Nelson Mandela se houding teenoor die kommunisme

Date
2014-11
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Historical Association of South Africa
Abstract
Die doel van dié artikel is om wyle oudpres. Nelson Mandela se houding teenoor die kommunisme, wat 'n wit vlek in die geskiedenis vorm, uit te lig en die mitevorming rondom die saak op 'n akademiese wyse af te breek. Die doel is pertinent nie om sy beeld af te breek nie; slegs om 'n versweë aspek van sy lewe te belig. Om dit te bereik is grotendeels staat gemaak op Mandela se eie geskrifte in die jare vyftig, voor hy tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is, asook twee belangrike geskrifte uit die jare sewentig, waarvan een die onlangs gepubliseerde, geheime outobiografie is wat hy op Robbeneiland geskryf het. Daar is ook staat gemaak op die nuutste bevindings van akademiese historici rakende Mandela se relatief kortstondige lidmaatskap van die SA Kommunistiese Party. Die gevolgtrekkings is kortliks dat Mandela in die laat vyftigs en vroeë sestigs 'n senior lid van die SAKP was, en dat hy dit toe om taktiese redes en met toestemming van die party laat vaar het. Verder was hy reeds in die vroeë jare vyftig 'n onkritiese aanhanger van die Marxisme-Leninisme, en hy het dié geloof minstens tot die laat jare sewentig gehou. In die loop van die jare tagtig, en veral ná sy vrylating in 1990, het hy klaarblyklik ingesien dat hy sy geloof moet wysig.
Description
CITATION: Scholtz, L. & Scholtz, I. 2014. Nelson Mandela se houding teenoor die kommunisme. Historia, 59(2):79-93.
The original publication is available at http://www.scielo.org.za
Keywords
African National Congress (ANC), South African Communist Party (SACP), Mandela, Nelson, 1918-2013 -- Political and social views, Communism, South Africa -- Politics and government -- 1948-1994, Government, Resistance to -- South Africa
Citation
Scholtz, L. & Scholtz, I. 2014. Nelson Mandela se houding teenoor die kommunisme. Historia, 59(2):79-93.