Die reg se oenskynlike onvermoe om korrupsie in staatskontraktering in Suid-Afrika hok te slaan

Date
2013
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Ten spyte van ’n aansienlike aantal afdwingbare regsreëls wat staatsverkryging in Suid-Afrika reguleer, word hierdie aspek van staatsadministrasie gekenmerk deur hoë vlakke van ongerymdhede. Veral korrupsie blyk hoogty te vier as dit kom by staatskontrakte. Die vraag ontstaan dus hoekom die toepaslike reg oënskynlik nie daarin slaag om korrupsie in staatskontraktering effektief teen te werk nie. Die doel met hierdie artikel is om te fokus op die regsreëls wat spesifiek gemik is daarop om korrupsie in staatskontraktering te beveg en deur ’n ontleding van daardie reëls probleme te identifiseer wat sodanige oogmerk ondermyn. Vyf hoofprobleme in die regulering van staatsverkryging word geïdentifiseer wat bepaald die stryd teen korrupsie ondermyn, te wete die gefragmenteerde aard van die regulatoriese raamwerk, die steun op verkrygingsbeleid as die voertuig vir individuele verkrygingsreëls, die desentralisering van beide die verkrygingsfunksie en die skep van verkrygingsreëls, die inkonsekwente toepassing van gemeenregtelike reëls deur howe in verkrygingsdispute en die onsamehangende stelsel van remedies van toepassing op verkrygingstransaksies. Drie stappe word gevolglik voorgestel wat hierdie probleme kan help aanspreek. Dit is die sentralisering en konsolidering van die regulatoriese raamwerk, die skep van ’n sterk, sentrale oorsigstruktuur, en ’n herbesinning van die howe se rol in die regulering van staatsverkryging.
Description
CITATION: Quinot, G. 2013. Die reg se oënskynlike onvermoë om korrupsie in staatskontraktering in Suid-Afrika hok te slaan. LitNet Akademies, 10(1):215-248.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za/category/akademies/litnet-akademies/litnet-akademies-regte/
Keywords
Public administration -- South Africa -- Corruption -- Law and legislation, Letting of contracts -- South Africa, Administrative law -- South Africa, Public finance -- South Africa, Government purchasing -- South Africa -- Law and legislation
Citation
Quinot, G. 2013. Die reg se oënskynlike onvermoë om korrupsie in staatskontraktering in Suid-Afrika hok te slaan. LitNet Akademies, 10(1):215-248.