Die belang van mediavryheid in Suid-Afrika : tweehonderd jaar, twee gevallestudies, van die Magna Carta tot die Muilbandwet

Date
2016-09
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Abstract
Hierdie artikel beskou die huidige bedreigings teen 'n vrye media in Suid-Afrika vanuit 'n mediahistoriografiese vertrekpunt en betoog dat die rol van 'n vrye media in Suid-Afrika belangriker is as ooit weens die bedreigings van die ANC-regering op die vrye vloei van inligting. Mediavryheid as konsep word bespreek, waarna 'n vrye media vanuit 'n libertaries-sosiaal verantwoordelike teoretiese vertrekpunt belig word. Dit word gevolg deur 'n kort bespreking van die gevallestudie as navorsingsontwerp en die historiese metode as navorsingsinstrument. Twee gevallestudies in die stryd om mediavryheid teen die regering van die dag oor byna tweehonderd jaar in Suid-Afrika volg: Die eerste onder 'n outoritêre Britse koloniale regering en die tweede onder 'n demokratiese bedeling onder die ANC. In die eerste word beweeg van geen persvryheid, na sogenaamde onvoorwaardelike vryheid. In die tweede hou die voorgestelde Media Appèl Tribunaal, sekere wetsontwerpe, sowel as ander bedreigings, asook die ondemokratiese uitsprake en optrede van Suid-Afrika se staatshoof en sy regering, ernstige gevare in vir mediavryheid, ondanks grondwetlike waarborge. Die stelsel van selfregulering is relevant en word kortliks bespreek. Die gevolgtrekking is dat mediavryheid altyd voorwaardelik is, ondanks 'n pro tempore-belewenis dat dit onvoorwaardelik kan wees, en dat mediavryheid eweseer 'n kwessie is in 'n sogenaamde liberaal-demokratiese bedeling as wat dit in 'n vorige diktatoriale koloniale era was.
Description
CITATION: Rabe, L. 2016. Die belang van mediavryheid in Suid-Afrika : tweehonderd jaar, twee gevallestudies, van die Magna Carta tot die Muilbandwet. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(3):856-874, doi:10.17159/2224-7912/2016/v56n3a9.
The original publication is available at http://www.scielo.org.za
Keywords
Freedom of expression -- South Africa, Democracy -- South Africa, Media -- South Africa, Libetarianism
Citation
Rabe, L. 2016. Die belang van mediavryheid in Suid-Afrika : tweehonderd jaar, twee gevallestudies, van die Magna Carta tot die Muilbandwet. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(3):856-874, doi:10.17159/2224-7912/2016/v56n3a9.