A business process reengineering framework using the analytic hierarchy process to select a traceability technology for spare parts management in capital-intensive industries

Date
2016-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: demand forecasting for spare parts; and inventory warehousing management. Various aspects (including 29 best practices) of BPR are described in order to support the proposed framework. These include criteria for selecting processes to redesign, the role of Information Technology in BPR and typical barriers to eff ective implementation of BPR. The AHP (a multi-criteria decision-making method) is explained in detail, as it facilitates the selection of asset traceability technology. An overview of asset traceability technologies (speci fically barcode technology, Radio Frequency Identi cation (RFID) technology and Global Positioning System (GPS) technology) is also provided, including the description of certain characteristics of each technology. The proposed framework, based on the literature review, serves as a structured guide and consists of two primary parallel elements (referred to as streams), namely the BPR stream and the Change Management stream. The BPR stream encompasses six phases of BPR (Contextualise SPM, Business Process Redesign, Asset Traceability Technology, Decision-Making, Implement, and Monitor and Evaluate) while the Change Management stream consists of three stages (Unfreeze State, Change State and Refreeze State). The framework is validated through face validation via semi-structured interviews with participants forming a panel of experts involved in and familiar with SPM and asset traceability technology. According to the expert panel, the proposed framework satisfies achievement of the desired framework attributes, namely (i) Generic and adaptable, (ii) Holistic and comprehensive, (iii) Structured and objective- or outcome-oriented and (iv) Practical. In addition, the expert panel perceived the framework to be useful, easy to use and understandable. However, recommendations were proposed to further improve the framework, including the addition of a scoping and objectives section and the expansion of the Change Management element.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Onderdele is noodsaaklik vir die e ektiewe bedryf van 'n kapitaal-intensiewe organisasie en maak, tesame met materiaalverbruik, ongeveer 50% uit van 'n tipiese instandhoudingsbegroting. Ten spyte van die relatief groot hoeveelheid literatuur beskikbaar oor onderdele, pas min maatskappye egter ordentlike strukturele, feitlike en kwantitatiewe Onderdelebestuur toe. Geïntegreerde benaderings om onderdele te bestuur, sowel as om teoretiese modelle te ondersteun met praktiese riglyne, word benodig ten einde die gaping tussen navorsing en praktyk te oorbrug. Die studie het voortgevloei uit 'n geleentheid geïdenti seer om prosesse binne Onderdelebestuur te verbeter, spesi ek deur die gebruik van bate opspoorbaarheidstegnologie. 'n Raamwerk word voorgestel wat (i) die Besigheidsproses Hersiening lei deur prosesse binne Onderdelebestuur, met die inagneming van elemente van Veranderingsbestuur, en (ii) die keuse van opspoorbaarheidstegnologie lei vir integrasie binne Onderdelebestuur by kapitaal-intensiewe organisasies (deur die gebruik van die Analitiese Hiërargie Proses). Die navorsing bestaan uit 'n bespreking van Batebestuur, insluitend PAS 55 en ISO 55000 (twee belangrike Batebestuur dokumentreekse) en Veranderings-bestuur, wat 'n noodsaaklike aspek vir implementering is. Vervolgens word Onderdelebestuur, 'n onderafdeling van Batebestuur wat verband hou met onderdele en die fokuspunt van die studie is, aangespreek. Die volgende Onderdelebestuur aspekte word onder andere aangespreek: eienskappe van onderdele en hoe onderdele van ander algemene voorraad verskil; klassi seringskriteria en klassi seringstegnieke; vooruitskatting van die vraag na onderdele; en die bestuur van voorraadvlakke. Verskeie aspekte (insluitend 29 beste praktyke) van Besigheidsproses Hersiening word beskryf ten einde die voorgestelde raamwerk te ondersteun. Dit sluit kriteria in vir die keuse van herontwerpsprosesse, die rol van Inligtingstegnologie in Besigheidsproses Hersiening en tipiese struikelblokke vir die e ektiewe implementering van Besigheidsproses Hersiening. Die Analitiese Hiërargie Proses ('n multi-kriteria besluitnemingsmetode) word in detail verduidelik, aangesien dit die keuse van 'n bate opspoorbaarheidstegnolgie moet fasiliteer. 'n Oorsig van bate pspoorbaarheidstegnolgieë (spesi ek strepieskode tegnologie, Radiofrekwensie Identi kasie (RFID) tegnologie en Globale Posisioneringstelsel (GPS) tegnologie) word ook verskaf, insluitend die beskrywing van sekere eienskappe van elke tegnolgie. Die voorgestelde raamwerk, gebasseer op die literatuurstudie, dien as 'n gestruktureerde gids en bestaan uit twee primêre parallele elemente (wat na verwys word as strome), naamlik die Besigheidsproses Hersiening stroom en die Veranderingsbestuur stroom. Die Besigheidsproses Hersiening stroom vervat ses fases van Besigheidsproses Hersiening (Kontekstualiseer Onderdelebestuur, Besigheidsproses Hersiening, Bate Opspoorbaarheidstegnolgie, Besluitneming, Implementeer, en Monitor en Evalueer) terwyl die Veranderingsbestuur stroom bestaan uit drie stadiums (Ontvries Stadium, Verander Stadium en Hervries Stadium). Die voorgestelde raamwerk word bekragtig deur sigwaarde bekragtiging via semi-gestruktureerde onderhoude met deelnemers wat 'n paneel van deskundiges vorm wat betrokke en vertroud is met Onderdelebestuur en Bate Opspoorbaarheidstegnolgie. Volgens die paneel van deskundiges slaag die voorgestelde raamwerk daarin om die vereiste raamwerk kenmerke te bereik, naamlik (i) Generies en aanpasbaar, (ii) Holisties en omvattend, (iii) Gestruktureerd en doelof uitkomsgeöriënteerd en (iv) Prakties. Boonop het die paneel van deskundiges die raamwerk gesien as nuttig, maklik om te gebruik en verstaanbaar. Aanbevelings was egter voorgestel om die raamwerk verder te verbeter, insluitend die byvoeging van 'n bestek en doelwitte afdeling en die uitbreiding van die Veranderingsbestuur element.
Description
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2016.
Keywords
Spare parts -- Demand management, Reengineering (Management), Warehouses -- Management, Radio frequency identification systems, Analytic Hierarchy Process, UCTD, Capital intensive industries
Citation