Finansiele implikasies van besproeiing, geintegreer met lowerbestuur, vir rooi wyndruiwe in die Robertson-wynvallei

Date
2015-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The financial decision-making environment within which wine-grape producers function is challenging because of the complex interrelationships between yield, product price and input requirements. The complexity of farm systems is increased because production and financial decisions are necessarily made under uncertainty. Various issues influence the resilience of the wine industry. The goal of this study is to determine the financial implications of irrigation, integrated with canopy management practices on red wine cultivars in the Robertson area. Canopy management and irrigation cost play an important role within the multi-faceted farm system regarding yield, quality and input cost. This necessitates that research be carried out within the context of a systems approach. In this manner the interdependence among the various components of the farm system, and the associated synergies can be captured. Farm management, as a field of research, is dependent on other disciplines that present an alternative perspective to the research problem. Viticulture trials specifically focused on the impact of various irrigation and canopy management activities is being done on Wansbek farm. Nine treatments were tested at various combinations of soil water depletion levels and canopy management strategies. The farm is situated in Agterkliphoogte, an area in the Robertson valley. A multi-disciplinary group discussion was held to firstly obtain insight in the complex working of a farm. Secondly the group discussion was used to gain insight into the application of the Wansbek trial data and the setting of guidelines as to its application to determine the expected farm level financial implications of the treatments. Dealing with complexity necessitates insight form various areas of expertise, which is achieved time efficiently within expert group discussions. A quantitative method is required to reflect the interrelatedness and dynamics of a whole farm system in a user-friendly manner. Multi-period budget models present the ability to accommodate the complexity associated with a farm through a sequence of mathematical and accounting equations. The physical/biological interrelations and structure of the farm can be modelled while the financial performance of various irrigation and canopy management strategies can be determined. Farm-level profitability is especially sensitive to yield and price of farm products. The treatments that showed the highest expected profitability, return relatively high yields and prices at relatively low production costs. The sprawling canopy management treatment at c. 60% and c. 30% plant available water depletion levels returned the highest and second highest profitability at both gross margin per hectare and whole farm level. Scenarios were incorporated to illustrate the expected impact of key variables and the capability of the model. Key factors associated with the success of specific treatments could be identified. Results showed throughout that the balance between yield, price and input cost are the determining factor to profitability, rather than a focus on any particular one of these factors.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die finansiële besluitnemingsomgewing waarbinne wyndruifprodusente funksioneer, is uitdagend weens die komplekse verwantskappe tussen oesopbrengs en -kwaliteit en gepaardgaande insetbehoeftes. Die kompleksiteit van die boerderystelsels word verhoog deurdat produksie- en finansiële besluite noodwendig op grond van onvolmaakte inligting geneem word. Verskeie kwessies beïnvloed die voortbestaan van die wynbedryf. Die doel van hierdie studie is om die finansiële implikasies te bepaal van besproeiing, geïntegreer met lowerbestuur, vir rooi wyndruifverbouing in die Robertson-wynvallei. Lowerbestuur- en besproeiingkoste speel ʼn belangrike rol binne die multifasettigheid van ʼn boerderystelsel ten opsigte van opbrengs, kwaliteit en produksiekoste. Dit vereis dat die navorsing binne die konteks van die stelselsbenadering aangespreek word. Sodoende word die interafhanklikheid tussen die onderskeie boerderystelselkomponente, gekoppel aan die sinergistiese effek wat daarmee gepaardgaan, in ag geneem. Boerderybestuur as navorsingsveld, is gevolglik afhanklik van ander vakdissiplines wat ‘n alternatiewe perspektief verleen aan die navorsingsprobleem. Wingerdbouproewe wat spesifiek fokus op die impak van verskillende besproeiing- en lowerbestuursaksies word uitgevoer op die Wansbek-plaas. Die plaas is geleë te Agterkliphoogte, ʼn area in die Robertson-vallei. Nege behandelings is getoets teen verskillende kombinasies van plant beskikbare water (PBW)-onttrekkingspeile en lowerbestuurstrategieë. ʼn Groepsbespreking met multidissiplinêre deskundiges is gehou om eerstens, insig in die kompleksiteit van die werking van ʼn plaas te verkry. Tweedens, is die groep van multidissiplinêre deskundiges gebruik om insig te verwerf aangaande die hantering van die Wansbek-proefdata. Die groep het riglyne daargestel om die proefdata prakties aan te wend sodat die verwagte finansiële implikasies op plaasvlak geëvalueer kan word. Die hantering van kompleksiteit vereis insig vanuit verskeie gebiede van kundigheid wat tydsdoeltreffend binne ʼn groepsbespreking van multidissiplinêre deskundiges geakkommodeer kan word. ʼn Kwantitatiewe tegniek is nodig om die wisselwerking en dinamika van ʼn geheelboerderystelsel op ʼn gebruikersvriendelike en toepaslike manier te weerspieël. Multiperiode-begrotingsmodelle gee die vermoë om die kompleksiteit, wat met ʼn tipiese plaas geassosieer word, te akkommodeer deur die toepassing van basiese wiskundige en rekeningkundige beginsels. Die fisies-biologiese wisselwerking en struktuur van die plaas kan sodoende gemodelleer word, terwyl die finansiële prestasie van die kombinasies van verskillende besproeiing- en lowerbestuurstrategieë bepaal kan word. Die plaasvlakwinsgewendheid is veral sensitief vir die opbrengs en prys van produkte gelewer. Die behandelings wat die beste verwagte winsgewendheid getoon het, produseer teen ʼn relatiewe hoë produksie en prys en ’n relatiewe lae produksiekoste. Die oophanglowerbestuurbehandeling teen c. 60% en c. 30% plant beskikbare water-onttrekkingspeile is die mees en tweede mees winsgewende strategieë op per hektaar bruto marge en geheelplaasvlak. Die gebruik van scenario’s is geïnkorporeer om die impak van sleutelveranderlikes uit te wys en die vermoë van die model te illustreer. Sleutelfaktore tot die sukses wat aan sekere strategieë verbind word, kan sodoende uitgewys word. Deurgaans wys die resultate dat die balans tussen opbrengs, prys en produksiekoste belangriker is as die fokus op enige enkele een van die faktore.
Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
UCTD, Viticulture -- South Africa -- Robertson, Grapes -- South Africa -- Robertson, Grapes -- Irrigation -- Economic aspects -- South Africa -- Robertson, Grapes -- Pruning -- Economic aspects -- South Africa -- Robertson
Citation