'n Historiese oorsig van die Libertas Teaterklub met spesifieke fokus op sleutelfigure en produksies vanaf 1960 tot 1989

Date
2016-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study documents the history of the Libertas Theatre Club from the time of its founding in 1960 up to 1989. All the full-length productions produced by the Libertas Theatre Club, important events, as well as key persons involved with the Club, are documented. At the end of each decade certain conclusions regarding the productions, happenings as well as key personalities are drawn. The main focus is not an in-depth analysis of the above, but rather an attempt to build an archive wherein the said information can be preserved. This compilation is currently of the utmost importance, since the Klein Libertas Theatre was destroyed in a devastating fire at approximately 06:30 on Saturday, 13 June 2015. Besides the irreversible damage caused by the fire, the archival material covering 55 years has been largely destroyed. The main focus of this study was to list the full-length productions produced by the Libertas Theatre Club, along with the key figures who were closely involved with these productions. A few visiting productions are, however, included because of the historical value that these productions added to the Libertas Theatre Club and later the Klein Libertas Theatre.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word die geskiedenis van die Libertas Teaterklub vanaf sy ontstaan tot en met 1989 gedokumenteer. Al die vollengteproduksies, persone en gebeurtenisse in die tydperk word opgeteken. Aan die einde van elke dekade se opgawe word enkele afleidings gemaak uit die gebeurtenisse, tekste en persoonlikhede waaroor daar geskryf is. Die studie poog egter nie om diepgaande analises van die genoemde aspekte te maak nie. Die hoofdoel van die studie is om ‘n argief te skep waar hierdie inligting saamgebind word, aangesien die Klein Libertasteater op Saterdag, 13 Junie 2015, om ongeveer 06:30 deur ‘n verwoestende brand in puin gelê is. Naas die onherstelbare skade wat deur die brand aangerig is, is die teater se argief wat oor vyf en vyftig jaar se materiaal beskik het, grotendeels vernietig. Daar word gefokus op die vollengteproduksies wat die primêre betrokkenes by die Libertas Teaterklub vervaardig en opgevoer het. By uitsondering word ‘n aantal besoekende produksies egter by hierdie opgawe ingesluit, vanweë die historiese waarde wat hierdie produksies by die Klub (en later die Klein Libertasteater) se aktiwiteite toegevoeg het.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2016.
Keywords
Libertas Theater -- Productions, Libertas Theater -- History, UCTD
Citation