kan maak. Om hierdie doel te bereik, word die agtergrond van die onderwerp in meer detail belig, word die navorsingsmetodologie wat gevolg is, verduidelik en word die bevindinge aangebied deur middel van 'n geintegreerde sintese van deelnemers se beskrywings van gevestigde organisasies en IGO's, hulle beskouings van suksesse behaal en hulle reflektering van verdere uitdagings in kapasiteitsboupogings.
Description
CITATION: Boshoff, S. & Engelbrecht, L. K. 2016. Kapasiteitsbou van informele gemeenskapsgebaseerde organisasies in die Suid-Afrikaanse welsynsektor : die bydrae deur gevestigde maatskaplike diensorganisasies. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(2):592-607, doi:10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a5.
The original publication is available at http://www.scielo.org.za
Keywords
Capacity building, Community organization, Social development -- South Africa, Poverty -- South Africa, Social service -- Business management -- South Africa
Citation
Boshoff, S. & Engelbrecht, L. K. 2016. Kapasiteitsbou van informele gemeenskapsgebaseerde organisasies in die Suid-Afrikaanse welsynsektor : die bydrae deur gevestigde maatskaplike diensorganisasies. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(2):592-607, doi:10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a5.