A review of the availability, accessibility and uptake of HIV education and support service provision to sub-Saharan African migrants in metropolitan Melbourne, Australia

Date
2014-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The elevated prevalence of HIV among the sub-Saharan African (SSAn) born community of Australia stands as an anomaly to the low prevalence status of the wider Australian population. This study aimed to review and evaluate the provision of HIV education and support services within Melbourne, Australia with regard to availability, accessibility and uptake by the SSAn community. HIV service providers from within a defined geographical area were identified and representatives from ten organisations interviewed. HIV service providers identified within Melbourne work with a range of community sectors including multicultural groups. Engagement with the SSAn community is limited and presents challenges for all providers. Members of this community link most readily with services that are community-centric, integrated into wider health services, respectful of the individual and cognisant of cultural norms. However, the effectiveness of such services is limited by under-resourcing and a lack of collaboration between service providers. Barriers to community engagement and service delivery were found to be significant being both structural and cultural. Structural impediments relate to the focus and location of services, legal and financial barriers and the limited availability of multilingual workers and materials. Entrenched socio-cultural norms, such as stigmatisation of HIV/AIDS and homosexuality, and gender inequality, present the greatest challenge to wider engagement. Recommendations for addressing these barriers are presented with a view to reducing the vulnerability to HIV of the SSAn community within Melbourne and Australia.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoër voorkoms van MIV onder die gemeenskap wat in Sub-Sahara Afrika gebore is en tans in Australië woon is in skerp teenstelling met die lae voorkoms van MIV in die bevolking van Australië. Die doel van hierdie studie is om MIV-ondersteuningsdienste in Melbourne, Australië te evalueer in terme van beskikbaarheid, bereikbaarheid en opname deur die immigrante van Sub-Sahara, Afrika. MIV-diensverskaffers binne „n bepaalde geografiese area is geïdentifiseer en daar is onderhoude gevoer met verteenwoordigers van tien diensverskaffers. Die diensverskaffers wat in Melbourne geïdentifiseer is werk binne 'n wye reeks gemeenskappe, insluitende multi-kulturele groepe. Kontak met die gemeenskap wat oorspronklik uit Sub-Sahara Afrika kom is beperk en verskeie uitdagings word ondervind ten einde kontak te maak met hierdie groep. Lede van die Sub-Sahara gemeenskap sal normaalweg meer geredelk gebruik maak van dienste wat gemeenskap-georiënteerd is en wat geïntegreer is by meer algemene gesondheidsorg waarbinne daar respek getoon word vir individule- en kulturele norme. Die doeltreffendheid van laasgenoemde word ongelukkig beperk deur 'n gebrek aan die nodige hulpbronne asook deur die afwesigheid van behoorlike samewerking tussen diensverskaffers. Die studie het bevind dat daar beduidende struikelblokke van beide strukturele en kulturele aard voorkom. Strukturele struikelblokke is veral gesetel in geografiese en finansiële beperkings, maar dit kan ook gedeeltelik toegeskryf word aan die skaarste aan meertalige diensverskaffers en materiaaltekorte. Diep-gesetelde sosio-kulturele norms, soos die stigma gekoppel and MIV/Vigs, homoseksualitieit en geslagsongelykheid, bied die grootste uitdagings aan groter betrokkenheid. Voorstelle word in die studie gemaak ten einde bogenoemde probleme meer doeltreffend aan te spreek en daardeur die MIV-kwesbaarheid van die Sub-Sahara gemeenskap van Melbourne, Australië, te beperk.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2014.
Keywords
HIV infections -- Australia -- Melbourne -- Prevention, HIV positive persons -- Services for -- Australia -- Melbourne, Immigrants -- Services for -- Australia -- Melbourne, Dissertations -- HIV/AIDS management, Theses -- HIV/AIDS management, Dissertations -- Industrial psychology, Theses -- Industrial psychology, UCTD
Citation