'n Ondersoek na die taalgebruik in Son as verteenwoordigend van Kaapse Afrikaans

Date
2014-04
Authors
Blignaut, Joline
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Kaaps is one of the oldest dialects of Afrikaans that originated in the Cape Colony during the seventeenth century and is still used today by the working class Coloured community of the Cape Peninsula. Although it is mainly used as a spoken dialect, it is also applied in the literature. It is especially the use of Kaaps in the literature by Adam Small that helped to establish Kaaps in the Afrikaans literature and to bring about a newfound interest in this dialect. Kaaps has been undervalued for a long time due to the fact that it is associated with people of colour. For this reason Kaaps has been one of the most stigmatised dialects of Afrikaans. Today academics approach language variation differently by viewing all dialects of a language as equal. For this reason Kaaps is no longer seen as inferior to the standardized form of Afrikaans. Kaaps is also no longer restricted to a spoken dialect, but is also reflected in literature, theatre, music, television, radio and the printed media. The focus of this study is to investigate the use of Kaaps in the Afrikaans tabloid, Son. Son is the first Afrikaans tabloid that appeared in South Africa and is the first Afrikaans newspaper to make use of a dialect of Afrikaans that is not the standardized form, but an informal dialect that some refer to as Kaaps. The aim of the study is to investigate whether the language used in Son is representative of Kaaps and to what extent the written language correlates with the spoken Kaaps, as it is used by its speakers. This is done by a text analysis of Son-articles as well as a questionnaire that was filled in by Kaaps speaking teenagers. Furthermore the study investigated the correlation between language and identity and to what extent the respondents could identify with Kaaps as well as the language that is used in Son. The conclusion of this study is that the language used in Son cannot be viewed as a true representation of Kaaps, but rather as an informal Afrikaans that use elements of Kaaps. Although the language in Son cannot be seen as a true reflection of Kaaps, the study concludes that the teenage speakers of Kaaps can identify with the language that is used in Son. The study also found that the negative perception of Kaaps still exists among the users of Kaaps. Regardless of this negative perception, this research showed that Kaaps can be used effectively in the media and that the success of Son can be attributed to the language used in its newspaper.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Kaaps is een van die oudste variëteite van Afrikaans wat sedert die sewentiende eeu aan die Kaap gepraat is en vandag steeds die taal van die bruin werkersklas in die Kaapse Skiereiland is. Alhoewel dit hoofsaaklik as ʼn gesproke variëteit gebruik word, het dit ook in die letterkunde neerslag gevind. Dit is veral die gebruik daarvan in die werke van Adam Small wat Kaaps as ʼn literêre skryftaal gevestig het en ʼn nuwe belangstelling in dié variëteit van Afrikaans laat ontstaan het. As gevolg van die sterk assosiasie wat Kaaps met bruin mense het, is dit in die verlede geminag as ʼn minderwaardige taalvorm en kan Kaaps ook beskou word as een van die mees gestigmatiseerde variëteite van Afrikaans. Vandag word taalvariasie egter op ʼn gelykevlakbenadering deur akademici ondersoek en moet Kaaps beskou word as deel van Afrikaans en nie as ondergeskik aan die standaardvariëteit nie. Kaaps is ook nie meer beperk tot ʼn gesproke variëteit nie, maar vind neerslag in die letterkunde, teater, musiek, televisie, radio en die gedrukte media. Dit is dan juis die gebruik van Kaaps in die Afrikaanse poniekoerant, Son, wat in hierdie studie ondersoek word. Son is die eerste Afrikaanse poniekoerant wat in Suid-Afrika verskyn het en die eerste Afrikaanse koerant wat nie Standaardafrikaans gebruik nie, maar ʼn informele Afrikaans wat deur baie beskou word as Kaaps. Die doel van die studie is om die taalgebruik in Son te ondersoek as verteenwoordigend van Kaapse Afrikaans in ʼn poging om te bepaal tot watter mate die taalgebruik in Son ooreenstem met Kaaps, soos gebruik deur die sprekers van Kaaps. Dit word gedoen deur ʼn teksanalise van verskeie Son-artikels sowel as ʼn vraelys wat onder ʼn groep Kaapssprekende tieners afgeneem is. Die studie ondersoek ook die verband tussen taal en identiteit deur ʼn ondersoek na die mate waartoe die Kaapssprekende tienerleser identifiseer met Kaaps sowel as die taalgebruik in Son. Die bevindinge van hierdie studie is dat die taalgebruik in Son nie uitsluitlik Kaaps is nie, maar eerder ʼn informele Afrikaans met Kaapse elemente wat voorkom. Alhoewel die taalgebruik nie uitsluitlik Kaaps is nie, identifiseer die Kaapssprekende tienerleser wel met die taal wat in Son gebruik word. Ongeag die negatiewe persepsie wat die sprekers van Kaaps steeds van Kaaps het, toon die navorsing dat Kaaps wel effektief in die media gebruik kan word en dat die sukses van Son ook toegeskryf kan word aan die taal wat dit gebruik.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2014.
Keywords
Taalgebruik Son Kaapse Afrikaans, Afrikaans language -- Usage, Reporters and reporting, Dissertations -- Afrikaans language, Theses -- Afrikaans language, UCTD, Afrikaans language -- Dialects -- South Africa -- Cape Town
Citation